Dirk Hermann, bestuurshoof van Solidariteit, het gesê Foeta Krige, uitvoerende regisseur van Monitor en Spektrum, Suna Venter, ʼn senior verslaggewer, en Thandeka Gqubule, ʼn sakeredakteur, is vanoggend ingelig dat hulle openbare verhore môre om 9:00 plaasvind.
Volgens Hermann het die drie nie genoeg tyd gekry om voor te berei vir die verhore nie en het Solidariteit om dié rede versoek dat dit uitgestel word. Die vakbond het verder versoek dat die drie toegang tot regsverteenwoordiging moet hê tydens die verhore aangesien hul skorsing, volgens Solidariteit, met grondwetlike kwessies verband hou.
Hermann het gesê indien die SAUK nie aan die eise gehoor gee nie, die vakbond die hof sal nader om ʼn bevel in die verband te kry. Volgens Hermann blyk dit dat die SAUK sy “veldtog van viktimisasie” nou verskerp het. “Die verhore is toevallig geskeduleer vir dieselfde tyd as wat plakkaatoptogte voor die SAUK se kantore in Johannesburg en Kaapstad gaan plaasvind.”
Krige, Venter en Gqubule, is verlede Donderdag geskors. Die openbare uitsaaier het in hul skorsingsbriewe aangevoer dat hulle klank- en beeldmateriaal van gewelddadige betogings uitgesaai en dus ʼn direkte bevel verontagsaam het. Dit het egter later aan die lig gekom dat hulle geskors is omdat hulle tydens ʼn beplanningsvergadering nie saamgestem het met ʼn besluit dat die Right2Know (R2K) se protesoptogte teen die openbare uitsaaier nie deur die SAUK gedek mag word nie.
Die R2K het Maandag optogte in Durban, Kaapstad en Johannesburg gehou teen Hlaudi Motsoeneng, bedryfshoof van die SAUK, se aankondiging vroeër vandeesmaand dat die SAUK nie meer beeld- of klankmateriaal gaan uitsaai van stakers wat openbare eiendom beskadig of aan die brand steek nie.
Maroela Media het vroeër berig Busi Ntuli, uitvoerende vervaardiger van Special Assignment, Krivani Pillay, uitvoerende vervaardiger van SAfm se aktuele programme, en Jacques Steenkamp, senior ondersoekende joernalis, is ook vanoggend ingelig om dissiplinêre verhore by te woon.
Dit kom nadat die drie vroeër die week ʼn sterk bewoorde brief aan Motsoeneng gerig het waarin hulle duidelikheid versoek het rakende “redaksionele beleid” en hul kommer uitspreek het oor die “onregverdige skorsings” van hul kollegas.
African reasoning…. No wonder Aftica is in a constant state of poverty and begs the rest of the world for food.
Hierdie Engesman het dit nou reg gese. Mens sal seker nie aangekla word as n mens positief rassisties is nie.
Hoe later hoe kwater. Die mense voel die druk van hul mislukkings en begin al hoe meer kragdadig raak. Grou julle gat diep genoeg…….
Sauk is n joke …die ou in beheer maak regtig dom besluiste ..
Boikot sabc …,, betaal geen televisie lisensie nie. Ek was n getroue betaler maar sedert aand programme verswart het aikona no more moetsonong so kry jou miljoene van die anc maar niks van my nie. Ook moet die maatskappye geen program met advertensies borg nie. Maak die sabc finansieel seer sodat hulle ten gronde gaan. Staan saam suid afrika
Noem dit asb die Sabc die SAUK was ‘n winsgewende uitsaai korporasie gelei deur ‘n goed opgeleide bestuurskomitee