Obert Maguvhe, voorsitter van die SAUK-raad, het ʼn aansoek in die hooggeregshof in Kaapstad ingedien in ʼn poging om ʼn interdik te bekom om die kommissie van ondersoek in sy spore te stuit. Maguvhe is die enigste raadslid wat weier om te bedank.
Vincent Smith, voorsitter van die komitee, het egter Maandagaand gesê die komitee sal voortgaan met sy vergadering wat vir Dinsdag geskeduleer is. Volgens Smith sal hulle egter die nodige logistiek bespreek en sal daar nie getuies ingeroep word nie. Woensdag en Vrydag se verrigtinge is ook vir eers uitgestel.
Volgens Smith moet hulle nou eers wag vir uitkoms van Maguvhe se hofaansoek en kan die komitee hopelik teen Maandag met sy werksaamhede voortgaan.
Die parlement gaan Maguvhe se hofaansoek wat Vrydag aangehoor sal word, teenstaan.
The Broadcasting Act 4 of 1999 requires there to be 12 non-executive members of the Board plus the CEO, COO and CFO. This requirement is absolute. Also the Act requires 9 Board Members present at Board meeting to achieve a quorum. Further, the quorum requires the Chair of Deputy Chair to be present. So , vir die afgelope paar jaar beteken hulle besluite niks aangesien die raad nog nie die kworum bereik het nie. Hoe kan die enkele oorblywende lid enigsins tyd en geld verder mors?
Jammer, moet lees Chair OR Deputy Chair
Is ‘n raad nog geldig as daar net EEN lid is? Nee. Kan hy actually nog ‘n ondersoekkomitee stuit en kostes aangaan namens die organisasie? Dankie Charmaine, jy het my vraag beantwoord, dink nie hy het enige besluitnemingsregte meer nie .. Wie betaal die interdik? Hoekom mors julle alweer die lisensiebetalers se geld so? Moet ons eers weer ophou betaal voordat julle luister ?
Me hoekom betaal jy nog. Moes lankal ophou betaal het.
Magsbehepte selfwaan. Skraap vir genoeg tyd om ALS te vat wat hy en sy Zumakies kan inpak huistoe!
Koop seker nog steeltyd of hoe
Maguvhe is in alle waarskynlikheid nie eens ‘n Suid_Afrikaner nie maar wil sy gewig hier rond gooi. Hy besef seker dat hy weer so lekker soustrein gaan ry soos hier nie. Suid _Afrika is ‘n geknelde land met ‘n swak kans op herstel.
daar moet n rede wees hoekom ondersoeke na die sabc op alle vlakke teekanting kry. dalk n goeie idee om n ondersoekspan saamgestel uit AL DIE OPPOSISIE PARTYE, op die been te bring vir die ondersoeke en alles en almal van die hoof tot die skoonmaker se besonderhede en veral kwalifikasies met n fynkam na te gaan