SAUK ly weer reuseverlies

Aguma tydens die mediakonferensie. Foto: ANA

Aguma tydens die mediakonferensie. Foto: ANA

Die SAUK het ʼn nettoverlies van meer as R400 miljoen in die 2015/16 finansiële jaar aangeteken.

James Aguma, waarnemende hoof van die SAUK, het die openbare uitsaaier se jaarverslag Donderdag voorgelê. Die SAUK se nettoverlies die afgelope boekjaar was R411 miljoen. Dit is ʼn raps meer as die nettoverlies van R401 miljoen wat die SAUK in die 2014/15-boekjaar aangeteken het.

Volgens Aguma is die verlies onder meer te wyte aan onvoorsiene uitgawes rakende gebeure van nasionale belang, belegging in verpligte sportsoorte en ander gebeure wat negatiewe opbrengs tot gevolg het, minder as 3% befondsing van die regering en die impak van belastingaanpassings.

Die SAUK se kontantvloei het van meer as R1 miljard in 2015 tot R881 miljoen in 2016 afgeneem. Aguma het ook verwys na van die openbare uitsaaier se bedryfskoste. Hy het gesê dit het die SAUK die afgelope boekjaar R876 miljoen gekos om nuusprogramme te produseer terwyl daar R573 miljoen bestee is om die regte te bekom om sport uit te saai. Die SAUK se produksiekoste het R187 miljoen beloop.

Aguma het verder bekend gemaak dat die SAUK se 18 radiostasies 28,8 miljoen luisteraars per week het. Volgens hom kyk 28,8 miljoen mense ook weekliks na SABC 1, 26,9 miljoen na SABC 2 en 21 miljoen mense na SABC 3.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

36 Kommentare

Buitestander ·

SAUK moet meer bonusse uitbetaal, dalk kan die verlies astroomiese perk bereik.

CHOWMING ·

Can’t believe what I am reading. Bonuses for doing what exactly. And where is the money coming from ?

Jean ·

Nou verduidelik iemand asb net vir my hoe gee jy ‘n persoon wat onder verdagte omstandighede daar aangestel is en oral moeilikheid maak waar hy gaan ‘n R33 miljoen bonus waarvan hy reeds R11 gekry het terwyl julle ‘n VERLIES LY?? Moet bonusse nie gekoppel word aan produksie/suksesse nie? Liewe hemel nee, niks maak meer vir my sin nie.

Jean ·

Ek bedoel R11 miljoen reeds ontvang het ..wens dit was net R11.

Zirk ·

Sny die salarisse van die top bestuur soos Hlaudi en sy makkers. Dalk sal hulle dan meer winsgewend wees!

Nici ·

Hlaudi kom met ñ stywe price tag…. verliese sal net al meer word tot evensieel die deure toemaak.

Sê net ·

Eis die onredelike en oncerdiende salars verhogings eb bonusse van hlaudi motsoeneng terug

humor ·

Mense ons bly in Afrika. Die vorige trawante wat die land weggegee het was gewaarsku oa deur ET.wat verag word.Ons is niks anders as enige ander Afrikaland nie. Of ons nie sal kan tret hou nie is nie n ope vraag nie. Dit is n werklikheid. TENSY DAAR SELFBESKIKKINGSREG TOEGESTAAN WORD.

Schalk van der Merwe ·

Die bonusse is word betaal aan die wat ‘n besondere bydra lewer om nog ‘n voorheen suksesvolle instansie in die grond in te bestuur in die kortste moontlike tyd

koos ·

400 miljoen plus 11 miljoen bonus = 411 miljoen . Gee die 11 miljoen bonus terug dan lyk dit stukke beter.

KarooKlong ·

Raak ontslae van die rekenmeesters of die boekhouers want ietsie is iewers nie reg nie.

Cas ·

Een van Hlaudi se “wonder-werke”, wonder waar is geld heen, wonder wie werk en wonder wie steel???

Rapes ·

Dit is baie maklik om die verliese te verhaal deur jul lisensie gelde in te vorder, maar nee dit wil jul nie doen nie anders word daar nie vir die anc gestem nie. Al die bevondsing vir uitsaai regte is oorwegend vir sokker so dat die dan betaal.

