SAUK-personeel geskors oor bewerings van teistering

SAUK-gebou in Kaapstad Foto: Maroela Media

Personeellede van die SAUK wat van seksuele teistering beskuldig word, is geskors ná aanbevelings deur ʼn kommissie wat seksuele teistering by die openbare uitsaaier ondersoek het.

Neo Nomodu, woordvoerder van die SAUK, het Vrydag gesê die persone, wat in die verslag uitgeken is, het kennisgewings van hul skorsing ontvang om hulle die geleentheid te bied om hul kant van die saak te stel.

“Die geskrewe voorleggings is noukeurig hersien en die SAUK het voldoende inligting ontvang om verder ondersoek in te stel. Kennisgewings is aan die vermeende oortreders uitgereik om hul skorsing te bevestig, hangende dissiplinêre prosedures,” het sy in ʼn verklaring gesê.

Die kommissie se verslag het ook bykomende werknemers geïdentifiseer wat dalk nie self oortreders van seksuele teistering is nie, maar aandadig was deur hulp of bystand aan oortreders van seksuele teistering te verleen, insluitend ʼn versuim om op te tree. “Die SAUK is besig om klagtes te formuleer kragtens sy menslikehulpbronnebeleid en wetgewing.”

Die kommissie, onder leiding van Barbara Watson, het sy verslag vroeg in November vrygestel. Die kommissie het bevind dat die bestuur en vakbonde by die SAUK klagtes as gering beskou het. Die departement van menslike hulpbronne by die openbare uitsaaier het ook versuim om die beleid oor seksuele teistering te implementeer. Die kommissarisse het 40 voorleggings ontvang en onderhoude gevoer met 11 vermeende oortreders vir die 10 sake wat aangemeld is. Daar is onderhoude met minstens 25 bestuurders gevoer.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

6 Kommentare

Valeire ·

SAUK is al lankal nie meer ‘n faktor nie. Internet radio 100 maal beter; nuus ook nie so ANC gelaai nie en geen propaganda nie. Watse nut het die SAUK regtig? Niks.

jakes ·

Ek sal my doodskaam om by so n plek te werk. SAUK is vrot van bo tot onder. Tog gaan die radiodienste aan asof niks gebeur het nie. Waar is hierdie mense se selfrespek en etiese gedragskodes?

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.