SAUK-raadslede se waarnemende tydperk verleng

SABC-gebou in Kaapstad Foto: Maroela Media

Ayanda Dlodlo, minister van kommunikasie, het Donderdag die aanstellings van drie waarnemende raadslede by die SAUK verleng, insluitend die waarnemende uitvoerende hoof, totdat die vakante poste op ʼn permanente basis gevul is.

Pres. Jacob Zuma het tot dusver nog nie die SAUK se permanente raadslede aangestel nadat die tussentydse raad se ampstermyn reeds aan die einde van September verstryk het nie.

Die parlement het drie weke voor die raadslede se ampstermyn verstryk het, reeds sy aanbevelings aan Zuma deurgestuur vir sy finale besluit oor die aanstellings.

Dlodlo het uitvoerende groepshoof Nomsa Philiso, hoof bedryfsbeampte Bassie Tugwana en hoof finansiële beampte Thabile Dlamini se aanstellings verleng. Die waarnemende aanstellingsperiode vir al drie raadslede sou Donderdagaand om middernag verstryk het.

“Ek hoop dit sal die stabiliteit verhoog en kontinuïteit en ʼn maklike oordrag verseker vir die nuwe raad,” het Dlodlo in ʼn verklaring gesê.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

2 Kommentare

MM ·

en daar gaan sy konkel en korrupsie maar net aan en aan en hy kom niks oor nie – Wanneer gaan zuma aangekla word vir al sy korrupsie aanklagte en kan ons iemand kry wat vir SA is en nie vir hom en familie en vriende nie – Hy het regtig genoeg tyd gehad om SA te vernietig – HY MOET VERWYDER WORD VAN SY POS ASAP.

Alida ·

Dit gaan ook ‘n flop wees. Wys my EEN aanstelling wat deur Zuma gemaak is wat suksesvol was. Ek daag die lesers uit om my te antwoord. Hy het van die paar wat integriteit gehad het en eerlik was baie vinnig ontslae geraak.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.