‘SAUK-sensuur en -skorsings verbreking van basiese menseregte’

Argieffoto

Argieffoto

Die vakbond Solidariteit het vandag gesê die uitsaaimaatreëls wat deur die SAUK ingestel is, kom neer op selektiewe sensuur nadat die SAUK vandeesweek glo opdrag gegee het dat RSG se radionuusprogram, Kommentaar, van die stasie se programskedule verwyder gaan word.

Volgens Anton van der Bijl, hoof van Solidariteit se Sentrum vir Billike Arbeidspraktyke, is hierdie maatreëls ʼn duidelike vorm van onbehoorlike sensuur. “Die maatreëls maak dit vir eens en vir altyd duidelik die SAUK implementeer sekere sensuurmaatreëls om politieke munt daaruit te slaan. Dit is duidelik sodanige maatreëls is onbillik en dit is ʼn skreiende verbreking van die publiek se basiese menseregte soos vervat in ons Grondwet,” het Van der Bijl gesê.

Hy het voorts gesê enige dissiplinêre stappe wat gedoen word teen mense wat hul grondwetlike regte uitoefen, in alle waarskynlikheid grof onbillik sal wees. “Ons sal nie huiwer om sulke mense te beskerm nie en ons glo ons Grondwet verplig ons om op te staan teen sulke vergrype,” het Van der Bijl gemaan.

Foeta Krige, uitvoerende regisseur van Monitor en Spektrum en Suna Venter, ʼn senior verslaggewer, is Donderdag saam met Thandeka Gqubule, ʼn sakeredakteur, geskors, omdat hulle, volgens die openbare uitsaaier, klank- en beeldmateriaal van gewelddadige betogings uitgesaai en dus ʼn direkte bevel verontagsaam het.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

17 Kommentare

Gerhard ·

Ek vertrou Solidariteit gaan vierkantig agter Foeta Krige en Suna Venter staan.

petro ·

Ek hoop hulle sal vir al 3 die mense opstaan en hulle beskerm.

JC ·

Solidariteit, mooi so, sleep hul hof toe dit is heeltemal n menseregte vergryp en die hof as die beskermheer van ons gwlike regte sal nie huiwer om die sauk voor stok te kry nie. Natuurlik sal die “geskorste persone ” heraangestel moet word en monitor en spektrum ook want om dit te verbied is teen die sabc se grondwetlike mandaat as openbare uitsaaier-het die sauk nou wragtig gedink hulle gaan wegkom daarmee???

JC ·

Solidariteit, mooi so, sleep hul hof toe dit is heeltemal n menseregte vergryp en die hof as die beskermheer van ons gwlike regte sal nie huiwer om die sauk voor stok te kry nie. Natuurlik sal die “geskorste persone ” heraangestel moet word en monitor en spektrum ook want om dit te verbied is teen die sabc se grondwetlike mandaat as openbare uitsaaier-het die sauk nou wragtig gedink hulle gaan wegkom daarmee?

JohanP ·

Gaan hulle die buitelandse joernaliste ook Aantree ? Jou die waarheid weg van Suid Afrikaners maar basuin dit wereldwyd uit. Nog n Sirkus.

rudi ·

Die ANC gebruik al jare lank sensuur om die belasting slawe skuldig te laat voel. Alle rasse haat teen boere word gesensor maar alle wit sondes word teen die muur gehang. Een van die beste voorbeelde was die twee vrouens wat se vroue dele af gesny was en gebruik was om “kill the boer” teen die mure te skryf. Die media het dit stil gehou. Laas jaar het die ANC begin om sosiale media stil te maak deur news24 voor te skryf om kommentaar stop. Die sensuur nou is egter daar om hul eie mense blind te maak teen hul eie leiers.

ontbloot ·

Sensuur .. kerke pas dit ook toe
Sauk pas dit nou ook toe. wat wil hul of wie wil hul beskerm teen sie wereld. mag behebte manupilasie. dit is egter onaanvaarbaar. niks anders as terrorisme nie. eintlik is ons SA in.n staatsgreep van wandade. en bestuur

Charmaine ·

Skryf ‘n brief in Afrikaans aan SAUK en verduidelik bogenoemde as rede om TV lisensie te kanselleer. Ek het dit gister gedoen.

