‘SAUK moet blaam dra vir Suna se dood’

Suna Venter

Die VF Plus het Vrydag gesê Hlaudi Motsoeneng, die omstrede voormalige hoof van die SAUK, moet die blaam dra vir die dood van Suna Venter, die SAUK-joernalis wie se liggaam Donderdagoggend in haar woonstel aangetref is.

Adv. Anton Alberts, voorsitter van die VF Plus, het Venter in ʼn verklaring as ʼn dapper en onverskrokke joernalis en mens beskryf. “Ons veroordeel die gebeure verlede jaar by haar werkgewer en is van mening dat dit direk bygedra het tot haar stresverwante siekte en afsterwe. Sy het as deel van die SAUK 8 opgestaan teen redaksionele inmenging van die korporasie en is daaroor geskors,” het Alberts gesê.

Hy het gesê wat Venter moes deurmaak “om haar saak te stel” was skokkend en kom neer op teistering op die hoogste vlak. “Die oorsprong hiervan kan net voor die deur van Hlaudi Motsoeneng se SAUK gelê word,” hy gesê.

Alberts het gesê daar behoort ʼn behoorlike polisie-ondersoek plaas te vind om te bepaal wat die oorsprong van die dade teen haar was.

Maroela Media het vroeër berig Venter se familie glo traumatiese gebeure oor die afgelope jaar het tot haar dood bygedra of selfs haar dood veroorsaak. Venter se familie het Donderdag in ʼn verklaring gesê Venter het oor die afgelope paar jaar verskeie traumatiese gebeure deurgemaak en talle dreigende SMS-boodskappe ontvang.

“Daar is verskeie kere by haar woonstel ingebreek, die remkabels van haar motor is gesny en haar motor se bande is stukkend gesny. Daar is op haar geskiet en sy is ontvoer. Sy is aan ʼn boom by die Melville-koppies vasgebind terwyl die gras rondom haar aan die brand gesteek is. In ʼn aparte voorval vroeër vanjaar is sy in die gesig geskiet met ʼn onbekende wapen en moes sy ʼn operasie ondergaan om metaalkoeëls uit haar gesig te verwyder. In die afgelope jaar is sy in drie verskillende voorvalle aangerand,” lui die verklaring.

Intussen het die Suid-Afrikaanse redakteursforum (Sanef), die Suid-Afrikaanse burgerlike organisasie Sanco en die vakbond Solidariteit hul skok en hartseer oor Venter se dood uitgespreek.

Sanef het gesê Venter sal altyd onthou word as iemand wat nooit moed opgegee het nie, selfs al het dreigemente en intimidasie haar in die gesig gestaar. “Sy het geglo dat die openbare uitsaaier ʼn sentrale rol speel in die versterking van ons demokrasie,” het Sanef gesê.

Sanco het op sy beurt haar dood as ʼn “enorme verlies” beskryf. “Sy was ʼn dapper joernalis wat opgestaan het teen boelies,” het Jabu Mahlangu, woordvoerder van Sanco gesê. Mahlangu het sy teleurstelling met wetstoepassingsagentskappe uitgespreek omdat hulle nooit diegene wat hul skuldig gemaak het aan die misdrywe teen Venter in haar laaste maande kon vastrek nie.

“Hoe kan ons sê ons het persvryheid as dié wat die slegte deel van die samelewing moet blootlê in vrees moet lewe? ʼn Gepaste huldeblyk aan haar sou wees om die voorvalle wat sy aangemeld het te ondersoek,” het Mahlangu gesê.

Solidariteit het op sy beurt gesê Venter was ’n vegter en het geleef vir dit waarin sy glo. Dirk Hermann, bestuurshoof van Solidariteit, het gesê Solidariteit sal haar nalatenskap eer. “Ons dink veral aan haar familie in hierdie moeilike tyd. Ons hoop dat hulle troos en berusting sal vind in die feit dat sy uit die moed van haar oortuiging geleef. Daarvoor sal sy geëer word.”

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

29 Kommentare

Adri ·

As jy jou teen die NWO verset, het jy onmiddellik te make met ‘n baie aggressiewe en gewetenlose vyand. Magtige, wêreldwye organisasies merk jou as ‘n vyand.

Hendrik van George ·

Die ANC en sy lakeie is te dom om deel van die sogenaamde NWO te wees.

lw ·

Wat die arme vrou moes deurmaak voor haar dood het my tot in die diepste wese geskok! Die saak kan eenvoudig nie gelos word nie.
Sterkte aan haar ouers.

