SAUK kry reddingsboei

Argieffoto

Die SAUK gaan noodfinansiering van die nasionale tesourie kry, het die minister van kommunikasie aangekondig.

Minister Stella Ndabeni-Abrahams het die aankondiging gemaak nadat die openbare uitsaaier se bestuurspan Dinsdagoggend terugvoer gegee het aan die parlementêre portefeuljekomitee oor kommunikasie.

Madoda Mxakwe, uitvoerende hoof van die SAUK, het gesê die SAUK kan teen 31 Maart tegnies insolvent wees met ʼn verlies van R568 miljoen vir die finansiële jaar.

Volgens Ndabeni-Abrahams sal die reddingsboei binne die volgende twee weke toegestaan word. Sy het gesê dit is in dié stadium nog nie duidelik hoeveel geld vir die SAUK gegee sal word nie, maar dat dit nie die R6,8 miljard sal wees wat die openbare uitsaaier gevra het nie.

Mxakwe het gesê die openbare uitsaaier ly weens “die totale verontagsaming van prosesse” onder die vorige bestuur.

Die gevolg van die finansiële krisis by die SAUK is dat inhoudsverskaffers weier om met die openbare uitsaaier in gesprek te tree aangesien hulle nie betaal word nie. Die SAUK het ook nie geld om die regte te koop om sportbyeenkomste uit te saai nie.

Die openbare uitsaaier kan ook nie roetine instandhouding by van sy geboue doen nie, wat gesondheid- en veiligheidsrisiko’s inhou. Volgens berigte kan die SAUK ook nie waarborg dat werknemers aan die einde van die maand betaal gaan word nie.

Yolande van Biljon, die SAUK se finansiële hoof, het gesê die openbare uitsaaier bestuur sy finansies op ʼn dag-tot-dag basis, maar dat hy die betaling van salarisse as prioriteit sien. Die SAUK se salarisrekening beloop sowat R240 miljoen per maand.

Van Biljoen het gesê indien die geld van die tesourie teen die einde van die maand betaal is, sal die openbare uitsaaier salarisse kan betaal.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

36 Kommentare

Andre ·

Net geld in die water, wat die ANC gaan gbruik op hulself.
Mens kan nie glo wat aan gaan in die land nie, en niemand doen niks nie.

pinkie ·

Die SAUK moet die ANC “promote” voor die verkiesing. Na die verkiesing kan die SAUK maar dan sink…

Paul ·

En daar word ons hard verdiende pennetjies weereens verder gemors!

Marinda ·

What have they been doing with the money? Just paying salaries by the looks of it.
What are they going to do in April, May, June…………….??????????

Dia ·

Darem jammer mens word so aan bande gele as jy jou se wil se. Dit kan ons egter nie verhoed om te dink wat ons weet nie.

Willehond ·

Gee al hierdie sogenaamde instansies elkeen twintig miljoen triljard rand en kry klaar! Skuus was by dieselfde skool as die regerings amptenare! Ons is vrek slim jong!

Piet parys ·

So waaris die reddingsboei vir die boere in die droog geteisterde gebiede. Kos op die tafel is tog beter as iets op die kassie

IK ·

Nou glo ook ek dat daardie pastoor dooies kan opwek want dit is presies wat hier aan’t gebeure is.

BlinkStephaans ·

Baie geluk.. julle het dit gekry… mors maar rustig voort met die belastingbetaler se geld… ons help julle weer oor n paar maande…. en weer… en weer… tot al die geld op is. Julle is n patetiese verskoning van n uitsaaier wat aan die lewe gehou word deur geld wat julle nie toekom.

Gert van Wierdapark ·

Reddingsboei se watsenaam! Dis geld in die drein (soustrein) af. Jy gee nie n boei vir iets wat al klaar vergaan het nie. Daar is tans soveel bote (SABC) is een, wat ‘n vloot van Titanieke (Titanics) is, wat nie deur Ysberge gesink word nie, maar deur onbevoegdheid, korrupsie, ens ens. Die koop van stemme gaan dus onverpoost voort!!

Johanna Botha ·

As dit nie saa is dan is dit sauk ……geld is op mense !

Alida ·

Genade daai geldpomp het nie brieke nie. Gooi genoeg vir die aasvoels hulle wag.

James ·

Dan wil julle my hof toe vat vir tv lisensie. Wat ek maar betaal het. MAAR wat kan ek op SABC kyk waarvoor ek betaal. Ek verstaan 85% van die programme se taal nie. Ek gebruik net netflix en youtube en julle se al kyk ek nie SABC of het nie DSTV nie moet ek nogsteeds betaal want dis n tv wat seine kan opvang…….

