SAUK se Ellen van meineed aangekla

Zandile (Ellen) Tshabalala, voorsitter van die SAUK-raad Foto: SAUK

Zandile (Ellen) Tshabalala, voorsitter van die SAUK-raad Foto: SAUK

Die DA het Donderdag ʼn klag van meineed teen Ellen Tshabalala, voorsitter van die SAUK-raad, aanhangig gemaak.

“Dit kom nadat die parlementêre portefeuljekomitee gister [Woensdag] bevind het dat Tshabalala in ʼn beëdigde verklaring oneerlik was oor haar kwalifikasies,” het Gavin Davids, DA-LP, in ʼn verklaring gesê.

Die beëdigde verklaring is by die parlement ingedien as deel van Tshabalala se aansoek vir ʼn posisie op die SAUK-raad. Die verklaring is op 23 Julie verlede jaar by die Sandton-polisiestasie beëdig. In die verklaring voer Tshabalala aan dat daar by haar huis ingebreek is en dat al haar akademiese rekords gesteel is en dat sy om die rede dit nie saam met haar aansoek kon verskaf nie.

Die komitee het egter Woensdag gehoor dat die akademiese rekords waarna Tshabalala in die verklaring verwys, nie bestaan nie. “Tshabalala het dus gejok toe sy in die beëdigde verklaring aangevoer het dat dit gesteel is.”

Davids het gesê die DA vertrou dat die Suid-Afrikaanse Polisiediens die saak sal hanteer met die erns wat dit geregverdig. “Dit sal die boodskap uitstuur dat kwalifikasiebedrog nie by die SAUK of enige plek ander geduld sal word nie,” het Davids gesê.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

7 Kommentare

Francois ·

As dit die geval is, dink ek is dit net regverdig dat sy ook haar HELE salaris en alle voordele, en uitgawes aangegaan vanaf sy aangestel is tot nou toe, ook terugbetaal!

Wat 'n grap ·

Kom nou Francois, ons weet almal sy sal net eenvouding na ‘n ander posisie verplaas word waar al hierdie voordele eenvouding sal verdubbel!

Wat 'n grap ·

Andries, ek stem volkome saam, ditto. Maar ek twyfel baie sterk of sy die leer van onder af geklim het. Die ANC het haar heel moontlik (met ‘n hyskraan, tsk tsk) tot die hoogste sport gelig…

anet ·

Andries, om onder te begin om bo uit te kom, is nie in die ANC se woordeskat nie. Hulle almal wil gesalfdes wees, met ‘n lekker vet salaris, baie voordele insluitend ‘n blink motor. Almal blink vet van niksdoen, leef in weelde, lieg oor hulle kwalifikasies ens. Nog ‘n rede hoekom ons mooie land verval. Daar is nie meer mense met ondervind en kwalifikasies in ons land om ware leiers te wees in die huidige regering van Suid-Afrika nie.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.