SAUK stel nuwe waarnemende hoof aan

Argieffoto

Argieffoto

Die SAUK het sy finansiële hoof as nuwe waarnemende uitvoerende hoof aangestel nadat Jimi Matthews Maandag bedank het.

Prof. Mbulaheni Maguvhe, voorsitter van die SAUK-raad, het Dinsdag James Aguma se aanstelling aangekondig.

Matthews het Maandag in ʼn brief aan Maguvhe gesê dit is met “groot hartseer” dat hy sy onmiddellike bedanking indien. “Vir baie maande het ek die waardes wat ek hoog ag in gedrang gebring omdat ek verkeerdelik geglo het dat ek meer effektief binne die SAUK kan wees as daarbuite.”

Volgens Matthews het dit daartoe gelei dat hy besluite moes neem waarop hy nie trots is nie. “In die proses het die volgehoue negatiewe atmosfeer my morele oordeel aangetas en my aandadig gemaak aan besluite waarop ek nie trots is nie.”

“Ek wil jammer sê aan diegene wat ek in die steek gelaat het toe ek stilgebly het toe dit juis nodig was dat ek my stem moes laat hoor.”

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

4 Kommentare

Lance ·

Sauk is nou n joke ..baie gaan nog loop en ek voorspel mense gaan nie meer lesensies betaal nie

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.