SAUK sê hy gaan DA-advertensie uitsaai

'n Skermskoot uit die video

‘n Skermskoot uit die video

Die SAUK sê hy sal die DA se tweede “Ayifisani”-advertensie uitsaai sodra daar ʼn tydgleuf beskikbaar is.

“Ons het ʼn besluit geneem om dit uit te saai en ons sal dit later uitsaai,” het Kaizer Kganyago, woordvoerder van die SAUK, gesê. Hy sê die DA het Donderdag die advertensie by die SAUK ingedien en dat die openbare uitsaaier volgens sy advertensieregulasies vyf werksdae het om te besluit of hy die advertensie sal uitsaai. “Die vyf werksdae reël verval Vrydag. Ons kan die advertensie teen Vrydag of na Vrydag begin uitsaai. Indien daar nou ʼn tydgleuf beskikbaar is sal ons dit uitsaai.”

Die DA het vroeër vandag tydens ʼn perskonferensie gesê die SAUK weier om sy advertensie uit te saai. Dit kom nadat die SAUK aanvanklik geweier het om die DA se eerste “Ayifisani”-advertensie uit te saai.

Kganyago het Maandag gesê volgens regulasies moet ʼn advertensie 72 uur voor dit uitgesaai kan word, ingedien word. Die DA het verwag dat die advertensie van Dinsdag af sou uitgesaai word. Kganyago sê egter nou dat hy gedink het die advertensie was deel van ʼn verkiesingsuitsending. “Ek het intussen uitgevind dat dit ʼn betaalde advertensie is.”

Kganyago sê daar is twee tipes advertensies wat deur politieke partye ingedien kan word. Hy sê die advertensies wat deel is van die verkiesingsuitsending is gratis in ooreenstemming met regulasies van die onafhanklike kommunikasie-owerheid (Okosa). Die SAUK het 72 uur om te besluit of die advertensie uitgesaai gaan word waarna dit in ʼn beskikbare tydgleuf uitgesaai word. Kganyago sê advertensies waarvoor daar betaal word, word deur ʼn agentskap hanteer en word in verskillende tydsgleuwe, met verskillende kostes, uitgesaai.

Klik hier om die eerste Ayisafani-advertensie te sien.

* “ANC Aysiafani” beteken dat die ANC is nie meer is wat hy vroeër was nie.

Lees ook:
Dié DA-advertensie ook verbied

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.