SAUK versuim om vaardighede-oudit te lewer

SAUK-gebou in Kaapstad Foto: Maroela Media

Uitvoerende lede van die SAUK is vir die tweede keer vandeesmaand deur LP’s gekasty toe hulle vir ʼn lewenslyn gepleit het en aangedui het die openbare uitsaaier gaan voort met afleggings.

Bongumusa Makhathini, voorsitter van die raad van die SAUK, het aan die parlementêre portefeuljekomitee oor kommunikasie gesê ʼn nuwe regeringswaarborg is noodsaaklik en het bygevoeg dit kan moontlik die SAUK in staat stel om planne te heroorweeg om ongeveer 1 000 permanente werknemers af te lê. “Die belangrikste is om dié waarborg te kry, want dan kan ons al die projekte, insluitend afleggings, hersien,” het Makhathini gesê.

LP’s het hom veroordeel omdat hy versuim het om ʼn vaardighede-register in te dien sodat hulle kan bepaal of die uitsaaier al die personeel nodig het en kan bekostig.

“Hierdie is nie ʼn voorlegging nie,” het DA-woordvoerder oor kommunikasie Phumzile van Damme, gesê. “Ons soek ʼn behoorlike vaardighede-oudit. Tot dan toe, moet nie eers met my praat nie.”

ANC-LP Bongani Bongo het ook die raad veroordeel omdat hy versuim het om die komitee van feite te bedien wat vroeër versoek is.

Makhathini het onderneem om met die afleggings voort te gaan en hy kla oor politieke druk van partye wat gekant is teen die afleggings. Hy het Dinsdag aan LP’s gesê die uitsaaier se finansiële verknorsing is só erg dat hy nie geld by banke kan leen nie en dit word vererger deur die feit dat sy aansoek, om lisensiefooie te verhoog, afgekeur is.

Die maatskappy het in die afgelope finansiële jaar ʼn verlies van R622 miljoen aangemeld en die raad het minstens R3 miljard van die staat versoek om die uitsaaier aan die gang te hou.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

7 Kommentare

Annie ·

Gaaaaaap!!! Bla bla bla……. en net nog ‘n groot gat waarin ons hardverdiende geld beland weens totale wanbestuur en dan betaal ons nog vir iets waarna ons nie eens kyk.

Koos de Meyer. ·

Dis nie ons blankes se skuld dat hulle bankrot is nie. Laat die swendelaars tronk toe gaan en die geld terug betaal.

ZAR ·

Alles in staatsbeheer is tot in die grond in bestuur en tog is daar mense wat nog meer mag aan die staat wil gee. Dis verstommend.

Anni ·

Hulle kan nie ‘n Vaardighede-oudit indien nie, want daar is geen vaardighede om te oudit nie. Punt.

alida ·

Vervolg die mense wat verantwoordelik was en tans is vir die gemors. Hoe moeilik kan dit wees. In die privaatpraktyk sou sodanige mense lankal in die tronk gewees het of werkloos. Hierdie afrika tyd maak my mal doen ‘n ding en handel dit af dadelik.

christa ·

oral is meer werkers as wat benodig, dit is agv die werkskepping wat op mense af gedwing word dan moet janallerman betaal. Dank oorskot werkers af. Begin by die opstokers eerste. Die regering kan nie vir eienaars se wat of wie hulle indiens moet he nie.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.