SAUK moet sensuur-instruksies terugtrek

Argieffoto

Argieffoto

Die Onafhanklike Kommunikasie-owerheid van Suid-Afrika (Okosa) het Maandag uitspraak gelewer oor die SAUK se besluit om voortaan nie gewelddadige beeld- en klankmateriaal oor betogings uit te saai nie.

Okosa het beslis dat die SAUK die instruksie terugwerkend moet terugtrek en binne sewe dae terugvoering aan Okosa moet gee.

Die vakbond Solidariteit het intussen versoek dat alle skorsings en dissiplinêre stappe wat teen SAUK-werknemers in werking gestel is, teruggetrek moet word. Verder het die vakbond versoek dat Hlaudi Motsoeneng, bedryfshoof van die SAUK, onmiddellik geskors word hangende ’n ondersoek na sy vermoë om die SAUK te bestuur.

Volgens dr. Dirk Hermann, bestuurshoof van Solidariteit, verwelkom Solidariteit hierdie uitspraak. “Die uitspraak lewer bewys dat die SAUK onder die leiding van Motsoeneng nie binne die raamwerk van die Grondwet opgetree het nie. Ons versoek dus dat alle klagtes teen die geskorste SAUK-werknemers teruggetrek moet word en dat Motsoeneng onmiddellik as bedryfshoof van die SAUK geskors moet word hangende ’n ondersoek,” het Hermann gesê.

Hermann het voorts gesê dat Okosa se uitspraak teen die SAUK ’n oorwinning vir die beginsel van vryheid van spraak is. “Hierdie uitspraak is ’n oorwinning vir die etiese SAUK-joernaliste wat ten spyte van ’n onregmatige opdrag en intimidasie vir grondwetlike beginsels in die bres getree het.”

Solidariteit het vroeër laat blyk dat hy hom tot die konstitusionele hof gaan wend om die grondwetlikheid van die skorsing van die drie SAUK-joernaliste, Foeta Krige, Suna Venter en Thandeka Gqubule, te betwis. Krige, Venter en Gqubule is in Junie geskors nadat hulle in ’n nuusvergadering beswaar gemaak het teen die opdrag om nie oor betogings van die Right2Know-veldtog teen SAUK-sensuur te berig nie. Solidariteit tree namens al drie joernaliste op.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

10 Kommentare

Koos ·

Wat wou, as jy n nr1 is steur jy jou nie aan enige uitsprake nie. Die rooi oog gaan hom aan Okasa afvee

Loeis ·

Hierdie is ‘n groot oorwinning, maar die internet is waar individue inligting kan versprei, en Suid-Afrika het saam met China, Rusland en Vietnam by die VN gestem teen ‘n resolusie wat mense se reg tot uitdrukking op die internet verskans.

Volgens Dr Pieter Mulder is daar reeds wetsontwerpe op die tafel wat bedoel is om mense se vryheid van spraak aan bande te le, en dat VF+ dit op elke manier moontlik sal beveg.

SABC ·

Hopelik sal ons kommentare hier ook nou minder gesensor word.

Lance ·

Raak net ASB onslae van die man in beheer van die sauk ….duidelik kan mens sien hoe onkundig die man is ….die ou is n joke ! Anc skrik om jimmels naam wakker en doen net eenkeer die regte ding toe !

Joann ·

Ag jul weet mos ons gr.3 prez kan nie teen gr.9 sauk hoof optree nie. He he

AKs gestage en ons is die gekke ·

Hierdie is gestage deur die ANC. Hulle het nou lekker volle beheer oor die SAUK regdeur die verkiesing, ten volle tot hul beskikking vir propaganda. Dan net na die verkiesing sal die sogenaamde ondersoeke en prosesse afgehandel word en iemand gaan bietjie raas kry. En Zuma se dogter wen n baie groot kontrak as ekstra.

Quin ·

Heng SABC ek is nou al uit skuilname uit. Ek hoop jy is reg! Oor rooioog sal ek niks se nie anders sal hulle dit verseker sensor!

Kern oorsaak ·

Die ANC sit agter dit. Hulle wen tyd terwyl hulle die SAUK as propaganda masjien kan gebruik want hierdie proses gaan nog lank sleur.

Johanna Botha ·

Sauk sien nie my lesensie geld die jaar nie …jammer maar kry eets julle huis in orde voor ek weer n sent gee. Mens betaal mos nie vir sulke gemors nie goeie jimmel.

Eins ·

Hoe klink die moontlike verklaar ink vir die absurd here: die aanslag op ENCA is ook die werk van die ANC. Hulle fabriseer sprake van rassisme, anti-unie en slegte behandeling van werkers om ENCA sleg te laat lyk want ENCA is ook n verspreider van nuus na die massas. Die ANC wil kommunikasie nou heeltemal kaap.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.