SAUK se Afrikaanse nuus skuif oor sokker

Argieffoto

Argieffoto

Die SAUK het bevestig dat hy talle van sy televisieprogramme, waaronder die Afrikaanse nuusbulletin op SABC2, moes skuif weens die Afrikabeker-sokkertoernooi (Afcon).

Talle kykers het Woensdagaand om 19:00 voor die kassie ingeskuif om die Afrikaanse nuusbulletin op SABC2 te kyk, maar van die nuus was daar egter geen teken nie.

Kaizer Kgyanyago, woordvoerder van die SAUK, het aan Maroela Media gesê Woensdagaand se Afrikaanse nuusbulletin is na 18:00 geskuif weens Afcon.

Volgens hom word Afcon op SABC1 en SABC3 uitgesaai, maar een van die groepwedstryde moes Woensdag op SABC2 uitgesaai word weens ʼn krieketwedstryd wat op SABC3 uitgesaai is. Suid-Afrika en die Wes-Indiese Eilande het mekaar in die vyfde en laaste eendagstryd in die krieketreeks gepak.

Kganyago het gesê dit was slegs die een keer nodig om die Afrikaanse nuusbulletin na ʼn ander tydgleuf te skuif.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

4 Kommentare

zahn ·

Niemand vooraf in kennis gestel nie. Wel, slegte nuus vir julle, julle sal nooit daai barbaarse simpel sport in my keel kan afdruk nie. Daai gedansery as hulle ‘n doel aanteken, is net te veel. Simpel, eintlik. Neem kennis, Juan de jongh.

Jammies! ·

Jip! Hulle kan maar vergeet van my geldjie ook! Kon darem net waarsku dan kon ek dit 18:00 kyk, eintelik net moord en doodslag, stel meer in die weer belang. Sal maar weer op sel kyk!

ladybug ·

En hoe baat ons hierby?
Verpeslike gemors op hierdie kanale en dan moet mens betaal daarvoor?

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.