SAUK steeds ‘tegnies insolvent’

(Foto: Karen Sandison/African News Agency/ANA)

Die SAUK bly tegnies insolvent terwyl die openbare uitsaaier wag op finansiële hulp van die nasionale tesourie, het LP’s Woensdag gehoor.

Bongumusa Makhathini, raadsvoorsitter van die SAUK, het aan die parlementêre komitee oor openbare ondernemings en kommunikasie gesê die organisasie werk met die regering se sentrum vir tegniese bystand (GTAC) en die nasionale tesourie om ooreen te kom oor ʼn stel voorwaardes voor die kontantinspuiting gedoen kan word. GTAC is ʼn regeringsmeganisme om staatsdepartemente met hul omkeerstrategieë te help.

Die uitsaaier is steeds in ʼn finansiële verknorsing. Die SAUK kan salarisse betaal, maar nie krediteure nie.

Yolande van Biljon, hoof- finansiële beampte van die SAUK, het gesê die uitsaaier het op 30 Junie altesaam R1,8 miljard aan krediteure geskuld.

Die SAUK skuld R554 miljoen aan Sentech (die uitsaaier se seinverspreider), R259 miljoen aan Supersport, R135 miljoen aan die musiekregteorganisasie Samro, en R174 miljoen aan verskeie ander inhoudverskaffers.

Op navraag van LP’s het Van Biljoen gesê die SAUK het R200 miljoen in die bank. Dit sal Vrydag tot R74 miljoen daal. Sy het gesê die SAUK moet salarisbetalings prioritiseer (ongeveer R260 miljoen per maand), gevolg deur water- en elektrisiteitsrekeninge en inhoud. Die res word gebruik vir noodgevalle. Dit beteken dat inhoud en bemarkingspandering ernstig beïnvloed word en uiteindelik ʼn impak kan hê op toekomstige inkomste.

“Ons moet daagliks moeilike keuses maak,” het sy gesê.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

14 Kommentare

Jack Sadie ·

Alle staatsinstellings is bankrot. Daar is geen manier wat ek verder ‘n sent belasting onnodig gaan betaal nie. Koop reeds ook my kos sovêr moontlik privaat en vermy BTW.

Pottie ·

Ek stem jack die anc het ons nou genoeg gemelk ek doen dit ook so ons is net goed genoeg om belasting te betaal maar as jy blank is kry jy nie werk nie en meeste van die groot maatskappye is so bang vir die anc jy kan dit nie glo nie

Jakes Jacobs ·

Ja Jack Die hele land is bankrot en wie moet ons bedank. Nog steeds wil die ANC in beheer bly en ons mense bly nog steeds blind omdat ons nie ons BYBEL gebruik en BID nie.

thinus erasmus ·

So hoeveel personeel is op SABC se betaalstaat – dan werk ons gou uit wat is die gemiddelde.

Ellisras ·

Of die SABC bankrot is of “tegnies” bankrot is. Jy hoef nie jou TV liss te betaal nie. Is daar iewers ‘n burrerregte organisasie wat kan help.

Leon ·

Die regering het deur hulle swart ekonomiese bemagtiging die groot hoeveelheid adverteerders wat die SAUK gehad het wegejaag. Niemand wil meer in ‘n bodemlose put adverteer nie of belê nie. Breek die SAUK op en verkoop sy stasies. Ons kan doen sonder die ANC se propaganda masjien.

Lagwekkend ·

BEE en AFFIRMATIVE ACTION is die rede hkm Staatsondernemings bankrot is.
Geen ander rede nie.

pieter ·

IS DIE LYWIGE SAUK NOG NODIG ,TEGNOLOGIE HET ALLES KLEINER GEMAAK, ONS PLAASLIKE STASIE IS BETER AS DIE SAUK EN KWALITEIT BETER,MUSIEK BAIE BETER.

SjN ·

Wat is die verskil tussen insolvent en tegnies insolvent, een geld seker vir n individu en die ander vir die staat.

jakes ·

Hlaudi was die pionier wat die SABC laat sink het. Dis maar n treurmare en alles wat deur die staat besit word verval tot niks.

Gaitsigubib ·

Dit het nie by hom begin nie. Die blankes wat aan bestuur was in de klerk se tyd het die sauk gesink. Die ANC agent wat in beheer was in Pietersburg in hierdie tydperk het seker gemaak dat die SAUK spoedig en sonder teenkanting aan die ANC oorhandig word. Hy moes natuurlik in die proses al sy kollegas en ou “vriende” onder die bus gooi.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.