SAUK-topman doodgeskiet

SABC-gebou in Kaapstad Foto: Maroela Media

Sizwe Vilakazi, die Suid-Afrikaanse Uitsaaikorporasie (SAUK) se hoof van regsdienste, is doodgeskiet.

Kaizer Kganyago, woordvoerder vir die SAUK, het Sondag gesê Vilakazi is Saterdagaand doodgeskiet.

Die raad van die SAUK, die bestuur sowel as die personeel het hul medelye met sy familie en vriende betuig.

“Vilakazi sal vir sy enorme bydrae tot die SAUK onthou word. Hy was toegewyd aan sy werk.”

Vilakazi is in 2008 as regsadviseur by die SAUK aangestel en 1 September tot hoof van die SAUK se regsdienste bevorder.

“Hy was ʼn merkwaardige regskenner met ongewone werksetiek. Sy betekenisvolle bydrae tot die SAUK sal behoue bly en almal wat hom geken het, inspireer. Hy sal vreeslik gemis word,” het Kganyago gesê.

Die omstandighede rakende die skietery is nog onduidelik. Inligting oor begrafnisreëlings sal verskaf word.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

14 Kommentare

MissDemeanor ·

Ek wonder nou juis of hy dalk iets raakgesien het wat ander verborge wou hou. Tragies.

marieta ·

Kan julle nie asb vir ons duimpie op en duimpie af en lag en huil gesiggies by die berigte en kommentaar sit sodat ons nie hoef te kommentaar nie maar wel wys ons lees die berigte ens nie asb….. baie dankie!!

LMF ·

Marieta ek het al telke male gevra waarvoor jy nou vra en ja dan kom MM terug met antwoord dat hul daaraan werk maar soos gesien het hul seker teveel ander werk hoop regtig daar word werk gemaak van n’like’ knoppie

Liezl ·

Hi Marieta, ek het nogal vanoggend aan dieselfde gedink en wou dit ook voorstel

swernoot ·

jy hoef nie te reageer om te wys jy het gelees nie. genade my. lewe! lag. swets. daar is geen wet wat se jy moet merk los om te wys jy het gelees nie.

Cherokee ·

Wel swernoot, daar is genoeg fasiliteite om te sê jou opinie is voorbarig.

SjN ·

Hy het dalk van iets geweet of uitgevind wat nie vir die kriminele elemente aanvaarbaar is nie. Geen respek en dissipline.

Hendrik ·

Dit is miskien tyd om trek, saam te trek, saamtrek of na dieselfde plek te trek. Daar is soveel gemeenskapradiostasies dat ek dink dat die sauk nie meer nodig is nie. Die SAL, SAUK en ander staatsinstansie word maar net aangehou vir werkskepping en te wys dat alles is nie ‘n mislukking nie.

Martin Dekker ·

Goeie-Dag almal ek wil graag sè!! As net eers ons GRENS BAKENS en DRADE/AFSKORTINGS/DRADE weer in STAND kan kry EN VOET-PATROLLIES DOEN dan sal DINGE en ORDE weer BEGIN in PLEK VAL. Op die stadium ”IS TEL DIT ALLES IN DIE REGERING se GUNS!! met die DOODMAAK en VERMOOR van ONS BOERE!! Cheers!!

Sue Theron ·

Baie sterkte aan sy familie dit is baie sleg vir enige een om iemand aan die dood aftestaan nog meer as die persoon vermoor word.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.