SAUK-selfsensuur: ‘ANC pluk die wrange vrugte van sy eie geskiedenis’

Argieffoto

Argieffoto

Die VF Plus het Woensdag gesê die SAUK se omstrede besluit, om nie meer beeldmateriaal van gewelddadige betogings te vertoon nie, dui daarop die ANC pluk die wrange vrugte van sy eie geskiedenis.

“Nie net die geskiedenis soos dit plaasgevind het nie, maar ook soos dit in skoolboeke geïdealiseer word,” het dr. Wynand Boshoff, die party se Noord-Kaapse leier en woordvoerder van onderwys, in ʼn verklaring gesê.

Boshoff het gesê die jeugopstande van 1976 was ʼn vernietigingstog, waarvan Suid-Afrikaanse onderwys tot vandag toe nie herstel het nie. Hy het gesê nie net infrastruktuur is vernietig nie, maar ook ʼn leerkultuur.

“Die slagspreuk Liberation before Education het ʼn hele geslag geleer dit is deugsaam om skoolgesag te ondermyn, om daarop aan te dring om te slaag, ongeag prestasie en dat dit ʼn heldedaad is om van die skool af weg te bly.”

Volgens Boshoff het dit later ʼn bevrydingsdoelwit geword om die land onregeerbaar te maak en moes geleenthede tot selfverbetering vernietig word as dit van die “gehate staat” afkomstig was. Hy het gesê ekonomiese vernietiging deur stakings, boikotte en sanksies, is as eerbare bevrydingsdade beskou.

“Het daardie leiers ooit gedink hoe jy ʼn land regeer waarvan die burgers geleer is dit is edel om te weier om vir dienste te betaal? Die ergste is dat nog ʼn geslag kinders na 1994 op skool geleer word van hierdie ‘heroïese’ stryd. As ʼn korrupte en onbekwame regering in die lewering van dienste misluk, is die jeug nie opgevoed om skouer aan die wiel te sit en self iets op te bou nie. Hulle het geleer brand en breek gee jou die moreel-verhewe posisie,” het hy bygevoeg.

Boshof het gesê die SABC mag korrek wees in sy waarneming dat publisiteit geweld aanblaas. “Die regering van P.W. Botha was dalk in die jare rondom 1980 korrek met dieselfde waarneming. In 2016 gaan dit egter net so nutteloos wees om die gevaarligte toe te plak as wat dit in 1986 was.”

Die VF Plus doen ʼn beroep op gemeenskappe om na hul eie belang en geriewe om te sien. “Eers wanneer gemeenskappe hul lot uit die hande van die regering met sy toksiese verlede neem en in hul eie hande plaas, sal Suid-Afrika ʼn beter plek word,” het Boshoff gesê.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

4 Kommentare

pieter ·

KAN N LAND SO GEVAARLIK RAAK DAT JY DIE NUUS NIE WIL UITSAAI NIE,JA SUID AFRIKA IS DAARDIE LAND. AS OUD SOLDAAT WIL EK VIR BOSHOF SE MOET ONS ASB NIE ONDER DIESELFDE KAM SKEER NIE.GAAN KYK OOK HOE HET ONS MILITER GEGROEI ONDER BOTHA.

Karma ·

DANKIE PIETER, MAAR EK DINK WEINIG MENSE OP HIERDIE FORUM IS DOOF, so moet asb. nie skreeu nie. EN DIT IS JUIS OMDAT DIE ANC SO MILITANT WAS EN AS GEVOLG VAN DIE “LIBERATION BEFORE EDUCATION” dat die ou SAW so militêr gegroei het, om die massa vernietigers van staatseiendom en ekonomiese groei stop te sit.

Rupert Ashford ·

Die groot bevrydingshero het hulle dan ook geleer van “Wae demand”. Niemand het die lot nog ooit geleer van “We will work for….” nie.

Janneman ·

Amen!
Die probleem is dit sal nerens in die hoofstroom pers sal verskyn nie – tragies, gaan die sogenaamde liberale, politiek korrekte pers wakker skrik wanneer dit te laat is?
Die en baie van Afriforum se stukke behoort in al die amptelike tale vertaal te word en oral geplubiseer word as ons werklik n vrye pers het!
Magtig man, kom ons betaal daarvoor sodat die gepeupel besef wat die werklikhied is. Ek is bereid om my bydraes te verhoog om n gedeelte te dek!

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.