SAUK se koor kos R3 miljoen

sabc-koorDie SAUK het verlede jaar R3 miljoen bestee op sy eie koor wat uit 40 lede bestaan.

Dít het aan die lig gekom in ʼn geskrewe antwoord van Faith Muthambi, minister van kommunikasie. Die koor, wat in 1997 gestig is, bestaan uit 25 van die openbare uitsaaier se personeellede en 15 vryskutwerkers wat R10 000 per maand verdien, volgens die minister. Die koor tree by gedenkdienste en ander SAUK-funksies op.

Muthambi het geantwoord op vrae wat deur die DA ingedien is. Die DA het geëis dat die koor onmiddellik ontbind moet word om koste te bespaar.

“Dit is ʼn feit dat die SAUK nie onnodige uitspattighede, soos sy eie koor, kan bekostig nie,” het Gavin Davis, DA-LP, gesê. Davis het verwys na interne maatskappydokumente wat wys dat die SAUK vanjaar ‘n finansiële verlies van R500 miljoen moet hanteer.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

6 Kommentare

Pieter dP ·

As dit hul vergoeding is wat is die res van die uit gawes soos reis, kleure,uitspatige vervèrsings en dan nog die luukse verblyf.

Francois ·

En hoeveel het hulle al vir die SAUK ingebring…net mooi niks! dis net NOG ‘n Afroka koor dis al, niks om oor opgewonde te raak nie. PLaas hulle ons Simfonie orkes weer tot stand bring.

Willem ·

en die SABC verwag van ons om TV lisensies te betaal. Sodat dit vermors kan word ?

J.Z ·

Een of ander tyd gaan SA se geld op raak,het een ANC al beplan wat hulle dan gaan doen,.nee!!!,want hulle is net verbruikers.

Berhalet Beukes ·

Ag asseblief, waarvoor hou hulle ‘n koor aan? Korrupte klomp slangsleepsels!

CHRISTA ·

Kyk hoe lekker rond en gesond is hulle op die foto (nes ons ANC ministers)!!!

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.