SAUK-komitee: ‘Verrotting het ʼn kanker geword’

Faith Muthambi. Foto: GCIS

Faith Muthambi. Foto: GCIS

Die ad hoc-komitee wat die sake van die beleerde SAUK ondersoek, sal volgende jaar sy werk voortsit met LP’s wat beloof het om “nog dieper te krap”.

LP’s op die komitee het hul kommer uitgespreek oor die “veglustige gedrag” van diegene wat die openbare uitsaaier bestuur nadat dit aan die lig gekom het dat van die dokumente wat aan die komitee gestuur is glo gedokter is.

Rachel Kalidass, voormalige SAUK-raadslid, het soos haar kollegas getuig dat Faith Muthambi, minister van kommunikasie, ʼn onbehoorlike invloed uitgeoefen het om die aanstelling van Hlaudi Motsoeneng by ʼn raadsvergadering op 7 Julie 2014 te verseker.

Kalidass het die notule van dié vergadering aan LP’s voorgelees en dit was toe dat hulle besef het dit stem nie ooreen met die notule wat deur die SAUK aan hulle gestuur is nie. LP’s het die parlement se regsverteenwoordigers versoek om die notules te bestudeer en daar is ook versoek dat die opnames van die vergaderings aan hul verskaf word.

Makhosi Khoza, ANC-LP, het ná Donderdag se verrigtinge aan African News Agency gesê sy is baie teleurgesteld in Muthambi. “Ek dink eerlik sy was uiters arrogant. Sy het duidelik die proses rakende wat met Motsoeneng gebeur het beïnvloed.”

Phumzille van Damme, DA-LP, het gesê LP’s het ʼn skokkende blik gekry op wat by die openbare uitsaaier gebeur. “Ek dink egter ons het nog net die oortjies van die seekoei gesien.”

Fana Mokoena, EFF-LP, het die afgelope week se gebeure beskryf as bewys dat die verrotting by die uitsaaier ʼn kanker geword het. “Ons moet ʼn boodskap uitstuur dat die SAUK nie ʼn speelgrond is vir mense om te steel en te maak wat hulle wil nie.”

Lees alle vorige berigte oor die SAUK op Maroela Media.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

24 Kommentare

trucker ·

Maroela word ‘n dame nie as sy “aangespreek” nie. Makhozi Khoza is ‘n dame.

Nico Strydom ·

Dagsê Trucker

Jammer vir die oorsig, die berig is gewysig.

Vriendelike groete

al ·

Sy moet ook die trekpas kry. Suid-Afrikaners is sat vir magsmisbruik, nepotisme, korrupsie, politieke aanstellings en selfverryking. Dit breek ons land af. Ek is dankbaar vir die wat onverpoos veg om dit wat verkeerd en verrot is, reg te stel.

Jan maak n Plan ·

DIe bedryf van die SAUK is maar net ‘n weerspieeling van die bedryf van die hele regering.

saartjie ·

Ek wonder nou nog wat die geagte minister so knaend onder haar papiere gesoek het – die waarheid? Dit was duidelik dat sy gesoek en gesoek het en dit nie kon kry nie – net die enkele kere wanneer sy wel die korrekte feit op die tafel gesit het sy in die komiteelede se oë gekyk het. Geluk aan die ad hoc komiteelede – ek was lanklaas so beindruk met die professionaliteit en objektiwiteit waarmee ‘n taak deur parlementslede across the line aangepak is. Daar is hoop!

Danie ·

So ook die verroting uit die S. A. L en munisipaliteite ek hoor en sien die DA is besig om skoon te maak. Stelers en korruptes moet vervolg word en beslag moet op bates gelê word en ons belasting geld wat gesteel is moet herwin word. Geen tv lisensies moet hernu word as bewys dat ons gatvol is en nie meer arrogante kadres wil finansier vur hul eie plesier

Asjas ·

Ek het nie my lesensie hernu nie, kry nou dreimente. Moet hulle nie eers hul eie huis in orde kry voor hulle my wil daagvaar omdat ek nie betaal vir ‘n diens wat ek in elk geval nie kry, benut of geniet nie?

Hansie slim ·

Danie en Asjas, stem 100%.
Waarvoor betaal vir iets wat mens nie gebruik of wil hê.
Asjas, sal graag wil hoor wat word van die dagvaring…

Tambotie Maroela ·

So is alles verrot in alle staats departemente . Hoever nog voor die kanker uitgeroei word ????