Adrie ·

Dit is n groot skok!! Is sy nie dalk vermoor nie???? Dit is net te toevallig dat dit sy is wat dood is. Ja hulle se nou sy het die hart probleme gehad en se dit is die oorsaak maar n mens wonder net!!! Baie tragies!!

Maya Roon Joubert ·

Dit is nou bietjie erg waanzinnig ek is ook onder geweldige depressie en trauma as gevolg van nalatige hospitaal behandeling as gevolg van munisipaliteite wat wandaad pleeg as gevolg van staats president wat amok veroorsaak as gevolg van sy idiotiese optrede en onwillentheid om sy foute reg te stel! Wie moet eintlik blaam dra wanneer my Stress my hart oorval????

Johann ·

En die SAUK skitter in sy afwesigheid van n blote erkenning van die dood van een van sy werknemers!!!!!!!! Hoop CARTE BLANCE dek haar situasie ook soos met die dood van Johan Botha? Siek gewetenlose SA wat ons aan blootgestel word danksy n “bevrydings” terroris organisasie wat kern verrot is en dmv angs en vrees skep deur anargie rule regulate en ruin!!!! ANC LEGACY SONDER GEWETE!

Geregtigheid ? ·

Ek stem saam. Niemand behoort aan sulke onmenslike spanning blootgestel te word bloot omdat jy jou werk probeer doen nie!!! Die Werkgewer MOET ‘n veilige omgewing en omstandighede vir die werknemers te skep.

Boela ·

Hoekom trek ons nie ‘n Spur op die Es-Y-Bie-Sie nie: boikot hulle – moenie TV-lisensies betaal nie, moenie die besighede ondersteun wat op hulle adverteer nie, moenie enigsins na hulle kyk of luister nie.

Katy ·

Stem saam Boela. Ook baie sterkte aan haar familie, sy was dapper .

Anoniem ·

Nog ‘n inskrywing op Cloudy se boekie. Wat sê die regskenners, kan hy aangekla word van manslag?

Ruik-n-rot ·

Ek hoop daar word n nadoodse ondersoek gedoen. Daar is baie dinge wat kardiomiopatie kan veroorsaak. Hoe weet mens nie sy is vergiftig of vermoor? ‘Broken heart sindroom’ is skaars!!!! Veral met al die doodsdreigemente, inbrake by haar etc! Sal graag wil weet waaraan sy en Johan Botha die laaste tyd aan gewerk het….

Ander Annie ·

Ruik ‘n Rot – Johan Botha wat onlangs dood is in daardie skiet voorval? Sjoe, ek sê ook ondersoek haar dood.

Bees ·

Rot&Annie.Geen vrae -dit is deel van Oom Aartappel se wonderwerke wat volg na “It is time!”

Casper Myburg ·

Ek dink elkeen van ons wat onsself as regdenkende ( by gebrek aan ‘n beter woord) mense sien moet introspeksie doen en onsself afvra: Wat doen ons elkeen om die onregte wat tans duidelik deur vreeslose joernaliste, waarvan Suna ‘n voorloper was aan ons gerapporteer word, aan te spreek ( sien ook Gupta mails & ander joernaliste wat bereid is om hul nekke uit te steek, ens). Die beste , ( patetiese) respons wat ek deurgaans hoor is: “Wat kan ons doen? Ons is alleen/ wil nie ons nekke uitsteek of golwe maak nie. “Hulle”??, Wie dit ookal mag wees, sal ons probleme uitsorteer. Dis nie net passief nie maar eintlik net slapgat

LV ·

Ek het my bes probeer om hierdie tragiese insident vandag op RSG te volg,maar die stilte vd stasiebestuurder van RSG is oorverdowerend,skokkend. En ek wonder hoekom?

Johan. H. ·

Krap diep, julle sal iets kry, Geen mens moet onder die omtandighede werk nie, Die lotte hou nie van mense wat reg dink nie en hul werk reg doen nie,, Jammerte,, Maar what goes around comes around,, hoop ek..

André Badenhorst ·

Ek wonder of haar naasbestaandes ‘n siviele eis kan instel teen die morone.

Henrico ·

Kla Moetseneng Lawa Ogies aan van strafbare mansslag…..!!!!!!!!!

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.