SAUK-ondersoek: Hlaudi, Guptas ‘het gesprekke gehad’

Hlaudi Motsoeneng. Foto: news.iafrica.com

Hlaudi Motsoeneng. Foto: news.iafrica.com

Hlaudi Motsoeneng, die omstrede hoof van korporatiewe sake by die SAUK, het na bewering vergaderings met een van die Gupta-broers gehou om ʼn sakeverhouding tussen die familie en die openbare uitsaaier te bespreek.

Só het Phil Molefe, ʼn voormalige senior personeellid van die SAUK, Vrydag aan die komitee, wat aangestel is om die bevoegdheid van die SAUK-raad te ondersoek, gesê. Een van die LP’s het Molefe se voorlegging as “gedetailleerd en skokkend” beskryf.

Molefe het tussen 1994 en 2014 verskeie posisies by die SAUK beklee. Hy het Vrydag grootliks gepraat oor sy tydperk as waarnemende uitvoerende hoof, van Julie 2011 tot Januarie 2012. “Talle vergaderings is gehou, hoofsaaklik met ʼn mnr. Tony Gupta en die besprekings het meestal gegaan oor die ondertekening van ʼn memorandum van verstandhouding tussen die SAUK en die The New Age [TNA] -mediagroep,” het Molefe gesê.

“Die moontlikheid dat die SAUK die TNA-sake-ontbyte uitsaai is by die vergaderings bespreek, asook om SAUK-subskripsies vir TNA te gee en die Gupta-mediagroep het ook voorgestel dat hulle ʼn aandeel kry in die voorgestelde SAUK-nuuskanaal.”

Volgens Molefe het hy nie met die voorstelle saamgestem nie. “Ek meen hierdie voorstelle was bietjie drasties en het ingrypende finansiële implikasies gehad. Op die ou end was die Gupta-broers nie gelukkig met die besluit wat ek geneem het nie,” het hy gesê.

Molefe het gesê Motsoeneng het hom daarna weer genader en gevra om ʼn “sagter” standpunt in te neem oor die Gupta-broers. “Ek het geweier en gesê ek sal nie onreëlmatige en onregverdigbare besluite neem nie,” het hy gesê.

Kort hierna is hy die posisie as permanente uitvoerende hoof geweier en hy glo dit was die direkte gevolg van sy besluit om Motsoeneng se versoeke en eise verskeie kere te weier.

LP’s was ooglopend geskok deur Molefe se voorlegging.

Lees alle vorige berigte oor die SAUK op Maroela Media.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

21 Kommentare

Jan ·

Suid-Afrika is ‘n grap. Nie net Zuma en en en nie. Plak ‘n naam by….

Jan ·

Waarom het mense nog standaarde en waarop kan mens trots wees? As DIT nie ‘n rasisties uitspraak is nie …

AL ·

Die geraamtes val nou teen n erge tempo uit die kas. Stadig maar seker sal ons nog agter die waarheid kom, dalk meer geskok as voorheen? Dis net tragies dat ons belastingbetalers die houe moet vat en SA al hoe dieper wegsak in die slykwater.

Jan ·

Goeienaand Maroela, ek ervaar die afgelope week of twee dat julle werklik meer ruimte vir die kommentare gee, julle behou nog jul standaard, wat wonderlik is, julle het werklik gegroei, julle is nie meer so eng nie, maar tog streng, julle oorheers nie meer die kommentare nie, maar verstaan die mense wat kommentaar lewer se frusrasie en die uiting wat vir hulle terapie is gee, julle tree op as hulle dit nie binne perke doen nie. Dit is soos goeie joernalistiek moet werk. Baie dankie,

alexander ·

@ Jan stem 100% saam. Maar merk nog steeds Maroela het ‘n baie groot behoefte om te sny aan kommentaar

FM ·

Lyk my hierdie hlaudi mannetjie se orders kom van zuma af of het ek dit nou verkeerd? Geen wonder hy is so arrogant nie. Hy en julies sal nogal lekker oor die weg kom, maar die een sal net MEER twak wil praat as die ander een. Lyk dan hlaudi hou ook nie van wittes nie. . Voëls van eenderse vere……..?!

Alida ·

Daai Guptas moet land uiy en sommer stortkop & kie saamvat.

Jan ·

Al dra jy ‘n pak klere van sybokhaar, bly jy nog steeds wie jy is. Overgesed synde, al dra ‘n … ‘n goue ring ….

Rieks ·

Ons woon in Suid Gupt-Afrika…. Al die guppies eet en eet en die res gaan dood van die honger of word stuk stuk uitgemoor! Ek sal tog my bestuurders by my werk kan dreig en aandring op ‘n R500,000 verhoging :-) Ek sal vinniger met my bas in die straat staan as wat ek dood gegooi word met geld… Wat maak die regering en regerings instansies so goed dat NIEMAND aan hulle mag of kan raak nie?

Dankbaar ·

Dankbaar Molefe staan vir die regte saak, en dankbaar jy bly op jou standpunt! Beslis n standvastige man en dankbaar jy bring die Gupta skande uit. Hoop werklik dit haal n korrupte grootmond Hlaudi uit daai stoel uit voor hy die hele SAUK vernietig!

Johann Marx ·

Ai tog, N man van inbors……As jy suurgat is omdat JY nie die job gekry het met die self-toegekende R4 miljoen per jaar salaris nie, maak dit jou nie ‘n “man van inbors” nie?

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.