SAUK-raad steek Motsoeneng in die pad

Khanyisela Kweyama, tussentydse voorsitter van die SAUK-raad (Foto: ANA)

Die voormalige uitvoerende bedryfsbeampte van die SAUK, Hlaudi Motsoeneng, is Maandag afgedank ná ʼn aanbeveling deur die voorsitter van ʼn dissiplinêre paneel.

Khanyisela Kweyama, tussentydse voorsitter van die SAUK-raad, het gesê Motsoeneng is in kennis gestel van die uitslag van die tugverhoor.

“Die aanbevelings deur die voorsitter van die verhoor, dat hy afgedank moet word, is aanvaar. Hy is skuldig bevind op aanklag van wangedrag en dat hy die voorwaardes van sy kontrak oortree het,” het Kweyama aan verslaggewers by die SAUK se hoofkantoor in Aucklandpark, Johannesburg, gesê.

Motsoeneng se regsverteenwoordiger, Zola Majavu, het vroeër gesê nie hy of sy kliënt het die uitslag van die verhoor ontvang nie. Nuus oor sy afdanking is reeds Maandagoggend deur verskeie mediahuise berig.

Motsoeneng is verhoor oor ʼn ongemagtigde perskonferensie wat hy twee maande gelede gehou het waartydens hy die tussentydse SAUK-raad veroordeel het en homself geloof het vir die goeie werk wat hy by die openbare uitsaaier gedoen het.

Motsoeneng se stryd met die SAUK is twee weke gelede nog ʼn knou toegedien toe sy poging in die arbeidshof om die dissiplinêre stappe teen hom te verhoed, misluk het. Verskeie howe het bevind dat Motsoeneng se aanstelling as uitvoerende bedryfshoof, onwettig was.

Die Wes-Kaapse hooggeregshof het in Desember verlede jaar bevind dat hy nie geskik is om enige amp te beklee nie totdat ʼn dissiplinêre verhoor hom onskuldig bevind aan enige oortreding, of indien ʼn hof die openbare beskermer se verslag tersyde sou stel waarin bevind is dat hy oor sy akademiese kwalifikasies gejok het en sy salaris buitensporig verhoog het.

Kweyama het gesê indien Motsoeneng sou besluit om appèl aan te teken, kan sy appèl nie gebaseer word op sy kontrak nie, aangesien daar bevind is dat hy sy SAUK-kontrak oortree het.

Lees alle vorige berigte oor Hlaudi Motsoeneng op Maroela Media.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

35 Kommentare

Pieta ·

Hlaudi het gelieg en Hof het sy aanstelling onwettig verklaar. Regering kan Hlaudi onverpoos ontneem van all sy bates en kan en moet die SAUK Raad en Bestuur onverpoos dwing om die vele miljoene aan hom betaal oor vele jare onmiddelik van Hlaudi terug te eis met kostes en rente, en volledig in die Staatskas terug betaal.

GR ·

Gerrie jy is te haastig, hou hier kom ‘n nuwe parlementslid…….

Jan ·

Hoeveel jaar het dit nou gevat om tot hier te kom? Wag, laat ek gou op my Afrika horlosie kyk. Skuus die horlosie wys net Afrika ure en minute. Nie probleem nie, ek gaan slaan gou my Afrika kalender na.

TM ·

Kan hy ook asseblief ons belastinggeldjies terugbetaal wat hy so lekker elke maand gevat het?

Ander Annie ·

Go straight to Jail and do not collect R100. Tjoekie tjoekie.

HKGK ·

En so begin ons gebede vrugte afwerp. Ons het gebid dat dinge positief sal verander in ons land by die “It’s Time” byeenkoms. Die duiwel kry wat Hom toekom.

Johann ·

Jip, dan, as ek reg verstaan, het die SAUK ook nou die Gupta ontbyt uitsending gestaak. Dan sal die nou interessant wees om te sien wat maak DSTV met die Guptas se nuuskanaal. (Wonder wat is Zuma se reaksie as hy sien als om hom begin tot ‘n einde kom.)

Jordaan ·

Na R3mil of wat sê jaarlikse salaris gaan hy seker nie honger ly nie

al ·

Goeie nuus vir ñ Maandag – tata oompie, vat jou goed en trek Ferreira!

