“Mense kry twee tipes mense in die wêreld. Jy het gesertifiseerde mense en geleerde mense. Jy kan baie grade hê maar jy het ook ʼn brein nodig,” het Motsoeneng aan die koerant gesê. Dit volg nadat Motsoeneng glo Maandag tydens die aankondiging van die matriekuitslae gesê het: “Want as jy papier het, maar jy het nie ʼn brein nie, kan jy vergeet [sic].”
Volgens Motsoeneng het hy probeer verduidelik dat ʼn kwalifikasie nie genoeg is nie. “Jy kan al die kwalifikasies hê, maar as jy byvoorbeeld nie die mas kan opkom in die ateljee nie, hoe kan jy werk? Ek het myself gekwalifiseer. Mense kan skryf en dink wat hulle wil. Ek weet nie wat is die relevansie van matriek as ek ʼn moderne senior sertifikaat het, wat hoër is as ʼn matrieksertifikaat nie.”
Thuli Madonsela, Openbare Beskermer, het verlede jaar bevind dat Motsoeneng oneerlik was oor sy matriekkwalifikasie. Hy was destyds waarnemende bedryfshoof en is in Julie permanent aangestel.
O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.
13 Kommentare
Eina !!Hoe gorrel hy nou!
Sjoe watter geniale opmerking!!!
Wat is boehaai oor die matrieks in elk geval? Ek verstaan dit nie. Miskien het ek (met 3 grade agter my naam) nie ‘n brein nie………………….
Miskien nie……
Ek sou dink dat sonder ‘n brein gaan dit moeilik wees om in die eerste plek ‘n matrieksertifikaat te kry.