SAUK-ondersoek hervat vandag

Hlaudi Motsoeneng. Foto: Catherine Rice/ANA

Hlaudi Motsoeneng. Foto: Catherine Rice/ANA

Die parlementêre ondersoek na die sake van die beleërde SAUK sal na verwagting vanoggend voortgesit word met die getuienis van twee voormalige raadsvoorsitters.

Ellen Tshabalala en Ben Ngubane, twee voormalige raadsvoorsitters wat deur verskeie getuies verbind is met die vinnige opgang van die omstrede SAUK-hoë, Hlaudi Motsoeneng, sal vandag deur LP’s ondervra word. Motsoeneng het in ʼn kort tydperk van die posisie as vervaardiger van ʼn Vrystaatse aktualiteitsprogram gevorder na die uitvoerende hoof van die openbare uitsaaier.

Volgens verskeie getuies het Ngubane, wat vanaf Desember 2009 tot Maart 2013 die voorsitter van die raad was, Motsoeneng se bywoning van raadsvergaderings verskoon hoewel hy in hierdie tyd nie ʼn uitvoerende raadslid was nie.

Volgens ander voormalige raadslede het Tshabalala voortgegaan om Motsoeneng te beskerm nadat sy oorgeneem het. Tshabalala het ook ʼn vergadering in Julie 2014 waargeneem wat gelei het tot Motsoeneng se permanente aanstelling as bedryfshoof, selfs nadat die openbare beskermer bevind het hy is nie geskik vir die posisie nie omdat hy, onder meer, oor sy matriekkwalifikasie gelieg het.

Tshabalala het daardie jaar in Desember as raadsvoorsitter bedank nadat ʼn parlementêre ondersoek wat teen haar ingestel is, bevind het dat sy gelieg het toe sy beweer het dat sy ʼn BCom-graad het.

Die twee sal na verwagting die laaste twee getuies wees om voor die ad hoc-komitee te getuig voordat die komitee met sy beraadslaging en die skryf van sy verslag begin. Die komitee het tyd tot einde Februarie om aan die Nasionale Vergadering verslag te lewer oor die ondersoek.

Lees alle vorigte berigte oor die SAUK op Maroela Media.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

9 Kommentare

Jane ·

Hoekom duur die ondersoek so lank? Fire hom, en kry klaar, .. kannie glo dat julle so sukkel om van ‘n leuenaar ontslae te raak nadat alle bewyse teen hom ingedien is nie . glo my as dit ek was was ek al laasjaar op my alie daar uit, met ‘n kriminele klag ook nog teen my .. want lieg het hy gelieg. Hoekom nog verslae skryf? Hy het 8 joernaliste onregmatig afgedank .. FIRE HOM!!

Mike de Beer ·

Elke een wat aangestel is op sterkte van ‘n gewaande kwalifikasie behoort strafregtelik teen opgetree word. Hulle behoort dan ook die finansiele pakette wat op sterkte van hulle gewaande kwalifikasies aangebied was terug te betaal. Kortom bedrog is krimineel.

Theresa B ·

Hulle kan darem aanhou en aanhou en aanhou en aanhou met ‘n ding. Soveel tyd en geld in die drein af. Dank die man af en kry klaar. Sit iemand in die pos wat regte kwalifikasies het, eerlik is (skaars ek weet) en nie net aan homself/haarself se sak dink nie.

Piet ·

Los hom tog, hy het dan gese dat hy slim gebore is, het hy nie? Dit is nie sy skuld dat hy op die oog af nie te slim voorkom nie.

Nee toe ·

EK wil sy gesig asb nie meer sien nie SENSOR tog asb alle fotos van hom ek is SO KEELVOL vir ‘n arrogante leuenaar wat tot nou toe met alles weggekom het en wat almal sukkel om van ontslae te raak, was dit ek was ek al laaaaaaaaaaaaaaaaaaaaaaaaaaaaaaaankal sonder werk as dit nie vermoor is nie.

Katryn ·

Mag ek vra? Hoelank bestaan die SAUK al? Was daar ooit soveel bedrog lieg en bedrieg aan die gang? Toe dit net die vorige bedeling se mense gewees het wat na ons as kykers en hoorders se belange omgesien het? Daar was toe ook al baie swart radio programme en TV stories. Maar geen van hierdie crapp wat nou aangaan nie! Wat sal dit kos om weer ‘n paar kundige “wittes” op die Raad te kry om hierdie ouens te leer hoe so ‘n organisasie bedryf moet word? Vra maat net. Ons betaal darem ons lisensies en het ‘n reg om deeltehe aan inspraak daarvan?

Lance ·

Al is daar kundige mense hulle trek atyd dwars en maak n ophef oor die nietigste sake want hulle voel ALTYD tenagekom …kannie wen nie ….wil heeltyd hulleself laat geld en trek dwars !

John ·

Straatkind en toe maak hy skielik programme en toe vorder hy tot in die SAUK en toe is hy bo en nou word hy ‘n … minister of… ? Waarom bodder ons nog… ons gaan nie wen nie… hy is die droom van Afrika in lewende lywe…

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.