SAUK kap Mbalula ná kritiek oor verkiesingsdekking

Fikile Mbalula, die ANC se verkiesingshoof, tydens Donderdag se vergadering. (Foto: ANC/Twitter)

Die openbare uitsaaier het teruggekap nadat Fikile Mbalula, die ANC se verkiesingshoof, oënskynlik die skuld vir die ANC se onlangse vrotsige vertoning by die stembus op die SAUK probeer pak het.

Die ANC se steun het vir die eerste keer op talle plekke tot onder 50% gedaal.

“Die SAUK was ʼn groot probleem,” het Mbalula Donderdag tydens ʼn mediakonferensie uitgevaar.

Volgens Mbalula het die SAUK eers ná die verkiesing na plekke in die Wes-Kaap – waar die DA regeer – gegaan om tekortkominge in die provinsie uit te wys, terwyl die ANC se tekortkominge volgens hom voor die verkiesing deurlopend aan die groot klok gehang is.

Mbalula sê hy het sy beswaar vroeër met Phathiswa Magopeni, die SAUK se hoof van nuus en aktuele sake, opgeneem wat “gedreig” het om inligting oor die gesprek bekend te maak. Hy sê Magopeni het aan hom gesê om sy werk te doen, terwyl sy hare sal doen.

“Ek het gesê goed, reg. Ek het my werk na die beste van my vermoë gedoen teen ʼn genadelose SAUK wat die ANC links en regs aanval. Onafhanklikheid beteken dat jy ʼn platform vir almal van ons skep om deel te neem. Jy doen ons nie ʼn guns nie. Maar jy neem ook nie standpunt in en word ʼn mondstuk van die opposisie nie. Die opposisie is daar, hy moet sy werk doen.”

Mbalula voer ook aan die SAUK het bygedra tot die negatiewe gemoedstemming in die land en die lae stempersentasie. Suid-Afrika het in die afgelope plaaslike regeringsverkiesing die laagste kiesopkoms nóg in ʼn demokratiese verkiesing gesien.

Hy sê die SAUK, as openbare uitsaaier, het ʼn plig om mense te mobiliseer om te gaan stem en dan onafhanklik en onpartydig oor gebeure te berig.

Die SAUK sê intussen hy neem met kommer kennis van Mbalula se bewerings oor die ANC se powere vertoning in sommige munisipaliteite.

“Min. Mbalula het nou ook die saak persoonlik gemaak deur die SAUK se hoof van nuus en aktuele sake, Phathiswa Magopeni, onaanvaarbaar uit te sonder en te kritiseer.”

Volgens die openbare uitsaaier het die ANC nog geen geskrewe bewyse voorgelê om sy bewerings te staaf nie. Die SAUK hou ook vol dat hy die verkiesing in ooreenstemming met sy redaksionele beleid en die Onafhanklike Kommunikasieowerheid van Suid-Afrika (Okosa) se regulasies gedek het.

“Die SAUK-bestuur verwerp dus min. Mbalula se bewerings ten sterkste.”

Die uitsaaier het ook benadruk dat enige politieke party wat ʼn klagte oor sy nuusdekking het, aangemoedig word om die behoorlike regulatoriese prosesse te volg om dit aan te meld.

“Die openbare uitsaaier glo dit is onaanvaarbaar om van die SAUK ʼn sondebok te maak en dit is onbillik teenoor die SAUK se rol as onafhanklike openbare uitsaaier wat sy grondwetlike plig nakom.”

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

25 Kommentare

JohanR ·

Hoeveel “airtime” het die ANC nie op alle SAUK kanale gekry teenoor al die ander partye. Nee Mbalulu die mense van SA het net moeg vir die ANC geword.

Di ·

Ja nee die korrupte spul sal enige twak opdis as verskoning hoekom die mense nie vir ANC gestem het nie. Wens hulle wil hierdie tyd wat hulle mors op twak praat eerder gebruik om iets daadwerklik te doen aan die cahostiese toestand waarin hulle ons land gedompel het vir 27 jaar. Spul narre, blameer altyd als op ander

Nie Verbaas ·

Die ANC kan niks doen om die land reg te ruk nie. Solank die korruptes en diewe nie maksimum vonnise opgelê word en beslag op hulle bates nie uitgevoer word nie sal niks verander nie. Intellek ook ontbreek ook.