Jaybee ·

Ek glo dat as al die ander staatsinstellings ondersoek word ons ‘n soortgelyke gebeurtenis sal sien. Daar is nie ‘n staatsinstelling waar daar nie korrupsie en bedrog plaasvind nie. Die mense moet afgedank word en alle gelde moet van hulle verhaal word.

Johannes van Rooyen ·

Ek kry die indruk korrupsie is in die Anc se grondwet in geskryf as dit nie is nie moet dit deel van hulle werksvereistes wees hoe is dit moontlik dat daar elke dag nog nuwe korrupsie uit kom

Jan ·

En mag ons sê dat baie moons terug het die land oral top amptenare gehad wat hul werk geken het die verstaan het, trotse en bekwame werkers wat mens fluks bygestaan het.

Hansie slim ·

Jan ek moet 100% met jou saamstel. Ek is skaam om te sê ek het vir Eskom gewerk many moons ago. Een ding is seker, daai jare was daar net een padjie…die reguit een. Ja daar was maar ook die Rademeyers maar hulle was “reg gesien”, nie bevorder nie!!

Hasie ·

Kan jy dit nou glo. Motsoeneng van SABC, Molefi van Eskom en Mike nie van SAA word genooi na die herdenking van die veterane vereniging van Umkhonto weSizwe waar die drie spesiale toekennings moes ontvang vir spesiale werk wat hulle gedoen het. Wragtag, en die drie is van die mees korruptes in die land. Die drie het toe nie eers opgedaag nie. Ou Faith was daar, maar sy het nie ‘n toekenning gekry nie, want hulle het toe nog nie van haar manewales geweet nie. Ek het nou so gelag, my maag is skoon seer.

GES ·

Hasie, ek lag maar net ongelowig verslae saam. Ek hoop elke keer dat hierdie, die draai punt gaan wees maar dan word daar nuwe rekords opgestel. Is dit die 20% vir wiskunde of skelmstreke wat die oorsaak is? Ek dink mens besef eers die graad van korrupsie as hulle te skaam is om vir toekennings op te daag.

Speedguard ·

Ek weet nie of ek net dom is nie, maar is dit nie te snaaks dat sy elke keer wat sy moet antwoord so met die dokumente voor haar vroetel ,optel onder dit kyk en dan weer deur dit “flip” nie, en dan nog die hare wat elke keer so terug gegooi word om nie eens te praat oor die gelag nie? Dit is duidelik dat sy dink almal op die komitee is toilet papier en word sodanig gebruik !

Ouman ·

Ek haal my hoed af vir die voorsitter van die kommittee hy is duidelik ‘n man wat nie nonsens vat nie. Ou Faith was onder die indruk dat ‘n “board” iets met kos te make het. Sy lyk sommer domastrant vir my. Ongelukkig het Zuma en sy kripvreters al reeds onberenbare skade aangerig en hulle het die toekoms van die mense van Suid Afrika gesteel. Ek is seker belastingbetalers sal met graagte bydrae om ‘n tronk vir die spul die bou verkieslik erens in die woestyn.

LB S ·

Vincent Smith, die Voorsitter van die komitee het my net so beindruk. Selfs hierdie Dr Makhosi Khoza het hulle goed aangevat. Met sulke mense in die ANC kan goeie dinge gebeur, net jammer hulle word nog oorweldig met die gemors.

John ·

Sy soek die Tipex-pen en kyk kort-kort na haar geliefde foto van die ‘familie’ vir bemoediging…

Jan ·

Asjas Danie en al die ander wat soos ek dink. In die kol. Ek dink dit raak n geval van medepligtigheid aan korrupsie wanbestuur – noem dit net wat jy wil, om aan te hou geld inpomp. Ek weier om te betaal tot ek weet dinge verbeter daar. Mag dalk 100 jaar neem. Ek weet nie

Richard ·

Solank 7de Laan op die tv bly. Is die wêreld ok.

Maar tannie Faith, u is maar baie dom.

Oom Gert ·

My “toekennings” word teruggehou, afgemaak as onbeduidend en geen waardetoevoeging. Hoe moet ek noiu voel.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.