SAUK se posisie verbeter, hoor parlement

(Foto: Karen Sandison/African News Agency/ANA)

Die SAUK se geldbestuur het dermate verbeter dat hulle van ʼn vrywaringsoudit (disclaimer, wanneer die ouditeur-generaal nie eens ʼn bevinding kan maak op grond van die entiteit se boekhouding nie) na ʼn gekwalifiseerde oudit kon vorder.

Ondanks aansienlike verbeterings in die geldelike posisie van die SAUK het die korporasie se inkomste in die eerste ses maande van die huidige finansiële jaar erg afgeneem weens die pap ekonomie en die plaaslike voortsetting van die wêreldneiging dat advertensie-inkomste afneem.

Van die SAUK se inkomste is 70% van advertensies afhanklik. R3 miljard se advertensies is op televisie verkoop en R1,6 miljard s’n op radio. Die radio-advertensiemark is egter veel meer stabiel, met spesifiek Radio 2000 wat uitgeblink het daarmee om hul advertensie-inkomste te verhoog.

Die SAUK gaan al hoe meer oorskakel na aanlyn inkomste deur te begin geld vra vir byvoorbeeld potgooie en regstreekse stroming van programme om sodoende ʼn meer kommersiële aanslag aan hul aanlyn benadering te gee.

Parlementslede het gehoor dat die benarde finansiële posisie van die SAUK tot gevolg het dat hulle nie die soort programinhoud kan koop wat hulle graag wil hê nie. Die swakste eienskappe in hul opset is powere interne beheermaatreëls en die feit dat oortreders nie streng genoeg gestraf word nie.

Die sukkelende finansiële posisie van die korporasie het beteken dat meer aan salarisse en minder aan reklame en die uitbou van inligtingstegnologie bestee kon word.

Dat daar soveel minder wanbesteding en soveel beter geldbestuur was, het die situasie egter verbeter, het die korporasie se bestuurders gesê.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

16 Kommentare

Lood Kurkprop ·

Ek moes albei my skoene voor oopsny sodat my tone nog verder kan omkrul van lekker kry!

John ·

… die SABC het ook akteur in finansies… wat spesialiseer in kul-jou-hier-kul-jou-daar truuks. Lisensiegelde gaan kwaai styg… want die anties soek nog nuwe rokke en…

JohanP ·

Dis goeie nuus Dat dit beter gaan. My probleem is net Dat hulle nie bekend maak hoeveel hulle uit lisensie gelde invorder nie. Op Openview is daar 1,7 miljoen dekodeerders verkoop. Dit alleen is R455 600 000. Wat van Dstv kykers? Ek betaal my lisensie stiptelik elke jaar. Toe ek my Openview dekodeerders koop was ek nie gevra Vir bewys Dat ek lisensie betaal het nie. By die betaal punt betaal en uitgestap. Kyk maar na huise. Omtrent elke huis het n skottel teen die muur. Is dit Dan so moeilik om na te gaan of daar wel n lisensie in die huise is? Hoe ernstig is hulle met dit?

Judge Dredd ·

Hopelik sal hul nooit ernstig met dit wees.
Ek verkies Free-TV

Jack Sadie ·

In my dadein die ouditbedryf was ‘n gekwalifiseerde verslag, ‘n skande. Nou is dit ‘n prestasie!?

Kallie ·

In my skooldae was 30% ‘n skande, nou is dit ‘n slaag syfer.

Gemaskerde Sopbeen ·

Daar staan dit oop en bloot: “meer aan salarisse betaal as aan bedryfskoste”….Nou HOE wil jy dan suksesvol wees? Suid Afrika se verknorsing kan in EEN sin beskryf word (en nodig nie hoogsgeleerde “ekonome” met grade nie?) Hopeloos teveel mense kry hopeloos teveel geld vir hopeloos te min werk………..en dan vrek die goue gans. Dis ‘n eenvoudige ekonomiese beginsel. As jy meer spandeer as wat jy genereer?…is jy bankrot. Hoekom nog geld mors op “kommissies van ondersoek” gaan die verstand te bowe…..

Jack Sadie ·

Dadein moet wees: Dae in. Daar kwalifiseer ek myself! Oeps!

Anoniem ·

…dis die belaglikste woord nog ooit uitgedink….maak van AFRIKAANS ‘n totale bespotting..

Hennie ·

Na ‘n bail-out gaan dit weer goed met die klomp Claudisians! Geniet ons belaztinggeld julle pleppe!

Jimmy ·

Nou gaan die base vet bonusse kry, dan is die geld weer op.

Wingman ·

Feit is, in ons moderne lewe is sakemodelle voortdurend besig om te verander, danksy nuwe tegnologie. Selfs DStv kan nie byhou nie.

Lynette ·

@ Jan, ek weet ook nie, raai maar net dis die saamgestelde pakkette waar jy n pakket kies met n paar van die programme waarvan jy hou, (lw. net n paar) teen n kleiner prys, Die pot wat jy kies kry jy wat daarin gegooi is, Klink so vir my!!!!

Gert van Wierdapark ·

Maak die programmer minder en TV-kyk tyd korter en staak die gemors van sekere kanale. Verder, met Rugbyraai =bied seld die prys geld aan en vra bv R2, 50 per SMS om fondse te genereer!

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.