SAUK: ‘Moenie aan ons voorskryf’

Natasha Mazzone, DA-LP en adjunkvoorsitter van die DA se federale kongres: Foto: Natasha Mazzone via Twitter

Die SAUK sal nie “enige invloed of inmenging verduur wat in die pad van sy onafhanklikheid staan nie”, het die openbare uitsaaier Sondag laat hoor.

“Die SAUK neem kennis van mediaberigte wat beweer die DA het ʼn brief geskryf aan die raadsvoorsitter, Bongumusa Makhathini, waarin die party vra dat die sittings van die Zondo-ondersoekkommissie na staatskaping regstreeks op die SAUK se gewone grondplatforms uitgesaai word benewens die regstreekse uitsending op DStv-kanaal 404,” het Neo Momodu, SAUK-woordvoerder, in ʼn verklaring gesê.

Die ondersoekkommissie na staatskaping geniet reeds wye dekking in alle nuusberigte op alle radiostasies en TV-kanale onder leiding van die SAUK se redaksionele personeellede, sê sy.

Besluite wat die openbare uitsaaier oor programuitsending neem, word bepaal deur die SAUK se oktrooi, wat die joernalistieke, kreatiewe en programmeringsonafhanklikheid verskans, sê Momodu .

DA-woordvoerder Natasha Mazzone het vroeër Sondag gesê die party het Makhathini versoek dat die SAUK die kommissie se verrigtinge regstreeks op sy gewone kanale en stasies uitsaai.

“Die meeste Suid-Afrikaners kry op die oomblik net verwerkte dekking van dié belangrike kommissie, en net dié met toegang tot satelliet-TV en met ʼn internetverbinding waarmee hulle kan stroom, kan die kommissie se regstreekse uitsendings deurentyd volg,” het Mazzone gesê.

“Dus is die meeste mense uitgelewer aan nuusagentskappe om hulle deur die loop van die dag op die hoogte van sake te hou.”

 

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

8 Kommentare

Swartwolf ·

Plaas het die SAUK Hlaudi gestop toe hy die sotlike beleidsbeluite geneem het om 95% lokale materiaal op al sy uitsaai stasies te speel. Toe val inkomste van advertensie ook met 95%. En die luisteraarsgetalle met 50%. Die lokale musiekante was bly want hulle het aansienlik meer verdien omdat hul musiek meer gespeel is. Maar helaas toe droog die fonteintjie op. Stupid is as stupid does. Nou mag niemand hul voorskryf nie….. hemel hulle het nie net voorskryf nodig nie hulle moet onder instruksie werk. Dink nie die kollektiewe IK daar het genoeg perdekrag om hulle uit die gemors te red nie. Binnekort is daar nie geld vir salarisse of toiletpapier nie – soos by Denel. Nog ‘n SOE in die grond in bankrot.

Johan H. ·

Ek blameer die wittes,, Dat ons ooiet gedink het jy kan die lot vertrou om met geld te werk, Kyk maar vir die bbbee, stories,,Ons maai nou wat ons gesaaie het,,,1 les wat ek geleer het is jy sal hulle nooiet as te nimmer kan tevrede hou nie,,

Mrs H ·

Wittes was vrywilliglik verplig Johan, of wittes sou uitgemoor word. Kyk maar soos jy self se, “bbbee”… Is ons ook vrywilliglik verplig om nie te mag werk nie. Niemand vertrou hulle nie, maar het ons n keuse Johan? Of het jy n idee vir die volk wat ons almal bitter graag op soekke voor is? Hulle saai wat gemaai is, nie wittes nie. Wittes MAG nie maai of saai nie, net belasting betaal en hul grond “vrywilliglik verplig” weggee, en maak of hulle speel-speel in n Demokratiese land lewe.

Marius ·

Die ANC will nie he die mense wat vir hulle stem moet sien hoe korrup hulle is so hoekom die uitsaam op SAUK????

Andre ·

Ek is seker die DA het meer belangrike sake om hulle tyd aan te bestee?

Gert ·

As die SABC “onafhanklik” wil wees, moet hulle maar onafhanklik van ons belasting geld / staatshulp ook wees

Jerry ·

Die SAUK is veronderstel om nuusgebeure wat in die publieke belang is uit te saai, maar omrede hulle nie onafhanklik is nie en ANC gesind is, saai hulle dit nie uit nie. Die SAUK se reaksie bevestig dat hulle ANC gesind is en nou kan die DA dit nog n stappie verder neem.

Anoniem ·

Die SABC sal mos nie wil hê die ANC se skades en skandes moet aan die “peoples” uitgesaai word nie – netnou word die peoples wys en stem volgende jaar vir iemand anders!

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.