SAUK-tegnikus vermoor

Patrick Mgoqi was n tegnikus by SAUK [Foto: Patrick Mgoqi, Facebook]

Die SAUK treur oor die dood van een van sy tegnici en pa van drie wat Sondagaand by ʼn karwassery in Khayelitsha, Kaapstad, doodgeskiet is.

Volgens ao. Joseph Swartbooi, polisiewoordvoerder, is Patrick Mgoqi (47) omstreeks 20:40 geskiet toe hy na bewering ʼn jong vrou teen ʼn aanvaller probeer beskerm het.

“Mgoqi se gesin het hom na ʼn nabygeleë hospitaal geneem en hy is by sy aankoms daar dood verklaar,” bevestig Swartbooi.

Vriende en kollegas het ook hul medelye op Facebook betuig [Foto: SABC Western Cape, Facebook]

“Die verdagte het van die toneel gevlug en word nog gesoek. Die polisie ondersoek tans die saak.”

Die SAUK in die Wes-Kaap het op sy Facebook-blad Mgoqi as ʼn liefdevolle en empatiese kollega beskryf wat toegewyd was aan sy werk, familie en vriende.

“Sy dood is ʼn groot verlies. Sy vrolike karakter, speelse geaardheid en werksetiek sal altyd onthou word,” lui die inskrywing op Facebook.

Volgens die inskrywing laat Mgoqi sy ma, vrou en drie kinders agter, insluitend dié van sy suster wat hy versorg het.

Vriende en kollegas het ook hul medelye op Facebook betuig.

“Patrick het nooit ophou glimlag nie; nie eers in die slegte tye nie. Hy was altyd so vriendelik. Hy was vaardig in sy werk en altyd ʼn lig in die gange van die SAUK,” skryf Nadia Saffron.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

6 Kommentare

Sandra ·

Dis vreeslike hartseer nuus. Nou moet sy familie maar net die mas opkom omdat een of ander simpel skelm hom geskiet het. Ek hoop die polisie spoor die skieter op. My innige simpatie aan sy familie.

Misky ·

Laat mens terugdink aan die hele Suna Venter tragedie. Innige simpatie aan sy familie en kollegas.

Frank John ·

Ai, SA, hoe lank gaan jy nog skop teen die prikkels. God roep na jou en jy dink dis beter sonder Hom. God het ‘n wonderlike plan vir jou. Keer terug na Hom en jou paaie sal weer voorspoedig wees.

ES ·

Sy laaste daad het hy as held opgetree. Jammer vir sy familie en sterkte aan hulle.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.