SAUK onttrek DA se TV-advertensie

mmusi maimane da anc advertensieDie Demokratiese Alliansie (DA) het ʼn kennisgewing ontvang van die SAUK dat sy nuwe televisieadvertensie, getiteld ANC Ayisafani, nie meer uitgesaai gaan word nie.

Mmusi Maimane, die DA se premierskandidaat vir Gauteng, het Vrydag in ʼn verklaring gesê die DA gaan die SAUK se “sensuur” in die verband beveg. “Dit is duidelik sensuur,” het Maimane gesê. “Die redes wat die SAUK verskaf het om die advertensie te onttrek is skyn en verseker onwettig. Dit is klaarblyklik ‘n poging deur die SAUK om Jacob Zuma teen enige openbare aanspreeklikheid teen die Nkandla-skandaal te beskerm.”

Maimane het gesê dit is duidelik dat SAUK onder druk van die ANC geswig het om die advertensie te verwyder. “Ons weet dat die ANC bekommerd is oor die grootskaalse positiewe reaksie wat die advertensie uitlok,” het hy gesê.

Hy voeg by die DA het met hul regspan vergader en gaan dadelik met regstappe begin om die SAUK se besluit om te keer. Hulle gaan ook ʼn klag by die Onafhanklike Uitsaai-owerheid van Suid-Afrika (OUO) indien.

Maroela Media het Donderdag berig die DA kap die ANC in ʼn nuwe advertensie as deel van hul verkiesingsveldtog. Die omstrede advertensie, getiteld ANC Ayisafani, is op 8 April op YouTube gelaai en is Vrydag reeds meer as 45 000 keer gekyk. ‘ANC Ayisafani’ beteken dat die ANC is nie meer is wat hy vroeër was nie. Die DA versoek kiesers om die party te help om korrupsie, e-tol en Nkandla te beveg. Die advertensie is steeds op YouTube beskikbaar. Klik hier om die advertensie te sien.

DStv het onlangs ʼn advertensie van Solidariteit geweier waarin die vakbond regstellende aksie aanspreek in verband met die Renate Barnard-saak teen die Suid-Afrikaanse polisie. Klik hier om dié advertensie te sien.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.