SAUK-raad ontken bewerings van ‘interne onmin’

Argieffoto

Die raad van die SAUK het gesê hy weier om interne sake of enige beweerde verskille tussen raadslede te bespreek. Dit kom nadat Sunday Times berig het drie van die SAUK se topbestuurslede het gedreig om te bedank weens voortdurende inmengery deur lede van die raad.

Bongumusa Makhatini, voorsitter van die raad, het vroeër vandag ʼn verklaring uitgereik in reaksie op die berig. “Die SAUK-raad het weer eens sy volle steun en respek vir die SAUK se uitvoerende direksie bevestig wat tot dusver ʼn uitstekende werk onder baie moeilike omstandighede doen. Die raad sal nie uitgelok word om interne raadskwessies of beweerde verskille tussen raadslede te bespreek nie,” het Makhatini gesê.

Die voorsitter het gesê dit is algemeen bekend dat die SAUK deur groot probleme in die gesig gestaar word, wat die raad vasbeslote is om op te los. Die raad se omdraaiplan vir die openbare uitsaaier is ook Woensdag in die parlement voorgelê.

“Die SAUK-raad ontken dat daar onenigheid tussen raadslede is oor die nakoming van die voorvereistes wat deur die regering gestel is vir die verskaffing van die R3,2 miljard reddingsboei. Op ʼn vergadering van die SAUK-raad op 30 Augustus vanjaar is daar eenparig saamgestem om aan die minister van finansies en die minister van kommunikasie te skryf, en met respek te verskil van die siening dat die SAUK nie die tesourie se voorwaardes vir befondsing nagekom het nie,” het Makhatini gesê.

“In hierdie brief aan die ministers het die raad sy kommer uitgespreek oor die inhoud van ʼn brief van die twee ministers wat op 27 Augustus ontvang is. Die raad is van mening dat die ministers nie ten volle ingelig is oor die inligting wat tot dusver aan die SAUK verskaf is nie.

“Dit is die raad se mening dat die openbare uitsaaier óf ten volle voldoen of tot ʼn groot mate voldoen het aan elke voorwaarde, soos ook bewys deur die dokumentasie wat oor ʼn tydperk van agt maande verskaf is. In die brief aan die ministers het die raad besonderhede ingesluit van die SAUK se nakoming met elke voorwaarde en gevra vir ʼn dringende gesprek om die saak te bespreek.”

Makhathini sê die raad het die ministers ingelig dat die raad weens die huidige stand van die SAUK se befondsingsversoek met geen ander keuse gelaat is nie as om die vereistes van die Wet op Maatskappye te implementeer. “Die raad het die ministers verseker van sy toewyding om die uitsaaier in die openbare belang te dien.”

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

9 Kommentare

Ig ·

Alles gaan oor miljoene en miljarde?? Hoe gebeur dit dat n organisasie so diep in die dinges kan beland? 480 miljoen loss vir fin jaar??? Moenie worry Gvt sal almal red? Sabc , SAL, Eskom!!!

Pieter ·

Nee broer ons belasting geld dit is hoekom dit so lekker gaan

Boy van die Suburbs ·

Reddingsboei op Reddingsboei op Reddingsboei! Het Ramaphosa nie gesê die geld is op nie?!

Pieter ·

Nee broer hy weet ons pension geld is volgende dan gaan dit weer lekker gaan met die anc

Pieter ·

Nee broer ons belasting geld dit is hoekom dit so lekker gaan

Pottie ·

Cr weet ons pension geld is die volgende wat hy en sy anc trawante gaan vat om te mors op eskom sauk denel s.a.l word wakker mense

Valerie ·

Hoe gouer die armsalige lot hul deure sluit, hoe beter. Hul Afrikaanse stasie is seker een van die swakstes ooit, en ek het dit al gesê dat ek deur ‘n professor afgeraai is om daarna te luister om my Afrikaans te verbeter, en dit was reeds sowat 20 jaar gelede.

JohanR ·

Beteken “interne onmin” dat iemand kort soe R3 biljoen, of nou R3,000,000,000 van die belastingbetalers se geld?

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.