SAUK-ondersoek: Oneerlike getuies dalk vervolg

SABC-gebou in Kaapstad Foto: Maroela Media

Getuies wat oneerlik was in hul getuienis voor ʼn parlementêre komitee van ondersoek oor sake by die SAUK, kan moontlik strafregtelik vervolg word.

Anthea Gordon, parlementêre regsadviseur, het Dinsdag aan die parlement se staande komitee oor kommunikasie gesê sy kan nie tans die name noem van persone wat na bewering vir die komitee gelieg het nie, maar het gesê ʼn verslag hieroor sal teen 5 Junie by die wetgewer ingedien word.

“Ons is nie nou in ʼn posisie om name te noem nie, maar van ons kant af is die proses administratief aan die gang,” het Gordon gesê.

Die parlement se regsdienste is gevra om die mense te identifiseer wat na bewering gelieg het tydens die parlement se ondersoek na die SAUK, en om ook die moontlikheid te ondersoek om strafregtelike aanklagte teen individue aanhangig te maak. Hierdie aanbeveling was een van vele wat gemaak is na afloop van die ondersoek wat die chaotiese stand van sake by die SAUK aan die lig gebring het.

Die openbare uitsaaier gaan steeds voort om ʼn verlies te ly weens mislukte beleide en ʼn verbrokkeling van bestuur.

LP’s het tydens die ondersoek teenstrydige getuienis aangehoor en sommige LP’s het Faith Muthambi, voormalige minister van kommunikasie, en Ben Ngubane en Mbulaheni Maguvhe, voormalige voorsitters van die SAUK-raad, daarvan beskuldig dat hulle vir die komitee gelieg het.

Lees alle vorige berigte oor die SAUK op Maroela Media.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

9 Kommentare

Amanda ·

Wat my die meeste ontstel is dat hulle gevaarlik steel en dan jou mal maak omdat jy nog nie TV lisensie betaal het nie. Ek is regtig nie lus om my lisensie die jaar te betaal nie, moeg vir die korrupte spul orals. Ek werk hard en eerlik vir my bietjie geld man, dan steel wie weet wie links en regs!

Amanda ·

En steel ja. Ons belastingbetaler moet maar net betaal sodat die geld maar net gesteel kan word. Gatvol!!!

Ander Annie ·

Ek het die hele SABC sage gekyk en dit was duidelik dat sommiges goed gejok het. Die Lede van die Parlementêre Komitee, was baie deeglik. Dit is tyd om die wat gejok het, aan te kla.

Ander Annie ·

Dit is presies wat ek sê Cherokee. Selfs die Voorsitter van die Parlementêre Komitee, Vincent Smith het gesê dat dit blyk dat daar gejok is, en indien dit bewys kan word, sal diesulkes krimineel aangekla word. Hoë bome het goed gejok.

Katryn ·

Dit is so hartseer om alles wat so goed gewerk het en mense wat geweet het wat om te doen te sien verlore gaan. Om ‘n land soos Suid Afrika te sien vergaan onder korrupsie, swak werk, steel moord en doodslag. slegtigheid! Is hartverskeurend!! Ons ouens die oor die 80s se harte bloei! Kannie vredemaak daarmee nie!! Hoe gaan dit oor tienjaar lyk?

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.