SAUK se uitvoerende hoof geskors

Frans Matlala. Foto: SAUK

Frans Matlala. Foto: SAUK

Die SAUK het Woensdag aangekondig dat hy sy uitvoerende hoof geskors het.

“Die raad van die SAUK het Frans Matlala, uitvoerende hoof, vandag met onmiddellike effek geskors hangende ʼn ondersoek,” het Kaizer Kganyago, woordvoerder van die SAUK, gesê.

Kganyago het gesê die SAUK gaan nie nou verder kommentaar lewer nie. Jimi Matthews, die SAUK se nuushoof, sal as uitvoerende hoof waarneem.

Matlala se skorsing kom minder as ʼn maand nadat Hlaudi Motsoeneng, die SAUK se omstrede bedryfshoof, met “vrywillige verlof” gegaan het. Die openbare beskermer het bevind Motsoeneng het oor sy kwalifikasies gelieg en het onreëlmatige salarisverhogings gekry. Hy word dissiplinêr verhoor nadat die DA hof toe gegaan het om die SAUK te dwing om regstellende stappe wat deur die OB voorgestel is, te implementeer.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

8 Kommentare

GES ·

As van die een ontslae geraak word is volgende een daar om die verwoestingswerk voort te sit. So sal dit aanhou tot daar niks oor is. Hoekom is ek nie geskok of verbaas nie? Dit lyk vir my hulle werk op ‘n rotasiestelsel. Ons geskorste “vriend” gaan net eenvoudig aanbeweeg na die volgende plek as hy sy plek by die SYBC verloor.

Peet Schabort ·

Korrek GES en bestaan die afkorting SAUK ook nie maar wel SABC of dan Es Ei Bie Sie.
Was aanjaag kolletjies dan was hulle ‘n hele trop tarentale.

Cruz ·

Hul jaag aan na willekeur en lieg en bedrieg en kry dan vir oulaas nog n Goue gatskop ook met n vet tjek!
Dis ons Nuwe Suid Afrika!

Pieter V ·

Dit het al n patroon aangeneem , oral kom dit voor, hulle word aangestel sonder die nodige kwalifikasies ,as dit op die lappe kom gaan ek op betaalde verlof vir die volgende drie jaar of kry n goue hand druk, dan vul nog n “comrade” die pos en loop dieselfde paaidjie en so gaan dit aan en ons almal het ons hande in die geldsak en niks word ooit verhaal.

DB ·

Ek is net bly dis oor bedrog en nie omdat daar Afrikaans ook uit gesaai word nie

Ludwig ·

Mens wonder nou net hoe stewig gaan daardie goue handdruk wees wat nou uitgedeel gana word.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.