SAUK: ‘Moenie aan ons voorskryf’

Natasha Mazzone, DA-LP en adjunkvoorsitter van die DA se federale kongres: Foto: Natasha Mazzone via Twitter

Die SAUK sal nie “enige invloed of inmenging verduur wat in die pad van sy onafhanklikheid staan nie”, het die openbare uitsaaier Sondag laat hoor.

“Die SAUK neem kennis van mediaberigte wat beweer die DA het ʼn brief geskryf aan die raadsvoorsitter, Bongumusa Makhathini, waarin die party vra dat die sittings van die Zondo-ondersoekkommissie na staatskaping regstreeks op die SAUK se gewone grondplatforms uitgesaai word benewens die regstreekse uitsending op DStv-kanaal 404,” het Neo Momodu, SAUK-woordvoerder, in ʼn verklaring gesê.

Die ondersoekkommissie na staatskaping geniet reeds wye dekking in alle nuusberigte op alle radiostasies en TV-kanale onder leiding van die SAUK se redaksionele personeellede, sê sy.

Besluite wat die openbare uitsaaier oor programuitsending neem, word bepaal deur die SAUK se oktrooi, wat die joernalistieke, kreatiewe en programmeringsonafhanklikheid verskans, sê Momodu .

DA-woordvoerder Natasha Mazzone het vroeër Sondag gesê die party het Makhathini versoek dat die SAUK die kommissie se verrigtinge regstreeks op sy gewone kanale en stasies uitsaai.

“Die meeste Suid-Afrikaners kry op die oomblik net verwerkte dekking van dié belangrike kommissie, en net dié met toegang tot satelliet-TV en met ʼn internetverbinding waarmee hulle kan stroom, kan die kommissie se regstreekse uitsendings deurentyd volg,” het Mazzone gesê.

“Dus is die meeste mense uitgelewer aan nuusagentskappe om hulle deur die loop van die dag op die hoogte van sake te hou.”

 

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ʼn vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

O wee, die gesang is uit! Kommentaar word ná 48 uur op ʼn artikel op Maroela Media gesluit. Kom kuier gerus verder op ʼn meer onlangse artikel.

8 Kommentare

jongste oudste gewildste
Swartwolf

Plaas het die SAUK Hlaudi gestop toe hy die sotlike beleidsbeluite geneem het om 95% lokale materiaal op al sy uitsaai stasies te speel. Toe val inkomste van advertensie ook met 95%. En die luisteraarsgetalle met 50%. Die lokale musiekante was bly want hulle het aansienlik meer verdien omdat hul musiek meer gespeel is. Maar helaas toe droog die fonteintjie op. Stupid is as stupid does. Nou mag niemand hul voorskryf nie….. hemel hulle het nie net voorskryf nodig nie hulle moet onder instruksie werk. Dink nie die kollektiewe IK daar het genoeg perdekrag om hulle uit die gemors te… Lees meer »

Johan H.

Ek blameer die wittes,, Dat ons ooiet gedink het jy kan die lot vertrou om met geld te werk, Kyk maar vir die bbbee, stories,,Ons maai nou wat ons gesaaie het,,,1 les wat ek geleer het is jy sal hulle nooiet as te nimmer kan tevrede hou nie,,

Marius

Die ANC will nie he die mense wat vir hulle stem moet sien hoe korrup hulle is so hoekom die uitsaam op SAUK????

Andre

Ek is seker die DA het meer belangrike sake om hulle tyd aan te bestee?

Gert

As die SABC “onafhanklik” wil wees, moet hulle maar onafhanklik van ons belasting geld / staatshulp ook wees