SAUK ontken interne krisis

Hlaudi Motsoeneng Foto: news.iafrica.com

Hlaudi Motsoeneng Foto: news.iafrica.com

Die SAUK het Dinsdag ontken dat daar enige interne krisis by die openbare uitsaaier is.

Maroela Media het vroeër berig die SAUK se hoof finansiële beampte, James Laguma, is as die waarnemende uitvoerende hoof aangestel ná Jimmi Matthews se bedanking. Matthews het bedank nadat hy die manier, waarop die openbare uitsaaier bestuur word, gekritiseer het.

Mbulaheni Maguvhe, voorsitter van die SAUK-raad, het gesê Laguma se posisie sal deur Audrey Raphela gevul word, en Simon Tebele sal as nuushoof optree.

Maguvhe het die media by Aucklandpark toegespreek via ʼn regstreekse video uit Limpopo. Hy het ontken dat daar enige krisis by die openbare uitsaaier is en gesê mense bedank deurgaans by organisasies.

“Ek wil die publiek en personeellede verseker dat die SAUK nie in ʼn krisis is nie. Ons moet verstaan dat mense nie vir altyd by die SAUK kan werk nie. Dankie aan die harde werk van mnr. [Hlaudi] Motsoeneng wat vir ons die nodige finansiering bekom het om ons openbare mandaat uit te voer. Die nodige aankondigings sal binnekort gedoen word,” het Maguvhe gesê.

Die dringende perskonferensie is gereël ná Matthews Maandag bedank het. Hy het sy bedankingsbrief ook op Twitter gepubliseer. Hy het gesê dit wat by die SAUK gebeur is verkeerd en hy kan nie meer ʼn deel daarvan wees nie.

Buiten Matthews se bedanking, is minstens drie joernaliste geskors wat glo geweier het om ag te slaan op die SAUK se nuwe reël, dat betogings nie gedek mag word nie. Verskeie ander verslaggewers het intussen, in reaksie hierop, aan die hoof bedryfsbeampte, Hlaudi Motsoeneng, geskryf en hom versoek om klaarheid te verskaf oor die openbare uitsaaier se redaksionele beleid. Die joernaliste het na bewering ook hul besware oor sensuur by die SAUK se nuuskamer ingedien.

SAUK-joernalis Lukhanyo Calata het Maandag sy werkgewer veroordeel Hy het gesê die SAUK pas sensuur toe, iets waarvoor sy vryheidsvegters soos sy pa, Fort Calata van die Craddock Four, nie gesterf het nie.

Motsoeneng het ook ontken dat daar enige probleme by die SAUK is en bygevoeg daar is geen opstand in die organisasie nie. “Wanneer ʼn paar mense hoes, sê die media daar is ʼn opstand in die SAUK. Watter opstand? Dit lyk of daar ʼn agenda is deur die media teen die openbare uitsaaier. Ek het daardie brief [deur die verslaggewers] gesien, maar het nog nie aandag gegee daaraan nie,” het Motsoeneng gesê.

Lede van die Demokratiese Alliansie het buite die SAUK se kantoor betoog en Motsoeneng se bestuurstyl veroordeel. Hulle het geëis dat hy dadelik bedank.

Die SAKP beplan volgende week betogings buite die SAUK om te eis dat die openbare uitsaaier sy “apartheidsagtige en drakoniese tipe sensuur van betogings” sal afskaf.

Maroela Media het vroeër berig die vakbond Solidariteit het die SAUK tot 30 Junie om 15:00 tyd gegee om die skorsing van twee RSG-personeellede op te hef voordat moontlike regsaksie geneem sal word.

Die vakbond tree namens Foeta Krige, uitvoerende regisseur van Monitor en Spektrum en Suna Venter, ʼn senior verslaggewer, op. Hulle is Donderdag saam met Thandeka Gqubule, ʼn sakeredakteur, geskors omdat hulle, volgens die openbare uitsaaier, klank- en beeldmateriaal van gewelddadige betogings uitgesaai en dus ʼn direkte bevel verontagsaam het. Gqubule het volgens berigte ook regsadvies ingewin. Die vakbond het wel ook sy dienste aan enigiemand in die SAUK aangebied.

Lees alle vorige berigte oor die SAUK op Maroela Media.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

12 Kommentare

Lance ·

Ja ja erken en ontken soos dit hulle pas ….sauk gaan selfde pad as SAA / SAL …dis n gemors en ek voorspel mense gaan hulle lesensie gelde weerhou ….almal kan tog nie verkeerd wees en die ongeskoolde ene reg wees nie …dis n joke

PJ ·

Sien ons belasting geld gaan hulle weer “uitbyl” netsoos saa

PJ ·

Sien ons belasting geld gaan hulle weer “uitbyl” netsoos saa

John ·

Hlaudi weier om sy kantoor te ontruim wanneer hy uitgevang word, maar hy is gou om ander uit hul kantore te laat verwyder as hulle na sy mening gefouteer het.

Schalk ·

Verstommend dat hy dink hy kan die opstande verberg. Besef hy dat hy net ‘n pos beklee en nie die Minister is nie?

neelsie ·

Net n pion van Zuma.
Beheer en beperk die uitsaaiwese en propageer alles behalwe die waarheid.
Dit is maar nog net n manier van ons kommunistiese regering.
Kan mos sien die is nie van “ons” mense nie.
Ondersteun en luister Pretoria Fm.

cobusp ·

Hierdie man is die nr 1 mees ongekwalifiseerde persoon om n senior posisie te beklee in SA. Of dalk nr 2. Besluit maar self wie is 1 of 2, tussen hom en Zuma (stort kop). Hy is ook die enigste persoon wat ek van weet wat dit in die openbaar gepubliseer het dat hy oor sy kwalifikasies gelieg het en nog steeds in sy amp is. Die ironie is dat die aksie teen hom glo hy is n rassistiese wit blanke aksie is inkorrek. Daar is anderkleuriges in sy organisasie en buite wat gekant is teen sy beleid en hoe hy die SAUK bestuur. Ek voorspel dat Hlaudi nie kersfees 2016 gaan sien as hoof amptenaar van die SAUK.

Johan ·

Ek lees dat mnr Motsoeneng na bewering erken het dat hy geen benul ‘n begrip het wat die “sensorskap” beteken nie. Miskien moet hy ‘n blitskursus in die die Engelse taal volg sodat hy op hoogte kan kom met wat daarmee bedoel word. Dit is immers uiters belangrike ‘n woord wat dwarsoor die wereld gebruik word (selfs in Afrika-lande). Daarna kan hy ‘n uitgebreide studie onderneem oor menseverhoudings en bestuurstyl…

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.