Jan maak n plan ·

Dis seker n wonderwerk – dit kon R811 miljoen dalk gewees het. Altyd iets om oor dankbaar te wees ne.

Rynhardt ·

Die veelies van R400miljoen vertel nie volle verhaal van korruptes by SABC nie! Hlaudi Motsoeneng is nie al een wat n astronomiese salaris met bonusse kry nie, daar is hope van sy maatjies wat lekker lewe en beskerm word.SABC verteenwoordig n “dinosaurus-media” wat van bo tot onder verrot met onbekwames!!

Jasen ·

Kyk al die miljoene wat sabc 1,2,3 kyk betaal tv licens en walla groot wins.!

Charmaine ·

Waar is die sameroeper vir “lisensie gelde moet val” ? Almal is grootbek. My jaarlikse TV lisensie verval more, is ek die enigste een wat ‘n brief geskryf het en per e-pos aan SAUK gestuur het om te vertel hoekom ek nie meer wil betaal nie. Ek het my DSTV kanselleer maande terug en kyk net so dan en wan ‘n DVD

D ·

Wel as al 76.7 miljoen mense wat TV kyk lisensie betaal kan die SAUK nog meer steel.

Koos1 ·

Kom ons beskou die prentjie ‘n bietjie in konteks.
In 2015 was die verlies 40.1% van die kontantvloei.
In 2016 was dit 46.65% van die kontantvloei.
Inkomste daal en verliese groei. Dis ‘n baie goeie storie om te vertel. As ek ‘n aandeelhouer was het en my geld gevat en geloop voordat die bootjie in sowat 5 jaar sink (as die verliese teen die huidige 15% per jaar groei.)
Aai, hoe waar is dit nie, gee ‘n man genoeg tou en hy hang homself.

Moedeloos ·

Skryf alles af, maak deure toe en privatiseer die hele ding sodat daar kompetisie kan wees.

Gerd Lourens ·

Dis die briljante gekwalifiseerde werkers wat 100% tot die verlies bydra.

PS – Maroela, ek is bly julle verwys na “spotsoorte” i.p.v. “spoRtsoorte”.

Milan Bye ·

Dagsê Gerd Lourens

Dankie dat jy ons op dié flater gewys het, die berig is gewysig.

Groetnis
Milan
nms Maroela Media

Kiepie ·

Ek weet net dis nie my skuld nie, ek betaal my TV lisensie.

m ·

Hierdie is niks nuuts nie. Die hele land lyk so onder hierdie mense se bewind….. Vertel ons iets wat ons nie weet nie hierdie is ou nuus….

Piet Maritz ·

Dankie Gerd dat jy Maroela Media op hulle spelfout gewys het. Miskien kan jy ook so ‘n paar kommentators ook help. Dit gaan maar beroerd.

hans brits ·

Vir n ou wat afgedank word ,heraangestel word in n senior posisie en 33 milj kry is dit n wonderwerk.

Wilma ·

Wat se sport is uitgesaai? Sokker Sokker Sokker… Baie weinig rugby en baie weinig krieket.. So sny die sokker.. en gee toe dat meer van die een kleur hul TV lisensies betaal as die ander…

Piet Pompies ·

SAUK bestuur is verantwoordelik vir die situasie want die besigheid word nie volhoudbaar bestuur. Beloon jou betalende kykers met die regte programme, verminder bestuur se koppe, daar is net te veel.

John ·

Kan ‘n hoed so baie kos… of wag, is dit dalk net die gemis onder die hoed wat die probleem is? En nou kom daar glo nog groot feeste en pryse, partytjies en nuwe programme en… Hoeveel gaan die tekort in 2017 wees? Hoeveel van ons goudreserwes is nog oor? Dawie vind asb bietjie uit. Staan net ver weg wanneer jy vra…

Lance ·

Presies wat die sauk verdien …nou gaan nog minder mense lesensies betaal en adverteerders gaan ook minder adverteer ….so die wiele draai nou lekker vas daar ook ….waneer besef die anc dat nie ALMAL heeltyd verkeerd is nie ….nie een staartdepartement werk reg nie …alles waaraan hulle raak verander in n GROOT gemors !

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.