SAUK verwerp OB se bevindinge oor Motsoeneng

Hlaudi Motsoeneng Foto: news.iafrica.com

Hlaudi Motsoeneng Foto: news.iafrica.com

Hlaudi Motsoeneng, die nuutaangestelde bedryfshoof van die SAUK, moet nie gestraf word vir ʼn leuen wat hy 19 jaar gelede vertel het nie, voer die openbare uitsaaier in hofdokumente aan.

Ellen Tshabalala, voorsitter van die SAUK se raad, ontken dat die uitsaaier en Faith Muthambi, die minister van kommunikasie, “oneerlikheid” beloon het deur Motsoeneng permanent aan te stel, het The New Age Donderdag berig.

“Hy is aangestel in belang van die SAUK, om standvastigheid vir die pad vorentoe te verseker,” voer Tshabalala in hofdokumente aan.

“Motsoeneng het vir twee jaar as bedryfshoof waargeneem en daar is geen bewyse dat hy in dié tydperk vir enige skade verantwoordelik was nie.”

Thuli Madonsela, die openbare beskermer (OB), het in Februarie onder meer bevind dat Motsoeneng se aanstelling onregmatig was, dat hy in een jaar ‘n salarisverhoging van R1,5 miljoen tot R2,4 miljoen gekry het en dat hy gelieg het oor sy kwalifikasies. Sy het destyds ook beveel dat daar binne 90 dae ‘n nuwe bedryfshoof aangestel word.

Muthambi het verlede maand Motsoeneng se permanente aanstelling aangekondig, en gesê hy is deur ʼn regsfirma vrygespreek voordat die besluit geneem is. Madonsela het hierna aangekondig dat sy weer ‘n ondersoek na Motsoeneng gaan doen.

Die DA het intussen ʼn hooggeregshofaansoek gebring om Motsoeneng se aanstelling ter syde te stel. Muthambi en die SAUK staan die aansoek teen.

Die koerant berig dat Tshabalala, in haar hofdokumente, Mandonsela se bevindinge verwerp. “Nadat die SAUK die OB se bevindinge ondersoek het, is die SAUK oortuig daarvan dat daar geen onreëlmatige besteding weens onwettige of onbehoorlike optrede deur Motsoeneng was nie.”

Madonsela het Woensdag aangekondig dat sy Muthambi gedagvaar het om voor haar te verskyn as deel van haar ondersoek na Motsoeneng se permanente aanstelling.

“Die openbare beskermer het verlede maand aan die minister geskryf en ‘n vergadering met haar versoek. Die minister het reageer en gesê aangesien die saak deel is van ‘n hofproses, sy nie met die openbare beskermer gaan vergader nie,” het Kgalalelo Masibi, Madonsela se woordvoerder, gesê.

Lees ook:
OB dagvaar minister oor Motsoeneng
‘Zuma nie betrokke by Motsoeneng-aanstelling nie’
OB gaan Motsoeneng-aanstelling ondersoek
Motsoeneng gaan minister vra oor lisensies vir joernaliste
‘OB-verslag hou nie verband met Motsoeneng-aanstelling’
SAUK se Motsoeneng permanent aangestel
Motsoeneng soek lisensies vir joernaliste
Joernaliste geskok oor vreemde mediakonferensie
Ondersoek ingestel na SAUK-hoof vrou as geskenk ontvang
SAUK-hoof kry vrou as geskenk
OB-verslag: ‘SAUK-hoof kry 63%-verhoging in een jaar’

 

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

3 Kommentare

trudie menezies ·

Waaaat? Hoe belaglik is die verweer nie! Mens kan nie glo sulke morone probeer ‘n land bestuur nie! Geen wonder als tuimel afgrond toe nie!

Theresa ·

Jy slaan die spyker op sy kop Trudie. Is diè sirkus nie lagwekkend nie. Dis hoekom ons land in so gemors is………………………..

Henk ·

Dis bedrog – ‘n kriminele oortreding in gevolge ons wette. Hy hoort waar elke ander krimineel hoort – in ‘n sel!

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.