SAUK kondig moontlike reuse-afleggings aan

SAUK-gebou in Kaapstad Foto: Maroela Media

Die SAUK het Maandag personeellede in kennis gestel dat hulle moontlik met massa-afleggings sal begin.

Personeel het Maandag ʼn kennisgewing ontvang van die SAUK se voorneme om voort te gaan met die toepas van artikel 189 van die Wet op Arbeidsverhoudinge.

Dié proses is aanvanklik gestaak ná ʼn gesamentlike vergadering op 12 Oktober met georganiseerde arbeid om konsensus oor die kwessie te bereik. Daar is onder meer op die vergadering ooreengekom dat ʼn verteenwoordiger van die Kommissie vir Versoening, Bemiddeling en Arbitrasie (KVBA) aangestel sal word.

“Dit word in die vooruitsig gestel dat alle werknemers op alle vlakke in die SAUK deur die herstrukturering geraak sal word. In dié stadium, sou die afleggings voortgaan, word dit voorsien dat 981 werknemers moontlik afgelê sal word as gevolg van die herstrukturering. Dit sal alle sake-eenhede en bedrywighede van die SAUK raak. Uit die 2 400 vryskutwerkers sal 1 200 geraak word.”

Volgens die SAUK sal groepsdienste, provinsiale dienste, mediategnologie en infrastruktuur, nuus, radio, sport en televisie geraak word.

“Dié aksie behoort ʼn besparing van R440 miljoen per jaar tot gevolg te hê, selfs op primêre vlak. Die bedrag sluit die beplande besparings vanweë die vermindering van die vryskutwerkers uit.”

Die SAUK sê dit is verbind tot alle wetlike vereistes en sal personeel ingelig hou soos die proses verloop.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

19 Kommentare

ES ·

As die maatskappy se geld net beter bestuur en bestee word sou daar nie ‘n rede wees vir al die afleggings nie… hoop die proses word regverdig en met integriteit gefinaliseer.. o wag, dis die SAUK waarvan ons praat…

Ouvrou ·

Die SAUK was deel van Zuma se werk skeppingsprogram. Hulle moet net Hlaudi se vriendjies wegjaag dan is als weer normaal.

Alki ·

Wanneer gaan Hlaudi daardie miljoene rande terugbetaal wat hy so onregmatig bekom het ?????????????????, ons hoor niks daarvan nie. Kan MM asseblief vir ons meer daaroor uitvind.

Se maar net ·

En met die SAUK se nuwe Minister aan stuur gaan dinge net erger gaan, baie erger. Kyk bv. wat het bd Dept. waar sy voorheen was gebeur…

Jerry ·

Die NDR plan het dit ten doel gehad om die SAUK in die grond in te bestuur sodat afleggings noodgedwonge sal plaasvind om van alle anti rewolusioneres ontslae te raak. Daarna word daar weer finansiering gevind en aanstelling van rewolusioneres word gedoen. Hierdie is bloot transformasie vir regstellende aksie. Indien jy hierdie aksie wil stop moet die hof n monatorium plaas op toekomstige aanstellings spesifiek vir die poste wat afleggings het en die monatorium kan net gelig word deur die persone wat afgele was weer in die poste her aan te stel.

De Villiers ·

Leer die ANC nie uit hulle foute nie? Die Poskantoor, SAL, Transnet, Denél, Eskom, SAUK ens., al die staats- en semistaats-instellings wat die een na die ander vou, om nie eens te praat van ons paaie en ander infrastrukture wat munisipaliteite onder ANC-beheer nie onderhou nie. Dit wys net keer op keer dat beplanning en bestuur nie deel van hul denkwyse en diepste wese is nie, veral nou al na 24 jaar in die tuig. As dit nie nou al verander het nie, sal dit seker nooit onder hul beheer nie. En hul kiesers is tevrede daarmee.

Se maar net ·

De Villiers, volgens die ANC is hierdie nie foute nie. Elkeen gryp soveel hulle kan so vinnig as wat hulle kan en sodra daar niks van niks oorbly nie… sit hulle veilig in n ander land en sukkel ons met die gemors. Kyk na die VBS bank, die ANC se naam word daar ook genoem en en en…

Dafer ·

De Villiers – jy moet asseblief onthou dat dié mense se leerkurwe plat is en dit gaan twee of drie geslagte neem om te begin optel. Hulle kiesers gaan aanvaar dat die feit dat die geld opgeraak het, blameer moet word!

Deloris ·

Hoekom is ek nie verbaas nie…… sien die anc nog nie die skade nie…. nee maar almal wil gou hulle sakke volmaak ….

leon ·

Kom ons glo, al is dit moeilik, dat hierde snyery in die SAUK van na onder gaan wees, en nie net horisontaal nie.

Piet Pompies ·

Nou word die werkers klas gestraf agv swak bestuur, bedrog, ontoelaatbare verhogings, ontoelaatbare bonus, uitstappies, kos ens.

koos1 ·

Daar is ‘n reuse verskil tussen werkskepping en werk gee. Kyk maar na die staatsdiens ook. In 1994 was daar sowat 20 generale in die SAP. Vandag is daar seker 500 in die SAPD.

ZJ ·

Nou word mense met of sonder gesinne gestraf vir die ANC se foute. Hulle is en bly onbevoeg om in bestuurs posissies te wees. Hulle het nie die vermoë om n besigheid ens te bestuur nie.

Jacques ·

ZJ – Ek stem 100% saam met jou , hulle kan nie eers n taxi of n trok bestuur nie wat nog te se van n land of n besigheid .

Ryan ·

‘n paar duisend hier, ‘n paar duisend by Eskom. Is daar nie deur die krimineelment meer werke belowe voor die vorige verkiesing nie. Julle boer bietjie agteruit. Twee tree vorentoe (10 000 werke geskep) maar vyf agtertoe (30 000 afgedank) Hier kom ‘n ding…

Power ·

Die SAUK is soos enige van die ander staatsentiteite – geld verdwyn in ‘n diep donker gat. Wat is die doel van die SAUK nog? Hulle programme is in elkgeval power

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.