SAUK-raad se voorsitter bedank

SABC-gebou in Kaapstad Foto: Maroela Media

SABC-gebou in Kaapstad Foto: Maroela Media

Prof. Mbulaheni Maguvhe, voorsitter en enigste oorblywende lid van die SAUK-raad, het bedank.

Dr. Bongani Ngqulunga, pres. Jacob Zuma se woordvoerder, het bevestig Zuma het Maguvhe se bedanking ontvang. “Die president het Maguvhe bedank vir sy diens en hom die beste toegewens vir die toekoms.”

Vuyo Mhlakaza en dr. Aaron Tshidzumba het in November bedank terwyl Leah Thabisile Khumalo, die SAUK-raad se adjunkvoorsitter, einde Oktober haar bedanking ingehandig het. Krish Naidoo en Vusi Mavusa het op 5 Oktober in die parlement bedank, waar hulle voor die parlement se portefeuljekomitee oor kommunikasie verskyn het.

Maguvhe het egter geweier om te bedank. Hy het ook ʼn aansoek in die hooggeregshof in Kaapstad ingedien in ʼn poging om ʼn interdik te bekom om die ad hoc-komitee wat saamgestel is om die beleërde openbare uitsaaier te ondersoek, in sy spore te probeer stuit. Die hof het die saak egter van die hand gewys.

Maguvhe het tydens die begin van die komitee se ondersoek uitgestap. Hy het daarna glad nie weer opgedaag nie en derhalwe het die komitee besluit om hom te dagvaar om voor hulle te verskyn.

Maguvhe het tydens sy getuienis volgehou hy glo Hlaudi Motsoeneng doen “uitmuntende werk” by die uitsaaier. LP’s was geskok om te hoor hoe Maguvhe Motsoeneng se aanstelling verdedig, selfs nadat die Wes-Kaapse hooggeregshof vroeër vandeesweek bevind het Motsoeneng mag geen posisie by die uitsaaier beklee nie. LP’s het Maguvhe in ʼn stadium gevra om homself ʼn punt uit tien te gee vir die manier waarop hy die raad bestuur. Hy het homself agt gegee. LP’s was ook glad nie beïndruk met Maguvhe se getuienis en die feit dat hy nie eenvoudige vrae kon beantwoord soos wie die SAUK se aandeelhouers is of wie die openbare uitsaaier finansier nie.

Die ad hoc-komitee sit volgende jaar sy werk voort.

Lees alle vorige berigte oor die SAUK op Maroela Media.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

13 Kommentare

snoefie ·

uiteindelik het hy die lig gesien. of het iemand die raad geskud toe beset die slim prof uiteindelik dis leeg?

Perfect 10 ·

Ek neem aan almal is nou weg? Die kat is weg nou is die muis (wie) baas? Oe ZUMA het hom bedank vir sy diens? Wow . Zuma . .jou sin vir waardes is ook daarmee heen ne? Zuma was heeltyd agter hom en Motsoeneng, dit is hoekom hulle so braaf was .. maar in die hof sit al jou pelle nie altyd daar en help jou uit die moeilikheid uit nie .. 8 uit 10 vir ‘n bankrot organisasie is nie sleg nie.

Lance ·

Uiteindelik kom hy agter die mense om hom is ook weg ….genade wat n vrot spul ….en hoe het hulle daar beland ….dis n joke !

JZ ·

Die vraag hoe hulle daar gekom het.hoe kan nog gevrae word,die self glo groot Zuuma het hulle daar aangestel en as jy na hom luister het hulle baie goeie werk gelewer,n bankrot uitsaaier..

Johann Marx ·

Het julle al die ander lede van die raad gesien? Hy ook nie…

Gerda ·

Ek wil my altyd n papie lag oor zuma se uitlatings sodra van sy mense bedank.

Ouman ·

Is sy naam Prof of is dit sy titel. Ek dog net ‘n person wat amptelik by universiteit in dien is kan die titel gebruik.Hy het ontrent geklou aan sy joppie nes dinges aan ‘n wolkombers. Wonder waar hy nou”redeploy” gaan word. Dit is moes die ANC se manier om die kaders te versorg as hulle uitgevang word.

Anoniem ·

Ag ek hoop my tv lisensiegeld word minder noudat al die fat cats weg is.

koos1 ·

Hy mag blind wees, maar beslis nie doof nie. Hy het gehoor hoe sy minister getuig het, na hom, en net daar het ‘n liggie seker vir hom aan gegaan. Sy politieke meesteres het hom onder ‘n bus in gegooi om haar en haar nr. 1 se bas te probeer red!

John ·

Hoe het die voorsitter ‘n professor geword? Op dieselfde wyse? Die rol van die ag-toggie-tog so ‘saggeaarde’ en ‘onskuldige’ tannie-sekretaris moet ondersoek word. Sy, haar voorsitter en ‘Red Eye’ lyk soos iets uit ‘n 007–fliek met hoofkantoor elders. Die nes moet behoorlik skoongemaak word anders broei nog windeiers uit.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.