SAUK-raad wil Aguma en Motsoeneng se pensioen weerhou

Hlaudi Motsoeneng. Foto: Catherine Rice/ANA

LP’s het Dinsdag gehoor dat regstappe gedoen sal word om seker te maak dat die voormalige uitvoerende lede van die SAUK, Hlaudi Motsoeneng en James Aguma, se pensioenuitbetalings weerhou word.

Khanyisile Kweyama, voorsitter van die tussentydse raad, het aan die parlementêre portefeuljekomitee oor kommunikasie gesê hulle hoop om die hoë koste van beleidsveranderinge soos die 90/10-beleid, wat plaaslike inhoud bó internasionale inhoud op radio en televisie aanbeveel het, te verhaal van die twee voormalige uitvoerende beamptes.

“Die proses het begin om die pensioenuitbetalings te weerhou en reëlings word getref om regstappe te doen indien nodig,” het sy gesê. “Ons wil nie drie of ses maande later uitvind daar is ʼn verpligting nie.”

Die ongeouditeerde koste van die beleid vir plaaslike inhoud word beraam op R183 miljoen vir televisie en R29 miljoen vir radio. “Dit is die verliese in advertensie-inkomste,” het Kweyama verduidelik.

Motsoeneng is in Junie afgedank nadat ʼn dissiplinêre verhoor hom skuldig bevind het aan wangedrag.

Aguma het in Julie bedank voor ʼn dissiplinêre verhoor teen hom kon begin.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

4 Kommentare

Waghond ·

Hlaudi moet die belastingbetaler se geld terugbetaal finish en klaar.

GES ·

Die belastingbetalers se geld is lankal uitgemors. Ek wil waag om te sê dat minder as 5% herwinbaar is.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.