SAUK ontken reddingsboei van die regering

(Foto: Karen Sandison/African News Agency/ANA)

Die SAUK ontken ten sterkste mediaberigte Sondag dat hy nog ʼn reddingsboei van die regering wil bekom.

“Die SAUK neem met kommer kennis van die foutiewe en misleidende berig, ‘SABC again pleads poverty, cites virus’, wat in die Sunday Times gepubliseer is,” het Mmoni Seapolelo, waarnemende woordvoerder van die SAUK, in ʼn verklaring gesê.

Volgens die berig sal die openbare uitsaaier Maandag voor die parlementêre portefeuljekomitee oor kommunikasie en digitale tegnologie verskyn om bykomende finansiering te bekom.

“Dit is nie die waarheid nie. Die SAUK het nie enige bykomende finansiering versoek nie en geen vergadering is vir Maandag geskeduleer oor die saak nie,” het sy gesê. “Trouens, die SAUK sal Woensdag sy 2020/2021- korporatiewe plan aan die portefeuljekomitee voorlê.”

Seapolelo het bygevoeg dit is belangrik om kennis te neem dat die Covid-19-pandemie ʼn beduidende impak op elke bedryf wêreldwyd gehad het, insluitend die uitsaaibedryf. “Advertensie-inkomste is besnoei in die mediabedryf en talle media-entiteit ondersoek kostebesparingsmeganismes.”

Alhoewel die pandemie die openbare uitsaaier se inkomste-vooruitskattings vir hierdie finansiële jaar beïnvloed weens die afname in advertensie-inkomste, is die inkomstetekorte en beraamde verliese, soos genoem in die Sunday Times, nie korrek nie, het sy bygevoeg. “Die korrekte vooruitskattings is by die aandeelhouer ingedien en sal binnekort aan die portefeuljekomitee voorgelê word.”

Ondanks die tekort aan inkomste, het die SAUK glo maatreëls ingestel om die impak van die pandemie te verlig op sy bedrywighede.

“In die lig van bogenoemde, wil die SAUK dit onomwonde stel dat gaan geen aansoek is vir bykomende finansies van die nasionale tesourie nie. Sedert die organisasie sy reddingsboei van die tesourie ontvang het, het die SAUK ʼn gesonde werkskapitaalsiklus herstel wat ooreenstem met die kontantvloei-vooruitskattings.

“Die SAUK-raad bly toegewyd om seker te maak dat die openbare uitsaaier sy mandaat nakom terwyl hy daarna streef om finansieel volhoubaar te wees,” het Seapolelo bygevoeg.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

10 Kommentare

Andre ·

Ja vra maar vir geld.Die regering het blykbaar onbeperkte fondse.

ElizeK ·

Seapolelo “you could have fooled me”
Moenie so hard probeer nie, ons glo jou 100%
Grappie vir die dag.

PH ·

Hoeveel belastingbetalers se geld gaan nog gemors word op pogings om vure dood te slaan?

lodewyk ·

Nee moenie worry nie-SA gaan mos nou nog geld druk -Maar waar n rokkie trek is n vuurtjie!!

Anel ·

Ja, nê. Waar daar ‘n rokie is, is daar gewoonlik’ ‘n vuurtjie. Hoe dom dink hulle is ons. Dit gaan ons die keer langer as 100 jaar neem om die land weer op standaatd te kry, as dit ooit sal gebeur. En sekerlik nie in ons leeftyd nie.

Hennie ·

Gelukkig kan hulle ‘n 180° gooi sonder dat ‘n enkele wenkbrou lig… Die wat het natuurlik!

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.