Snoefels ·

Kalmeer mense, hy gaan nes Molefe more en Maandag weer opdaag vir werk

René Prinsloo ·

En wie gaan nou pa-staan vir die gemors wat hy by die SABC aangejaag het. Maar dit is nog steeds uitstekende nuus en nou moet tannie Faith ook geskors word.

TP ·

Ek glo nie dat hierdie situasie vir ou Hlaudie sal pla nie. Hy het op TV openbaar gemaak dat BAIE mense hom smeek om Staatspresident te word. Die presedent is reeds gestel – sy akademiese kwalifikasies kan dus nie ‘n kwessie word nie. “Nobody messes with Hlaudi” skyn sy kreet te wees!

Johnny ·

Kyk, hy is beteuterd.. maar hy sal ‘n paar gevorderde kursusse moet loop om swakker as Zuma te wees… Lees die pyn in my plasing……

marlene ·

Hy sal wel iewers uitpop in ‘n gesogte ambassadeurs pos oorsee.

popeye ·

Jammer ek klink negatief…eintlik is ek NIE jammer nie! Kom ons verbind gou die kolletjies hier… Kwayema is van waar, aangewys deur wie? As jy my vra, ‘n logiese manier om van die “probleempie” ontslae te raak net om die volgende probleem aan te stel. Ek dink aan SAPD, Valke, SAID, NVG, en so kan ons aangaan. Die verandering tans is dat hulle vinniger uitgevang word, dus is die ommeswaai (turnover) vinniger maar die soustrein stoom voort. Die stasies is net nader aan mekaar tans.

Atticus ·

In die kol. Daar is soveel gulsige opvolgers wat niks verkeerd sien aan plundery nie. Dis ‘n kulturele soustrein.

Arno ·

En so moet die arme belasting betaler maar net weer opdok soos met al die ander ou sakies terwyl die korrupte klomp nog vol salarisse trek……………. ai hoe smag ek na n goverment job

Bill ·

Atul, Ajay en Jacob sal binnekort vir Hlaudi n nuwe pos beding. Hy is nie vir die land verlore nie.

m ·

Daar is altyd plek vir nog n rooi oog nar in die parlement. Hou die spasie dop. Ons gaan nog baie van hom sien…. Kan doen met n lekker lag….

Johan. H. ·

Die sirkus raak voller. Klomp narre wat dink hulle is slim,,Eintlik maak dit my skaam !!

Ashlee ·

Ek lewer kommentaar as n eks Suid-Afrikaner, en tans al 25 jaar n Amerikaanse burger. Die sonde gaan net aan en aan. Ek meen, die boere nasie was nog nooit sonder sonde, maar wat tans aangaan, n yslike grap!! En soms kan n ou huil oor n grap, soos tans. Voel ek jammer vir julle? Nee, ek het dit sien kom, en n uitkoms bewerkstellig. WAAROM NIE JY OOK NIE!!!South-Africa NOT your country anymore, but theirs!!

Magda ·

Kom ons kyk hoelank neem dit vir hom om terug te kom – want hy gaan, want hoe meer klagtes teen jou naam hoe sterker jou saak. NUWE SA – nie korrupte amptenare word so gou soos nou afbetaal, maar korrupte amptenare word beskerm en meer betaal.

Hendrik ·

SABC/Post Office/SAA/… Ons het al lankal ‘n parallele netwerk om hierdie staatsinstansies ingestel en het hulle nie meer nodig nie. Eintlik is Plan B al reeds in werking en die mense moet nou inspring om die parallele plan op te bou. Hou op om julle besig te hou met hierdie instansies se doen en late.

Lee ·

Dis goeie nuus ! Maar word vir hoe lank? Soos ‘n 2de Molefe van Eskom.
Hierdie arrogante-clown op sy eie verhogie moes lankal al geval het.

marous ·

Wonder waar gaan hy nou aangestel word . Ambassadeur of minister of konsultant .

Kobus Hattingh ·

Wonderlik! Kan ons nou asb kwaliteit 90% buitelandse programme op ons radio’s en TV’s sien en hoor asb.Soooooooooooooo dik vir al die plaaslike gemors.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.