SAUK se geldelike hulp op pad

Minister Stella Ndabeni-Abrahams. Foto: Siyabulela Duda/GCIS

Stella Ndabeni-Abrahams, minister van kommunikasie, het Woensdag aangekondig dat die SAUK binne die volgende tien dae finansiële bystand gaan ontvang.

Ndabeni-Abrahams het tydens haar departement se begrotingstoespraak in die parlement gesê ʼn gedeelte van die geoormerkte finansiële bystand sal binne die volgende tien dae beskikbaar gemaak word, met die oorblywende balans wat in die volgende 45 dae betaal sal word.

Die finansiële bystand sal egter op voorwaarde wees dat die openbare uitsaaier voldoen aan vasgestelde voorwaardes en vereistes met betrekking tot sy omkeerplan.

Die proses sal oorsien word met die hulp van die minister van finansies, Tito Mboweni, het sy bygevoeg, sonder om verdere besonderhede oor die finansiële bystand te gee.

Die SAUK het vroeër die week gesê sy finansiële situasie vererger te midde van berigte dat Mboweni glo sy aansoek vir ʼn regeringswaarborg van R3,2 miljard geweier het.

Die openbare uitsaaier wag al sedert Maart vir ʼn reddingsboei van die regering met sy likiditeitskrisis wat vererger. Die SAUK het skuld van R1,8 miljard.

Die Nasionale Tesourie het na berig word glo meer as tien voorwaardes gestel vir verdere finansiële hulp, insluitend ʼn verduideliking oor hoekom vorige kontantinspuitings nie die krisis opgelos het nie.

Ndabeni-Abrahams stamp glo koppe met die nuwe SAUK-raad en het ook deurgeloop onder opposisie LP’s in die parlement.

Phumzille van Damme, die DA se woordvoerder oor kommunikasie, het Ndabeni-Abrahams daarvan beskuldig dat sy die tradisie van die regerende party om by die sake van die openbare uitsaaier in te meng voortsit en dat sy nie die nuwe raad respekteer nie.

“Haar benadering spreek daarvan dat sy haarself as bokant die wet verhewe beskou,” het sy gesê, met verwysing na die Uitsaaiwet wat die redaksionele onafhanklikheid van die SAUK waarborg.

Van Damme het bygevoeg dat die nuwe raad die eerste is om op ʼn nie-partydige wyse op te tree, wat bewys is deur die billike dekking van alle politieke partye in die Mei-verkiesing.

“Is dit hoekom die minister ontsteld is? Omdat die SAUK nie meer onder die minister se beheer is nie?”

EFF-LP Fana Mokoena het gesê dit is kommerwekkend dat daar steeds stories gehoor word oor die politisering van die SAUK.

“Die probleem is nie die omkeerstrategie nie, dit is mense, dit is implementering en dit is beleid. Jy ruk die SAUK reg deur dit te depolitiseer,” het Mokoena gesê.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

14 Kommentare

Gert van Wierdapark ·

Die Mini-ster van kommuni-kasie het weer toegang gekry tot die geldkraantjie!! Die belangrikste voorwaarde is seker dat die SAUK en Radio Sonder Geld net nie weer DIE MAAND al kom bak-hand staan of sit vir nog nie!! “No Problem” vir die Kakistokrasie want ons laat net nog geldjies druk vir die wat sakke het! Lekker my China.

Sannie ·

Dan reken rassis van damme dat die Sauk mense sonder toegang moet toegang gee tot kommunikasie en inligting. Natuurlik kosteloos. Of dalk gaan van damme in n tou indruk om dit uit die huidiglik benadeeldes se beursies te kry.

Joe ·

Van Damme moet stil bly, wie wil haar ernstig op vat na haar gemors wat sy gemaak het

Hansie ·

Plaas gee hul net dieselfde ou tjek oor en oor, soos wat hulle met die tv programme doen

ls ·

Vraag is, hoe het die SAUK by daardie skuld uitgekom, almal ken die antwoorde. Waar is daardie geld heen, was daar n behoorlike forensiese oudit gedoen, in watter tronk is die wat onregmatige voordeel getrek het, wat het intussen verander wat die kamstige omkeer gaan laat plaasvind? Is daar enige kundige mense aangestel wat hierdie dilema kan beredder. Nee wat, oor so 2 jaar is daardie skuld dubbel wat dit nou is.

Nico ·

Hoekom sluit hulle nie maar die SABC nie want hu bird ons omtrent niks meer nie.

Marius ·

Sy “smile” darem maar lekker breed terwyl sy vertel hoe die belastingbetaler se geld verder gemors gaan word. Ek het soveel genoegdoening laas by Jacob Zuma waargeneem.

John ·

Resepteboeke en cd’s is baie goedkoper en meer opwindend as die sabc. Indien diens en opvoeding deur rsg beoog word, skiet dit ver tekort. Begrafnisse is by die sabc aan die wanorde van die dag en angsaanvalle of rook oorval al die aanbieders sodra enige instrument buiten ‘n vals ghitaar dril. Die nuwe minister lyk en doen presies soos die sabc: extra-terrestrial-over-the-top-ding-dong-bang-bang. Sy is deur CR gekies vir die job… Why?

Joe Olivier ·

En wat as daar nie aan die vasgestelde bepalings en voorwaardes voldoen word nie!! Gaan hulle die geld terugbetaal? Of miskien op die hand getik word? Of dalk met n beter pos beloon word? Die anc en sy kaders is so pateties en onbevoeg.

Verbruiker ·

Moenie my stenig nie, ek wonder maar net. Moet mens dit nie eerder ‘n omdraaiplan noem nie? Omkeer klink so asof jy ‘n kar op sy dak gooi. Ek werk ook by ‘n baie bekende wapen vervaardiger en die bestuur is al 3jaar besig om die besigheid “om te keer”. Die realiteit is, is dat die toestand maandliks vererger!

Johanna Botha ·

Mense hardloop reeds uit die gebou agv diesel dampe wat deur die gebou trek en rookdample uit die kombuis ….sloop en verkoop ! !

ne ·

Omkeerplan? Wat van ‘n nuwe benaming “bak-hand-plan”
SA is in die gemors met onbevoegde werkers in belangrike poste.

JMC ·

Hier’s ‘n plan. STEL WEER INSPEKTEURS AAN WAT DEUR TOT DEUR GAAN VIR TV LISENSIES. Oral waar mens ry, selfs verby plakkerskampe, wemel dit van sattelietskottels. Die formule is eenvoudig: Een skottel = (ten minste) een televisie = (ten minste) een TV lisensie. Hier is nog ‘n stukkie trivia. Skuld word na drie jaar afgeskryf as bewys kan word die skuldeiser het geen poging aangewend om dit in te vorder nie, behalwe munisipale skuld, huisverbande, skuld aan die ontvanger en TV LISENSIES, wat alles ‘n rakleeftyd van 30 jaar het. So hulle het die tyd, kry net die mannekrag. O wag, jy kan mos nou nie so iets van die nuttelose meerderheid verwag wat jou ingestem het nie, of hoe?

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.