Dries ·

Dilline Wat kan hulle doen ??? Jy vra nou vir n hoender om te vlieg soos n Arend

Bertie ·

Dis mos hoe die ANC se koppe werk (of nie eintlik werk nie). Hulle sal nooit erken dis agv hulle eie vrotsigheid dat hulle steun besig is om te daal nie. Dood moet mos ‘n oorsaak hê. Blaamverplasing is tweede natuur by hulle.

Nie Verbaas ·

SAUK het niks te make met onbevoegdheid en korrupsie van ANC in sy geheel nie. Julle is totaal onbevoeg. Punt

Pieter ·

Klink vir my of die SAUK dan in 2024 kan veroorsaak dat ons weer ‘n regering kal he wat die land kan regruk….

gehasie ·

Selfs hul ondersteuners word nou wakker. Immers het tannie Thatcher gesê die ANC sal nooit ‘n bevoegde regering uitmaak nie.

Magda ·

Wanneer gaan die ANC ophou om hul probleme elders om hulle te soek en bietjie hulself binne te kyk. Dis nooit hulle skuld nie O NEEEE….. maar altyd iemand anders. Dis so pateties!

Misky ·

Mnr Mbalula, hou om ander blameer vir julle vrotsigheid asb. Die nasie raak ook nou g@tvol vir julle leuens en stelery en begin dalk alvorens stem.

Dup ·

Benoude ANC katte….hulle is totaal verrot en korrup en wil nou ander blameer vir die moeras waarin hulle wegsink.Hoe ñ party met soveel korrupsie en bedrogsake teen hulle nog aan bewind is gaan my verstand te bowe.

annie ·

Fikile is een van die groot redes waarom mense respek verloor vir die ANC. Met die spoorweë deesdae van nul en gener waarde vir ons ekonomie nie, kon die oompie seker genoeg tyd hê om rond te hang by die verkiesingskommissie. Wanneer gaan hy sy sokkies begin optrek?

Wielspore ·

Die kiesers (en die wat nie gestem het) het gepraat, Fikile Mbalula.

SlinkseKoljander ·

Verskoning is al wat die nar en die ANC kan gee, elke liewe keer.
NIKS is hulle skuld nie! Dit wys net die mentaliteit van die mense.

Dries ·

Die SAUK het baie baie meer dekking gekry as die ander partye. Ramaphosa was op tellevisie tot vervelens toe.

Althes ·

Sy siening is belaglik maar ook ñ openbaring. Die SAUK moet onafhanklik bly, want waarvoor betaal belastingbetalers lisensies as die ANC dit wil inspan as ñ propaganda masjien.
Mnr Fikile jy het al te veel uiteenlopende portefeuljes gehad in die ANC regering, en het jy uitgeblink in enige een van dit?

Chris dupreez ·

Nou is hulle suur omdat die sauk nie die heeltyd die anc se beul geblaas het nie.

Fanie ·

As die ANC nie vir hulleself was nie en die infrastruktuur, onderwys, gesondheid en sommer alles wat hulle aanraak instand gehou het en nie ten gronde laat gaan het deur korrupsie, selfverryking, kaderontplooing ens. nie het hulle nie steun verloor nie. Probleem is dat dit 27 jaar gevat het voor mense hulle keuse uitgeoefen het. Om dinge reg te ruk nasionaal sowel as provinsiaal en stedelik gaan egter tyd neem, die chaos en vernietiging is te lank gelos om aan te gaan.

Perdeby ·

Almal ‘n klomp narsiste, want hulle kan geen verantwoordelikheid neem nie, altyd iemand anders se skuld. Dis nie die SAUK se skuld as die ANC nie ‘n diens kan lewer nie. Vinnig om ander se foute te wys, maar as hulle in die spieel kyk sien hulle , hul self.

Alex ·

Ag sies tog. Wil Fikile ‘n tissue hê om neusie af te vee na die gehuiĺ?

christo ·

Fikile Mbalula, dit maak nie saak watter ‘ job ‘ jy kry nie, jy maak ‘n gemors daarvan . Jy is werklik ‘n ‘ aanwins ‘ vir die opposisie partye.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.