SAUK reeds miljoene se skuld vereffen

SAUK (Foto: Karen Sandison/African News Agency/ANA)

Die SAUK is vinnig besig om sy skuld af te betaal sedert die nasionale regering ʼn reddingsboei aan die uitsaaikorporasie verskaf het. Só het Stella Ndabeni-Abrahams, minister van kommunikasie, vandag in die parlement gesê.

Sy het tydens vraetyd in die Nasionale Raad van Provinsies gesê die SAUK het reeds sowat R1,3 miljard van die reddingsboei van R2,2 miljard vir skulddelging gebruik.

Gevolglik is byna al die SAUK se munisipale skuld landwyd reeds betaal en skuld die SAUK net R2 400 aan ʼn munisipaliteit in Noordwes, wat die rekening laat uitgestuur het.

Op ʼn vraag van George Michalakis, DA-LP, het Ndabeni-Abrahams gesê dieselfde geld vir die bedrae wat die SAUK aan kunstenaars skuld. Sy het egter toegegee die SAUK is tans betrokke by ʼn hofsaak waarin die akteur Hans Strydom namens ander akteurs die SAUK takel oor uitstaande skuld.

Michalakis het aan haar uitgewys dat die geld wat die SAUK aan kunstenaars skuld, inkomste is wat kunstenaars nodig het om te oorleef, hul mediese fonds en hul motors mee te betaal, en so meer. Dié bedrag beloop tans sowat R160 miljoen.

“Hoe sou u voel, minister, as u salaris ʼn maand lank weerhou word?” het Michalakis gevra.

Ndabeni-Abrahams het toegegee dat die situasie ernstig aandag moet geniet en onderneem dat dit selfs nog meer geprioritiseer sal word. Sy sê ook dat onderhandelings daaroor voortduur.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

11 Kommentare

wilma ·

iemand sal moet seker maak dat geld wel betaal is en nie in n kader se rek

Willehond ·

Ja…betaal eers die tjommies en dan die ander AS daar iets oorbly!!!

Dries Bý ·

Waar kom die meevallertjie nou vandaan ,eers so te se in sy glorie nou tel hy kop op ,joh ???

Mieke ·

As ek ook’n meevallertje van daai aard v d regering kry Sal ek ook skielik beter doen as nou ????????????

Gemaskerde Sopbeen ·

Waar kom die meevallertjie vandaan vra jy? UIT JOU EN MY SAK UIT!! Dis hoe die nuwe SA werk….Mense wat so rebelleer TEEN TV lisensies en dit nie betaal nie? Raai wat? Jy HET nou jou TV lisensie betaal….met jou belastinggeld wat nou na die SABC gekanaliseer is. Weier jy ook om e-tol te betaal? Jou belastinggeld gaan daarvoor ook. Het jou munisipaliteit vergeet om jou munisipale rekening geld te gebruik om Eskom te betaal? Wel, jy het die munisipaliteit betaal……..EN die regering, en jou belastinggeld word nou gebruik om Eskom te betaal. So jy sien?…..jy DINK jy betaal nie, maar jy betaal….want NIKS is verniet nie.

Joubert ·

Sopbeen, ek voel jou frustrasie, en stem 100% saam. Die regering is besig met ‘n finansiële oorlog teen die oorblewende blankes in hierdie land. Hulle gebruik ons geld om ons met ‘n stadige proses te verdelg, en almal is bly die Springbokke het die wêreldbeker gewen.

HPV ·

Tot die volgende grootoog bakhand staan vir nog ‘n reddingboei want glo dit of nie, die geld het soos mis voor die son verdwyn. Viva ANC.

humor ·

Og wat n prestasie. EKdog hulle het flink gewoeker en fonse gegenereer nou hoor ek hul het maar net die meevallertjie gebruik en alles is nog nie klaar nie,

Adam ·

Hoe op aarde kan jy trots wees op ‘n “rob Peter to pay Paul’ strategie?

Gert van Wierdapark ·

Blikskottel maar die SAUK is oulik om hul skuld met pasella geld te betaal! Mens sou verwag dat hy al sy skuld sal betaal uit die “meevallertjie” en nie net n deel daarvan nie. Die res Gaan seker vir sala-rissies!!

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.