SAUK verwelkom Motsoeneng-uitspraak

Hlaudi Motsoeneng. Foto: Catherine Rice/ANA

Die SAUK het die Kommissie vir Versoening, Bemiddeling en Arbitrasie (KVBA) se besluit rakende Hlaudi Motsoeneng, voormalige bedryfshoof, se afdanking verwelkom.

Motsoeneng is afgedank nadat die openbare uitsaaier se nuwe raad verlede jaar aangewys is.

ʼn Parlementêre kommissie van ondersoek het bevind dat Motsoeneng grotendeels verantwoordelik was vir die bykanse ineenstorting van die openbare uitsaaier.

Die SAUK het in ʼn verklaring gesê dié besluit bewys dat hy as instansie die SAUK se prosesse regverdig en dat dit regverdig was.

“Dit is ʼn getuienis van die doeltreffendheid van die strategieë wat die SAUK nou gebruik om die geloofwaardigheid en integriteit van die uitsaaier te herstel,” lui die verklaring.

Die SAUK het laat hoor dat hy toegewyd is daaraan om deurdagte regeringsprosedures te handhaaf wat daarop gemik is om ʼn kultuur van verantwoordbaarheid te herstel.

Die SAUK het ʼn netto verlies van R622 miljoen vir die boekjaar 2017-’18 gely.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

13 Kommentare

Ander Annie ·

Fantasties. Kan Cloudy die bonus van R30 mil wat hy vir homself toegeken het, terugbetaal San SAUK.

Judge Dredd ·

Nee wat, voltooi tog net digitale migrasie asseblief – dan hoef niemand meer TV lisensie te betaal – Ons is alreeds 4 jaar agter die digitale migrasie voltooiings datum.

Johanna Botha ·

En hy wat Cloudy is ;) dink hy het n positiewe bydae gemaak ?

C ·

Ag shame, en hy was soo oortuig hy gaan sy saak wen en weer aangestel word. Ek hoop hy gee darem so ‘n bietjie terug ook.

Tertia Human ·

se my net 1 ding wat doen julle met al ons geld wat ons vir lisensie betaal? watse vraag vrae ek kan mos 2 en 2 bymekaar sit en dink !!!!!

zopm zoom ·

Hy volg in die voetspore van sy vriend zuma. Spring van hof tot hof

Andre ·

Die vent het sy akademiese onderrig persoonlik by zuma gekry. Peppers en all.

lerato ·

Ek verneem daar is/was ‘n goeie verhouding tussen hom en Zuma

Johan ·

Nou dat dit te laat is het die SAUK baie te sê… waar was die bedryfs prosedures wat dié rampspoedige vergrype kon voorkom het, aan wie moes hy verantwoording doen & wie was verantwoordelik vir sy aanstelling… daardie raadslede moet almal verantwoordelik gehou word

Daylight ·

To pack all the blame on Mr Motsoneng’s shoulders would be short sighted. He was just a pawn. Don’t take your eye off the main game player.

Nuuskierig ·

Ja dit kom daarvan dat hulle skuldinvorderaars aanstel wat weduwees teister vir 10 jaar en langer en afgestorwenes op swartlyste plaas …….Die administrasie is ‘n gemors.

Stel voor begin op SKOON bladsy – raak ontslae van almal wat nie 100% bydrae maak nie .
Privatiseer die hele lot!

Anita ·

Wie het hom aangestel, volgens die aanstelling is almal betrokke vervolgbaar. Waarom moet ons liksensie fooie btaal en ons kry geen waarde vir ons geld nie….die meer gegoedes kan aanspraak maak op privaat kanale maar die pensioenarisse en minder gegoedes
moet die rommel aanvaar van die SAUK.. en weereens gaan daar pensioengelde gebruik word as reddingboei. Gaan dit uit die Staatsdiens pensioene wees? of die wat die Steinhoff belegging terug betaal. Sluit die SAUK laat net die radiosenders toe.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.