SAUK ondersoek voorval op SAfm-radio

Sakina Kamwendo (Foto: SAfm)

Die SAUK se uitvoerende bestuur het ʼn volledige verslag versoek van Vrydag se voorval waar SAfm-radio-omroeper Sakina Kamwendo se program na bewering deur die bestuur kortgeknip is.

Kaizer Kganyago, woordvoerder van die SAUK, het Saterdag gesê die uitsaaier “neem met kommer kennis” van die voorval wat op die program, “The Forum at 8” op SAfm plaasgevind het. “Die uitvoerende bestuur het ʼn volledige verslag versoek van die voorval en sal met alle betrokke partye in gesprek tree om die feite te kry oor wat presies gebeur het en waarom.”

Kganyago het bygevoeg dit is ook belangrik om ondersoek in te stel oor die persepsie dat Kamwendo se kontrak met die SAUK gekanselleer is. Die nuusredaksie het Vrydag voor die program met haar gesels oor ʼn nuwe tydgleuf op SAfm en albei partye het ʼn nuwe kontrak onderteken. Die proses wat met Kamwendo gevolg is, is dieselfde vir alle omroepers by SAfm.

“Die SAUK se uitvoerende bestuur sal bestuur op die verskillende vlakke altyd ruimte gee om besluite te neem binne hul verantwoordelikhede en ons onderneem om die saak op ʼn regverdige en deursigtige manier te hanteer in die belang van die SAUK en die publiek van Suid-Afrika.”

Kamwendo se oggendprogram is na bewering skielik kortgeknip toe sy halfpad deur haar uurlange program was. Die vervaardigers het opdrag ontvang om Kamwendo af te sny en die res van die uur enige beskikbare musiek uit te saai, berig die Mail and Guardian.

Sam Mkokeli, woordvoerder van die Suid-Afrikaanse Redakteursforum (Sanef), het intussen gesê die organisasie is ook ontsteld dat Kamwendo halfpad van die lug afgehaal is.

“Dit het onlangs aan die lig gekom dat Kamwendo vervang sou word op die program, maar die stasiebestuur het haar nie amptelik in kennis gestel nie. Die bestuur was na bewering ongelukkig dat sy tydens die program die gebeure in die oploop tot die beëindiging van die program en haar belewenis verduidelik het,” het Mkokeli gesê.

“Ons glo hierdie voorval is baie swak hanteer en dit klink byna soos sensuur. Kamwendo moes die kans gegun word om aan haar luisteraars te verduidelik wat gebeur wat betref die beëindiging van haar program. Om Kamwendo se vryheid van uitdrukking op só blatante manier te beperk, is ʼn ernstige kwessie. Sanef wil nie sien dat die SAUK terugkeer na die dae van sensuur nie.”

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

11 Kommentare

rollie ·

Wel, as sy tydens haar program haar persoonlike werkverhouding met haar werkgewer oor die lug bespreek het, is dit rede om haar te stop. Watter ander werkgewer sal dit toelaat?

Oom Kalahari ·

@Dafer & rollie, stem saam met jul. As jy opreg en eerlik is, waarvoor sal jy bang wees om dinge te versteek en program kortknip. Gun haar om haar program te voltooi en tree daarna op as daar enige negatiewe stellings was.

Christa J ·

As jongmens moes ek die volgende beginsel leer wat my vandag nog bybly: Mens byt nie die hand wat jou voed nie.

jaco ·

As sy wit was kon ek dié optrede teen haar verstaan, maar sy is van dieselfde ras as die SABC se bestuur. Vreemd…

LM luiesteraar ·

Het ‘n soortgelyke situasie op LM Radio ervaar. Die omroeper is in die middel van sy program stilgemaak sonder verduideliking. Ons het eers dae later op sosiale media gelees dis omdat hy nie by die voorgeskrewe speellys wou hou nie. Praat van sensuur…

Elizabeth ·

Wat het sy dan gedink? As ek die SABC was, sou ek dieselfde gedoen het. Sy bly ‘n werknemer en as sy op die lug is, moet sy professioneel optree. Geen werkgewer sal homself voor derduisende luisteraars laat swartsmeer nie.

Mathys du Preez ·

Elke program het ‘n vasgestelde formaat en inhoud, as ‘n aanbieder hom/haarself begin gemaklik maak en die grense begin toets, moet hulle eerder by radio sonder grense gaan aansoek doen, daar kan ‘n ou dalk wegkom met ‘n persoonlike uitlating oor jou ondervinding in ‘n ry by die bank, maar enige ander uitsender moet die teuels inhou, sodat die stert nie naderhand die hond begin waai nie

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.