SAUK oorweeg nog afleggings

Argieffoto

Bestuurslede en raadslede van die SAUK het Dinsdag aan LP’s gesê hulle is steeds in gesprek met werknemers oor die moontlikheid van nog afleggings by die sukkelende staatsuitsaaier.

Bongumusa Makhathini, SAUK-voorsitter, en sy span het die parlement toegespreek oor hul omdraaistrategie, wat herstrukturering insluit wat waarskynlik tot afleggings sal lei. “Ons het met die aandeelhouerverteenwoordiger [die regering] gekonsulteer, en ook gepraat met die vakbonde en die werknemers,” het Makhathini aan LP’s gesê.

Makhathini het gesê die vergoeding van werknemers is een van die SAUK se grootste uitgawes en maak 43% van die bedryfskostes uit. Die uitsaaier se totale salarisrekening beloop R2,6 miljard vir 3 400 werknemers in 2017/18.

SAUK-raadslid Jack Phalane het aan LP’s gesê die fokus is nou om met die vakbonde en werkers te praat om ʼn oplossing te vind om “afdankings en afleggings” te vermy.

“Dit is eers ná afloop van hierdie proses wat ons sal kan sê, gebaseer op die konsultasie met die werknemers, of hierdie die beste manier vorentoe is om afleggings te vermy,” het Phalane gesê.

“Tans het ons die salarisrekening onder oë en iets moet hieraan gedoen word. Ons het die werknemers nodig om die SAUK te help om uit die situasie te kom waarin dit tans is.”

Die SAUK het in die 2017/18-boekjaar ʼn inkomste van R6,6 miljard gehad teenoor uitgawes van R7,2 miljard, dus ʼn tekort van R635 miljoen.

Die SAUK beraam dat die tekort in die volgende finansiële jaar sal afneem tot R283 miljoen, met ʼn geskatte wins van R159 miljoen in 2019/20.

Die omkeerplan beloof om verkwistende besteding te sny, bedryfskostes te optimaliseer en inkomste te verhoog, insluitend nuwe maniere om televisielisensiegeld in te vorder.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

13 Kommentare

Estelle ·

Dit is altyd jammer dat die gewone werkers se poste in gedrang kom met afleggings terwyl die top bestuur wat die situasie veroorsaak het met groot salarisse en goue handrukke die toekoms in.

Callie ·

Die mense daar verdien goeie geld. Maak bietjie som van 2.6 miljard vir 3400 mense. Geen wonder plek is bankrot

Keelvol ·

Het die som gaan maak. Gemiddeld R63 725 per maand.
Keelvol vir afleggings op die personeel wat min verdien en die werk doen.
Raak ontslae van 2 in top bestuur of eintlik “bankrotbestuur” en hou eerder 20 wat die werk kan doen.
As bestuur van die werkers ontslae raak wie wil hul dan in elk geval bestuur?

Stokkies ·

Dis bietjie DUH dat so groot persentasie van uitgawes aan staf gaan, waarnatoe is dit veronderstel om te gaan, die kleinkassie vir vrydag braais ? Haha ai..

Vet Ed ·

Gemiddelde salaris van R 7 miljoen n jaar.klink ni reg nie

Judge Dredd ·

Die SAUK saai net ANC propaganda uit en die mense wat daar werk is deel van al die leuens – so ek is nie spyt dat hul afgedank word – inteendeel daar is nog baie ander liberale Corrupt News Networks wat ook maar ten gronde kan gaan.

Johan ·

Ek kan maar net hoop dat die groter solidariteit mediagroep bystandsplanne in plek het indien die SAbc regtig begin sukkel. Waarna anders sal ons as Afrikaanse mediagebruikers dan moet kyk en luister?

What a joke! ·

Bwaahahaa haha ha…ai ja nee nog n gewaarborgde gemors deur die Anc en sy trawante…Hoe kan jy dan anders verwag met hul onbevoegdheid…eisch…Maar skep wil hul skep tot die wiele afval….oe genade is daar hoop Joanna…

Stuiwer ·

Ek hoop van harte dat dit die Bestuur en Direksie ook sal insluit.

marous ·

Waat ? Dit is seker verskriklik om so eerbare entiteit , met soveel eerbare bestuurders ,wat elke sent van die belasting betaler soos hul eie opgepas en bestuur het , te sien ondergaan …..sonder enige verklaarbare rede .

ongelukkig ·

terwyl daar nog minderheidsgroep werkers is, sal daar nog afleggings wees

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.