Pieter ·

Al wat hul moet kry is ‘n “Charlie Hebdo”. Propaganda-vleuel van die vyand.

Hanna Hoekom ·

Net soos met SAL, sal hierdie miljoene rande maar net weer in n bodemlose put verdwyn. Vet katte word net nog vetter! Maar ek verstaan dat die cANCer die SAUK vir propaganda nodig het net so knap voor die verkiesing. Wat na Mei-maand vir ons voorle, laat my sidder. En so stoom die soustrein voort!

Johanna Botha ·

Hludi glo seker hy steeds het geen andeel aan die gemors nie ?????

Hens ·

Hoe op deesaarde is jou salarisse R240 miljoen n maand.
As jy dit ytwerk kan jy 1200 mense aanstel teen R20 000 n maand.
As jy hulle verlies vat van die vorige finansiele jaar is daar n gemiddelde verlies van R 47 000 000 n maand en op average n verlies van R1.5 000 000 n maand. Wonder wat gaan deur anc ondersteuners se koppe as hulle die syfers sien?

Alida ·

Dit is tragies dat our people soveel jare baklei het vir freedom maar nou is 95% van our people verarm. Al wat gebaat het by feedom is die parlementslede wie almal miljoeners is.

Andre Coetzee ·

Mense dit is tyd vir die belasting revolusie.Dit is al wat hierdie regering sal laat voel en verstaan.As ons saamstaan sal dit die regering lamle.

Alida ·

Se vir ons hoe ontduik jy belasting en ons staan agter jou.

John ·

Kry die SAUK nou ‘n inspuiting of ‘n boei… doodstraf of lewenslank… mens raak nou heeltemal deurmekaar. Ons dog noudat die vorige bestuur gewaai het gaan dinge beter raak, maar nou het hulle weer ‘n nuwe tannie wat deur CR persoonlik uitgekies is en made in Sous Efrieca dawer steeds voort.

Wielspore ·

Maak maar die SAUK toe, ons gesin vind nie baat by die instansie.

Boy van die Suburbs ·

Hulle blaas daai geld binne 3 maande en dan hoor ons weer hulle is Tegnies Bankrot! Ons ken mos nou al die verhale van SAL, ESKOM & DENEL. Nothing new!

chris ·

ek weet schadenfreude is onbetaamlik, maar ek sou ń vonkelwyntjie oopknak as daai skip sink.

pienkie ·

Die mense wat stem dink hulle het mag, maar die mag is eintlik by die mense wat die stemme tel….

At Dippenaar ·

Mooi man. Nog meer geld wat die comrades kan wegdra!

TIK TAK TIK TAK TIK TAK ·

So gaan dit aan en aan en aan en aan, die voertuie is nou stukkend gery, die handsakke is stukkend, die koskaste is leeg, die inkopietogte en vakansies het opgedroog, nou soek ons nog. Ons bedank al die parasiete vir hulle bydrae om die Bybelse voorspellings in vervulling te laat kom. Kan julle dit net bietjie vinniger suig en afbreek en vernietig, dit vat te lank – ons is moeg, en gereed vir ‘n nuwe aarde vol lig en liefde aan die voete van ons Hemelse Vader.

JohanL ·

Ja ANC vat maar net van die Tesourie en gee vir die sinkende instansies. Daar is mos sakke en sakke vol geld.

En dan raak die ANC en swartmense kwaad as mens die opinie huldig dat hulle niks ordentliks kan doen nie. Ekskuus, hulle kan ten minste ‘n land ordentlik opvoeter.

HPV ·

Reddingsboei van die nasionale tesourie? Nee direk van my en jou die belastingbetaler, dieselfde belastingbetaler wat al die anc se mislukkings en wanbesteding finanseer.

JO-Adi ·

Net een vraag. Is dit regtig nodig vir die SABC om te bestaan. Wie het SAUK nodig. Watse funksie verrig hulle wat noodsaaklik is. Kan droog geteisterde gebiede en plekke sonder water eerder gehelp word deur staat. Sonder water kan niks of niemand leef, wel klaarkom sonder SABC. kan iemand klaring gee waarom so noodsaaklik is vir SABC. Dankie.

Theoman ·

Genade, salarise van R240 miljoen per maand oor 12 maande is dit R2,880,000,000.00 miljard en die noodfinansiering is R6.8 miljard gelukkig sit daar n reddingsboy in die parlement om te help

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.