SAUK sê jammer oor Zuma-twiet

sabc-twietDie SAUK het om verskoning gevra nadat ʼn twiet met ʼn vloekwoord van een van die openbare uitsaaier se Twitter-profiele uitgestuur is.

Die twiet is van die profiel @SABCNewsOnline getwiet. Die twiet het bestaan uit ʼn skakel na ʼn berig oor die nuwe R4 miljard-straler wat glo vir pres. Jacob Zuma aangekoop gaan word. Daar is egter ook die volgende sin bygesit met verwysing na die berig: “What the f**k!!!”

Die twiet is egter later verwyder waarna die SAUK getwiet het: “SABC News wil graag om verskoning vra vir die twiet vroeër wat ʼn vloekwoord bevat het. Dit is gedoen deur iemand wat nie toestemming gehad het om op ons rekening te wees nie.”

Daar is egter skermskote van die twiet met die vloekwoord gemaak voordat dit verwyder is en die skermskote het soos ʼn veldbrand op sosiale media versprei. Talle gebruikers het onder meer in reaksie op die twiet gesê die SAUK weerspieël vir die eerste keer die nuus objektief en sê slegs wat almal dink.

sabc-verskoning

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

10 Kommentare

Rudi ·

Mens kan maar net lag, huil en vloek want die massas bly stem vir hul koning Zuma.

Marie Salzwedel ·

Ek dink daardie drie woorde is die hele Suid Afrika se reaksie!!!!

Muller ·

Verstaan nie die bohaai hieroor nie. Dit se eintlik net baie mooi wat ons almal dink en voel. So welgedaan wie dit ook al geskryf het

Martin ·

Dit is nie al wat ek gesê het toe ek daai Vliegtuig sien en hoor wat hy kos nie. Die ou wat daai twiet gestuur het kan nie vloek nie!!!!!!!!

Ben ☺☺☺ ·

dit maak my baie vloekkend bly, hoop nie die ou kom in die vloekken moeilikheid nie…

shane minne ·

wow dan maak hulle nog foute in hulle verskoning :”the was done…” nice!

Elinette ·

30% slaagsyfer openbare betrekkinge of beeldpoetser-persoon???

J.Z ·

Die nuwe SA, As Hulle droogmaak, kom die verskooing ,dit is iemand anders nie ons nie.of verkeert aangehaal, ja ons moet nie van Apartheid vergeet nie.He he.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.