SAUK sê oor radiostasies

(Foto: Karen Sandison/ANA)

Die SAUK ontken bewerings dat sy radiostasies hul deure gaan sluit in die lig van afleggings by die openbare uitsaaier.

Mmoni Seapolelo, woordvoerder van die SAUK, sê die openbare uitsaaier is deeglik bewus daarvan dat miljoene Suid-Afrikaners op die SAUK se radiostasies staatmaak as die mees toeganklike inligtingskanaal.

“Die openbare uitsaaier neem sy mandaat om inligting, opvoeding en vermaak in alle amptelike tale te verskaf baie ernstig op, en sal voortgaan om dit uit te voer deur middel van sy radio-, televisie- en digitale platforms,” het Seapolelo verseker.

Seapolelo sê verder die SAUK het groeistrategieë ingestel wat daarop gemik is om te verseker dat sy radiostasies die voorste bron van inligting, opvoeding en vermaak bly.

“Die SAUK-bestuur wil verskoning vra vir die verkeerde kommunikasie rakende hierdie aangeleentheid en versoek lede van die publiek om slegs amptelike kommunikasie van die SAUK te vertrou. Die bestuur wil ook van die geleentheid gebruik maak om SAUK-werknemers te bedank wat die platforms regdeur hierdie proses in werking gehou het.”

Magdaleen Krüger, stasiebestuurder van RSG, het vroeër vandeesweek bevestig dat dié radiostasie nie sy deur gaan sluit nie, maar eerder gaan uitbrei.

Dít nadat gemoedere hoog geloop het oor die nuus dat die vyf heeltydse omroepers, Johan Rademan, Martelize Brink, Haidee Muller, Jacqui January en Fritz Klaaste, en nog permanente RSG-werknemers afleggingsbriewe ontvang het.

Werknemers van die SAUK het die afgelope week in verskeie dele van die land protesoptredes gehou oor die SAUK se besluit om met afleggings voort te gaan. Die SAUK het vroeër aangekondig dat 400 van sy werkers afgelê moet word. Dit sluit diegene by sy nuuskantoor in. Daar is in hierdie stadium 170 vakante betrekkings waarom werkers kan aansoek doen, wat die getal geraakte betrekkings tot 230 verminder.

Die raad van die SAUK het intussen bekend gemaak dat hy die afleggingsproses by die openbare uitsaaier vir ʼn tydperk van sewe dae gaan opskort.

“Dit sal alle belanghebbendes kans gee om verder samesprekings te voer en nog meer opsies te ondersoek in ʼn poging om die finansiële volhoubaarheid van die SAUK te verseker,” lui ʼn verklaring van die raad.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

9 Kommentare

Chris dupreez ·

Mens weet ook nou nie wie lieg en wie praat die waarheid.

Hennie J ·

Nou trek hulle weg met die afleggingsproses met die wa voor die perde, net om binne ure n gatomswaai te maak! So tipies van kaders wat nie n clue het van wat moet gebeur nie en wat ook beslis nie na professionele advies luister nie. Toe our people hulle bekke begin rek toe is hulle vining om n gatomswaai te maak en wag seer seker nou vir opdragte vanaf Luthuli se tent oor hoe om van net wittes en Afrikaanses ontslae te raak Ek is nou nie eintlik lief of geheg of afhanklik van die sabc nie, maar my hart bloei vir die mense wat sommer nou op die ashoop gegooi word. Stank vir dank nadat julle, die kaders, die eens trotse SAUK ten gronde getransformeer het.

JohanR ·

Die SAUK moet een van die mees nuttelose instellings in die wereld wees!

Strandloper ·

Radio is nog goeie gehalte maar tv is n saak vir gebed! Dan is hul nog so arogant om te verwag mens moet n tv license hê terwyl net swart kanale beskibaar is?

jzjz05 ·

DIE SAUK is seder die begin van 2000 n spreekbuis vir die ANC, en seder 94 afrikaans al meer af geskeep en afrikaanse progamme met Engels advertensie besmet,wys daar is geen respek vir afrikaans nie.nou wil hulle nog ons belasting geld he om hulle swak bestuur se skuld te hulp betaal.Luthulihuis is die voor se- er

Mad Mike die Rhodesiër ·

Dis tyd dat radiostasies UDI verklaar en privatiseer. Elke stasie KAN onafhanklik funksioneer. En die TV-diens kan dieselfde doen. As ETV en die ander onafhanklike radiostasies dit kan doen, dan kan die SAUK se verskillende radiostasies en die TV-diens ook.

Sarel ·

Die Staatsentiteite word Bankrot Bestuur maar werkers en publiek moet prys betaal.

Dries ·

Wend ‘n daadwerklike poging aan om lisensiegelde in te vorder van al 15 miljoen Uzalo kykers (ek sal darem graag wil weet hoeveel betaal lisensies). Maar nee, hulle gaan eerder agter die Netflix-kykers aan wat glad nie eers SABC tv kyk nie.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.