SAUK kry uitsaairegte vir rugby op skinkbord

Luisteraars na die SAUK se radiostasies het vandag goeie nuus gekry. SA Rugby het aangekondig dat SuperSport afstand doen van die fooi vir uitsaairegte aan die SAUK.

Dit beteken dat die samesprekings tussen SA Rugby en SuperSport daartoe gelei het dat SuperSport ingestem het om die fooi vir uitsaairegte vir Vodacom se SuperRugby-reeks vir die SAUK te laat vaar.

Mark Alexander, president van SA Rugby, het beklemtoon dat radio ʼn bepalende rol speel om rugbyvolgelinge in te lig en daarom is die versoek aan SuperSport gerig.

“Eerlik gesê, dit was nie ʼn moeilike gesprek nie,” het Gideon Khobane, uitvoerende hoof van SuperSport, gesê.  “Ons ken en verstaan ​​die werklikheid van Suid-Afrika en ons het onmiddellik tot mnr. Alexander se versoek ingestem.”

Alexander het op sy beurt gesê: “Namens al ons rugbyvolgelinge en SA Rugby wil ek SuperSport bedank vir hierdie belangrike gebaar.

“Hulle het saam met ons en die SAUK gewerk om ʼn oplossing te vind om rugby op die radio-luggolwe te hou en die afstand doen van die regtefooi waarop hulle geregtig is, is ʼn belangrike stap in die proses.

“Ek vertrou dat die SAUK nou luisteraars gerus kan stel dat rugbykommentaar vanjaar deel van hul skedules sal wees,” het hy gesê.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

8 Kommentare

zoom zoom ·

Gaan Dstv nou ons maandelikse fooi veminder omrede hulle uitsaai regte op radio vir die Sauk gegee het. Of gaan Dsyv maar net weer doe tariewe opstoot om hulle verlies te dek.

Jannie ·

DSTV kan nie eers hulle eie programe/apps suksesvol hanteer nie. Kyk na sport app en sien dat daar geen aandag gegee word aan die so “genoemde wit man” sport. soos rugby/cricket/golf .. daar is geen verwysings van wanneer wedstryde gespeel word/uitslae nie, DSTV se verskoning is ons werk daar aan tegniese probleem met dstv explora !!

marous ·

Nou gaan die bankrot spul radio lisensie geld instel , en raai wie gaan hulle teiken? Nie gooed genoeg vir TV nie dan ook nie goed genoeg vir radio nie.

Francois Le Cochon ·

As die Springbokke die SA Nasionale rugby span is, hoekom kan net diegene wat kaartjies en/of DSTV kan bekostig, na hul wedstryde kyk ? Wat van diegene wat hulle ondersteun, maar nooit hul wedstryde kan sien nie?

Daan ·

Ek en meeste van my vriende kyk nie eers meer Rugby nie so ons is nie gepla of dit op sabc of twitter is nie.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.