SAUK sê oor afgedankte werknemers

SAUK-gebou in Kaapstad Foto: Maroela Media

Die SAUK het Dinsdag gesê die uitsaaier wil “net die ware feite weergee oor die kwessie van die werknemers wat afgedank is”.

Die SAUK het in ʼn kort verklaring gesê die 26 werknemers is die dag ná Werkersdag afgedank. Dié personeel was glo werksaam by die lisensiegeld-invorderingsdepartement by die SAUK.

Volgens mediaberigte die afgelope naweek is die lisensieafdeling van die uitsaaier met hopeloos te min personeel gelaat ná die werknemers glo afgedank is nadat hulle deelgeneem het aan ʼn staking wat volgens hulle wettig was.

“Die SAUK wil dit graag op skrif stel dat die werknemers na wie daar verwys word hulle wangedra het deur ʼn onbeskermde staking uit te voer,” het Mmoni Seapolelo, die waarnemende woordvoerder vir die SAUK, gesê.

Seapolelo het gesê die bestuur van die SAUK het verskeie kere probeer om die werkers te ontmoedig om met die optrede voort te gaan, maar hulle het net aangehou.

“Hulle is gevolglik aan ʼn interne dissiplinêre proses onderwerp wat strook met die vereistes van prosedurereëls en regverdigheid.”

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

6 Kommentare

D P J ·

Die betogers kan mos doen wat hulle wil en reken hul is bo die wet verhewe.
Nou hrt hulle hul gaai gesien en is nou werkloos.

marous ·

Kan iemand asb kyk hoeveel wat by die bankrot instelling werk betaal TV lisensies?

zoom zoom ·

Die SAUK moes al lankal verkoop gewees het en as ‘n privaat uitsaaier bestuur word. Net nog ‘n staatsinstelling wat teer op belasting betalers se geld.

paul ·

Hoop die weeklikse dreig-s.m.se om t.v. lisensie te betaal stop nou.

PJ ·

Moet TV lisensie betaal en wat kry mens vir die betaling. Net mooi niks, kyk nie eers TV meer nie. Daar is niks om te kyk nie!

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.