Anny ·

Goeie idee want sabc 1-3 bied deesdae niks, so waarvoor bt mens. Di lisensie kan halveer word twv goeie radiostasies se uitsendings. Laat weet tog of jy iets bereik het

Anny ·

Om eerlik te wees dink ek tog mens moenie meer al die geweld uitsaai of publiseer nie want so kry hulle al die aandag wat hulle soek. As dit geen aandag meer kry nie sien hulle dit help nie om aandag op hulle gevestig te kry nie en dan hou dit dalk op. Daarmee sê ek nie dat dat di 3 mense se skorsing reg is nie want persvryheid is n moet maar dat geweldadige en vernietigende opstande minder aandag moet kry twv die sg “regte” wat hulle dan daardeur vir hulself “oopgeveg” het. Regmatige stakings en opstande wat vreedsaam plaasvind moet deur die wêreld gesien word anders word dit n outokrasie

Veritas ·

Anny jy is deels reg in jou redenasie. Aandagsoekers kan aangespoor word deur die vertoning van geweld. Wanneer ‘n groot deel van ‘n gemeenskap egter spontaan deelneem aan gewelddadige optrede, is dit egter sonder twyfel ‘n onderliggende behoefte om uiting te gee aan ‘n sluimerende gewelddadige drang. Indien dit nie so was nie, sou die hele Pretoria mos deelgeneem het aan die gewelddadige aktiwiteite. Beeldmateriaal toon ook dat dit nie ‘n klein minderheid was wat aan die wetteloosheid deelgeneem het nie. Die oorsaak vir die geweld moet vierkant voor die deur van die ANC gelê word. Deur nie aksie te neem toe daar ontevrede stemme opgeklink het nie, het die ANC die protesgangers forseer om hul boodskap in ‘n harder stem oor te dra.

Lance ·

Die hoof weet nie wat hy doen nie so gaan nog baie goed oortree …onvermoee en verwaantheid skreeu teen hemele

JC H ·

Ek stem saam hulle wil als Weg steek oor hulle se skaam kry hoe hulle mense aan gaan dis swak van die SAUK. Hulle ken nie eers hulle eie wet nie. Hulle maak so groot berg van niks dis waar wat hulle se toe die anc anc was aan die begin was dit vrede en die samelewing was msterker nou is dit moort diefstal En meer alles word weg gesteek. Swak uiters swak !!!!!!? Ek het besluit om Nie my tv license tebetaal nie alles word weg gevat van ons wat betaal so soek maar by Zuma geld ek betaal nie!!!!!!!

Charmaine ·

Dis deels ook omdat Afrikaans gruwelik afgeskeep word so by so het DSTV vir ‘n hele week my Afrikaanse kanale verwyder asook van my ander programme. SAUK is nou rerig “his master’s voice” en ek betaal NIE vir wat hul besluit ek mag weet of nie

John ·

Jare gelede kon mens skaars die radiostasies opvang en niemand is dood daarvan dat hy/sy nie weet wat in die res van die wereld gebeur nie. RSG/SABC sal nog so uitsaai dan luister niemand meer daarna nie. Ek vermoed die Afrikaanse stasie gaan ook meer en meer verengels. Hulle moet dit maar doen. Daar is baie dinge in die wereld wat vir jare dormant bly en weer onder die regte omstandighede ontwaak. Afrikaans sal nie sterf nie, anders was dit al so dood soos die spreekwoordelike dodo. DSTV is ook besig om rasse-vermenging te predik asof dit alledaags is en gooi die suur sous ongevraag oor my bord kos tydens aandete. Baai-baai!

Weldeurdag ·

Waarom sou kwaliteit joernaliste soos hierdie nog vir die Es Y Bee Cee/Radio Sonder Mense wil werk? Moenie julle met die semels meng nie, die varke sál julle opeet.

Jan ·

Welkom Foeta en Suna by Kyknet. Ons hou van mense wat kan werk !

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.