SAUK se Ellen Tshabalala bedank

Zandile (Ellen) Tshabalala, voorsitter van die SAUK-raad Foto: SAUK

Zandile (Ellen) Tshabalala, voorsitter van die SAUK-raad Foto: SAUK

Ellen Tshabalala, voorsitter van die SAUK-raad, het met onmiddellike effek bedank, het die presidensie Woensdag gesê.

“Pres. Jacob Zuma het haar bedanking as raadslid en voorsitter ontvang en aanvaar,” het Mac Maharaj, woordvoerder vir die presidensie, gesê. “Die president bedank me. Tshabalala vir haar bydrae tot die openbare uitsaaier en wens haar alles van die beste toe.”

Tshabalala het onder skoot gekom toe sy nie bewyse kon lewer van haar kwalifikasies nie. Die parlementêre portefeuljekomitee oor kommunikasie het op 3 Desember versoek dat sy uit haar amp verwyder moet word. Die DA het die volgende dag ʼn klag van meineed teen haar ingedien. Tshabalala was oneerlik in ʼn beëdigde verklaring oor haar kwalifikasies.

Lees alle vorige berigte oor Ellen Tshabalala op Maroela Media.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

12 Kommentare

Joe64 ·

Alle sterkte, kan seker nie wag vir die staatsdiens tenders om in te rol nie.

monika ·

goed gese Joe dankie vir die DA om al die probleempies op te los. Dit sal hulle op hulle tone hou

Francois ·

Botox? Nee, man daai foto is ge Photo Shop!

En oor die bedanking – so erken sy dat sy gelieg het en hoop die klag van meineed teen haar word nou teruggetrek.

Marlene Oosthuizen ·

Ek wonder hoeveel hulle haar betaal het om te bedank. Seker ‘n stewige goue handdruk gekry soos die een by Eskom.

lillian ·

En nou? Waar gaan Zuma haar nou weer inprop om verder te lieg en bedrieg en steel?

Hopelik vervolg die instansies waar sy kwansuis grade / diplomas verkry het, wie se naam sy misbruik het!

adrian ·

Dis duidelik dat Zoooms nie sy pote wil vuilmaak om haar te laat gaan nie, dit sal mos vir die ander kaders sleg wees sou hy haar uit die pos te verwyder dus is sy mooitjies eenkant geroep en in die oor gefluister om vir Zoooms nie te laat sleg lyk nie en om liewer te bedank ,, moenie worry nie daar is ‘n baie lekkerder jobbie met groot geld vir jou, ons sal na jou omsien,, Toe is sy baie gelukkig uit haar huidige werk en Zoooms is dood veilig en tevrede

Henry ·

Sy gaan waarskynlik as die nuwe kanselier van UNISA aangestel word om dadelik ‘n paar leemtes in die universiteit se rekordafdeling uit te sort.
Is mos daardie gedeelte van UNISA wat alle bewyse van haar voortreflike akademiese prestasies wat sy met lof behaal het, verloor en/of foutiewelik geliasseer het. Nalatigheid wat haar afdanking as Essybiesie se gesalfde gekos het en onmiddelike regstellende aksie vereis…

Willie Kok ·

Hou fyn dop: Binnekort pop sy weer uit in ‘n ander hoë pos!
Dis eenvoudig hoe dit werk.
Oud polisiekommisaris is nou ‘n minister!

Koos Venter ·

Dit behoort glad nie einde van die verhaal te wees nie! Ellen Tshabalala het na bewering ‘n valse voorstelling gemaak betreffende haar kwalifikasies en is as gevolg van hierdie wanvoorstelling in ‘n baie hoë pos aangestel. Sy behoort nou in ‘n kriminele saak vervolg te word waar die staat haar skuld moet probeer bewys. Daar is beslis in hierdie stadium ‘n groot kans om ‘n skuldigbevinding te kan bewerkstellig. Sou sy wel skuldig bevind word, moet sy ‘n gepaste vonnis kry en moet sy ook die geld wat sy ontvang het aan die staat terugbetaal. Vincent Mdunge van die SAPD het ‘n soortgelyke oortreding begaan en sy saak is tans in proses. Hy staar tronkstraf in die gesig en sal ook die geld moet terugbetaal.

Zuma moes haar in pleks van waardering van haar diens, eerder sy teleurstelling in haar uigespreek het. Die boodskap wat hier van Zuma afkom, is eerder een van die waardering vir bedrog as van die uitroei daarvan.

Na die Dewani-debakel het die openbare vervolger nou hier die geleentheid om te wys dat hulle ernstig is om misdade soos hierdie uit te roei. Sy moet vervolg word!

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.