‘SAUK sal besluit hoe hy hofuitspraak gaan hanteer’

Hlaudi Motsoeneng. Foto: news.iafrica.com

Hlaudi Motsoeneng. Foto: news.iafrica.com

Die departement van kommunikasie het Maandag gesê hy neem kennis van die appèlhof se uitspraak waarin die SAUK se aansoek om verlof tot appèl rakende Hlaudi Motsoeneng se aanstelling van die hand gewys is.

“Die departement sal die uitspraak bestudeer en is vol vertroue dat die raad van die SAUK ʼn ingeligte besluit sal neem oor hoe hy beplan om hierdie uitspraak te hanteer,” lui die verklaring onder meer.

Die SAUK se aansoek om teen ʼn uitspraak van regter Dennis Davies wat verlede jaar in die Wes-Kaapse hooggeregshof gelewer is, te appelleer, is Maandag deur die appèlhof met koste van die hand gewys. Davies het verlede jaar bevind dit was irrasioneel van Faith Muthambi, minister van kommunikasie, om Motsoeneng permanent as bedryfshoof van die SAUK aan te stel, gegewe die negatiewe bevindings in ʼn ondersoek deur Thuli Madonsela, die openbare beskermer.

Volgens Davies kon Muthambi nie ʼn rasionele besluit neem nie, aangesien die inligting voor haar “vaag en onduidelik” was. Madonsela het aanbeveel dat ʼn dissiplinêre proses teen Motsoeneng begin word nadat hy oor sy kwalifikasies gelieg en onregmatig sy salaris verhoog het.

Die DA se James Selfe het na aanleiding van die uitspraak geëis dat Motsoeneng onmiddellik die SAUK verlaat.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

22 Kommentare

Theresa B ·

Genade, hoe arrogant kan hulle net nie wees nie??!! Verhewe bo die Hof.

Hasie ·

Hierdie ou se vel is baie dik met zumpie agter hom. Zuma se korrup netwerk is so groot en goed uitgewerk dat die SAUK voor hulle kan swig.

Plaasmeisie ·

Sien hom weer wegkom met truuk.Goeie genade wat moet mens aanvang voor jy verstoot word deur broers en susters, omtrent meer lewens as kat.

Annette ·

Hoogmoed kom voor ‘n val. Het hy nie aan die SAUK personeel gesê “it’s cold out there” nie? Hy was so vol bravade en het ander gedreig om afgedank te word….en nou sit hy self in so ‘n posisie. Eish!

Klong ·

Hier is nou n geleentheid vir ou gloudie . Hy moet nou aansluit by die Fees must fall , miskien kan die ou n sertifikaat kry in iets

Theuns ·

Ja, tot die musiek fees om Motsoneng te vereer was een groot flop! Hy het seker geweet een of ander tyd gaan sy nommer opkom en vir laasgenoemde rede het hy homself sulke massiewe verhogings gegee sodat die berekening van sy ‘goue handruk’ uitsonderlik kan wees! Hou die een dop!

Jean ·

Julle kan nie BESLUIT hoe om dit te hanteer nie, julle moet ‘n hofbevel GEHOORSAAM, so eenvoudig soos dit. Pak jou tassies.

Foxi ·

Daardie oë vertel die hele storie…..agter die storie. Ai tog!

lynette ·

Ek raak so gatvol vir die regering instansies wat hulle afvee van wat die howe se!!!! Tyd dat hulle in die bekke geruk word.

Henk ·

wat van al die geld wat hy weens sy bedrog gesteel het? waarom is daar nog geen strafregtelike klagtes teen hom hieroor ingedien nie?

Boetman ·

Okay, nou sal almal wat hof uitsprake teen hul het, self besluit hoe om die uitspraak te hanteer. Nice …

pieter ·

SPARKS VRA VERSKONING OMREDE HY VERWOERD SLIM GENOEM HET.VERWOERD SOU LANKAL VAN DIE SLINKSE HLAUDI ONTSLAE GERAAK HET.

Theresa B ·

Ek hou van jou kommentaar Lynette. Dit geld vir hulle almal want hulle dink hulle is untouchable……………..

marianna ·

skakel af julle TV’S en stop om die lisensiegeld te betaal, ek kyk al jare nie TV nie
en ek weet wat gaan aan in die wereld. Nog nie 1 dag spyt dat ek dit gedoen het nie

humor ·

Agter sy aanstelling sit z se spesifike doel. Daarom so taai om hom daar uit te kry. Baie verwaand. Gehoorsaam die hofbevel en gaan. Die gesgde van n vel wat so dik is as die van renoster kan gerus verander word.

Lance ·

Sauk moet wat besluit …hof het mos klaar gese .. .hy moet loop !

Anti-Haas ·

Ai, dat ou Jan so uit sy graf moeilikheid maak vir die geleerde man…..
Daai oe van hom sê baie van sy handelinge…….

Magda ·

Sou hierdie ou skulig bevind word en ontslaan word, mag sy onregmatige, astronomiese verhogings wat hyself aan hom gegee het terugbetaalbaar wees?

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.