SAUK, MultiChoice besluit oor uitsaairegte

Foto ter illustrasie (Foto: Hassan Ammar, AP)

MultiChoice en die SAUK het Vrydag ooreengekom dat die openbare uitsaaier Premierliga-sokkerwedstryde vir die volgende vyf jaar op sy televisiekanale en radiostasies mag uitsaai.

Die SAUK het nog nie een wedstryd van die Premierliga se nuwe seisoen uitgesaai nie, hoewel sommige spanne reeds drie wedstryde in die liga gespeel het. MultiChoice wou aanvanklik R280 miljoen vir die uitsaairegte gehad het wat die openbare uitsaaier in staat sou stel om 144 wedstryde per jaar oor vyf jaar op televisie uit te saai.

Die SAUK het egter toe gesê hy kan dit nie bekostig nie.

Die aard van die nuwe ooreenkoms is nie in dié stadium duidelik nie.

Die partye het wel in ʼn gesamentlike verklaring gesê die ooreenkoms bring die strewe om die finansiële volhoubaarheid van die Premierliga te handhaaf in ooreenstemming met die SAUK se mikpunt om sy openbare mandaat ten opsigte van sportuitsending te lewer.

“Ons bly verbind tot die langtermynbelegging in sport in Suid-Afrika en die res van Afrika,” het Calvo Mawela, uitvoerende hoof van MultiChoice, oor die ooreenkoms gesê.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

11 Kommentare

Judge Dredd ·

Ja, nou sal Multichoice sy “Premier” pakket se koste verhoog. Ander kanale sal amper nie verhoog. So die ouens wat Dstv het en hoofsaaklik rugby/krieket/motorsport kyk subsidieer die sokker kykers.
Daar is nou nog minder rede vir roofkykers(waarvan baie sokker liefhebbers is) om te betaal vir hul kykgenot.

Ig ·

Nou moet die SAUK nog net die Dstv subscribers se name kry by Multichoice dan sal SAUK meer roofkykers kan vasvat en dan sal SAUK seker ook betaalkanale oorweeg soos net Supersport 1! Go SABC you can do it!!!!

Winx ·

Verstaan ek reg? Word wanbestuur deur onbevoegdes verder beloon?

Hannes ·

SAUK wil alles gratis en veniet kry om uit te saai. Kannie wag dat hulle totaal bankrot is nie. Kyk in elk geval geen program op sauk nie. Was dit rugby wat betrokke was sou hulle nou nie eers geworry het om dit uit te saai nie.

Nic du Plessis ·

Nou vra ek net, wat van wereldbeker rugby wat Setember 2019 afskop?

Multi$okkers ·

Uitstekende vraag Nic… kan ons terugsit en kyk hoe blatante uitsluiting deur Multichoice toegepas word en wat hul verskoning daarvoor gaan wees?

Wielspore ·

Plaas dat Multichoice meer tyd aan kliente diens spandeer en die data basis in werking kry. Stelsel is al ‘n paar dae af en foutiewe decoders kan nie omgeruil word.

schaun ·

Ek is bly die mense wat multichoice ondersteun moet swaarkry verhoog die fooi en gee vrot diens vir die klomp wat sal betaal ongeag of daar teen hulle gediskrimineer word.

Herman ·

Almal moan oor MC maar ondersteun hulle steeds. …
Netso oor rugby kwotas…
Dankie tog ek het my losgemaak van dit. Werk nou lekker in my tuin as die kwota rugby aan is.

George in Bloem. ·

Hahahaha!! Hierdie klomp narre verskaf darem wragtig lekker snaakse gratis vermaak! Gereeld ook nogal.????????????????

Kaaskop ·

Nog meer rede om ‘n “pirate” dekodeerder aan te skaf! Vrylik beskikbaar, blykbaar!

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.